"kruip" poems
Sprei jou vlerke
My struikel-kind
, want die berge se rante
Steek skerp teen die wind
Vlug vir jou onskuld
Vlug na die son
Vlieg weg van Gamora
ontsnap van *****
Vlieg ver oor die wolke
My struikel-kind
Daars ń storm wat broei
, maar hou jouself blind
Want sere en blase
Word gou-gou weer heel
Maar geen pleister plak toe
Die letsel van ***
Honger hande neig
Om jou kinderlikke onskuld van jou af weg te steel...
Sprei oop jou vlerke
My struikel-kind
Want die berge se kranse
Hang laag in die wind
Kruip weg vir die hande
Wat jou wil verslind
En keer terug na jou kinderdae
Om jouself weer te vind...
Liefde...
Van ń kaalvoet-kind
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:33 PM UTC
Vanaand vou ek my snoesig toe
in die soet-droom blou lug
iewers tussen die maan en die sterre...
en as die liggies my pla
trek ek weer, soos kleintyd, die duvet oor my kop
en verbeel myself dat
jy
en jou honger hande
nie in die werled bestaan nie!!
Ek kruip dan in die sagte plekkies
van ontstuimige oseane...
so tussen deur die nate van
die brekende golwe...
en le terug as die trek
van moegheid my kom haal...
en terwyl die vloeiende satyn
my wange streel...
maak ek my oe toe
en glimlag
Nov 11, 2013
Nov 11, 2013 at 3:38 PM UTC
Die grys winter gras
Kruip stadig in die groen in
Soos my lewe saam jou
Is daar geen versoening
Ek **** die ***** Koue
Hart van ys, las van die dood
So voel my binneste soms
'n Hart van lood
Tog loer die warm bal son
Skrefies deur blou spookasem
Die warmte sal weer kom
'n Vuur in 'n reënboog lugballon
Apr 8, 2020
Apr 8, 2020 at 1:56 AM UTC
en ná die storm se kalm
en ná die wind en reën
is die sagtheid van die aarde oorverdowend
my blinde oë
en krom ou hart
lê soos sade en
vrôt in die land
tot onder sterlig een aand
dié muwwe vlies bars
en 'n fyn wit worteltjie
voel-voel die wêreld in kruip
***
and after the storm's calm
and after the wind and rain
the softness of the earth is
deafening
my blind eyes
and crooked old heart
lay like seeds and
rot in the land
'til under the starlight one night
this mouldy membrane burst
and a fine white root
tentatively creeps into the world
Nov 13, 2022
Nov 13, 2022 at 4:17 AM UTC