"kraak" poems
Die ou kniee knak en kraak
en maak geraas
, maar sal sukkel-sukkel teen die rand
hou om jou te dra.
**** *** ek kriekbeen,
in die laatnag na jou vra.
My ribbes is marimbas,
uitgehonger vir die hokmaak
van 'n antieke snaardrom hart.
Wat nou met mening elke been
se noot raak slaan en hammer
asof opnuut gevorm en gespeen.
En tog die kop raas soos
basyn geskal en bomval,
want binne woed die stryd
van goed teen kwaad.
Ek speel vir jou 'n simfonie:
Die lirieke dalk af, maar tog op maat.
Ag ek's sommer simpel,
dis die liefde wat so praat...
Sep 5, 2014
Sep 5, 2014 at 7:14 PM UTC
100 jaar herrinering
100 mense ween
100 trane val daar
100 druppels reen
van die hemel heen
Dankie vir die reen o God
die plase was so droog
die kommer word nou weggespoel
uit talle boer se oog
oor droewe grond
wat kraak en bars
streel helend hand
loop water vars
oor die mielies, koring
en oor goue hawermout
dans in die wind die jongeling
en skyn opnuut wee goud
die Here het geantwoord
oor wenige gebed
bewys van vooraf weereens
al genade wat hy het
maar wolke breuk, strome spoel
die grond word weer genees
maar spokend, kaal en lenig
sal die kerk weer Sondag wees
onthou jy jou gelofte
my Afrikaner kind
wat nou soos na dood siektes
voor die oe ontbind
**** my woord op nuut
oor die heuwels sal dit reis
tot my volk gaan terugkeer
sal opbrengs , soos geloof,
deur droogtes vergreis
Oct 20, 2013
Oct 20, 2013 at 1:17 PM UTC
Wanneer het ek die ses maande uitruil program en die arktiese nagskfof aanvaar?
My horlosie het gaan stilstaan in laat nag - donkernag.
My lot op die muur , 'n kraak in die wal...
die spervuur van eros wat rondom my val...
dis al ; dis al - dis al.
Nov 12, 2015
Nov 12, 2015 at 5:42 PM UTC
Eina! Die prikkel van n naald
Gif vloei soos water in my lewens-strome
Val my liggaam aan met geweld
Die skeur en afbreek van my drome
Elkeen voel ek
Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld
Dis die knop wat als begin het, nee
Die trek van n kanker stokkie
Die waarskuwing op die boksie gee mee
My lus kon ek nie meer hou nie
'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn'
**** ek soos die rook diep in my longe verdwyn
***** is my voorland
Ek kan lankal nie meer op my bene staan
My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan
Ek is skaam, so so skaam
Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil
Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil
O dood, ou vriend
Vir my kan jy maar kom haal
Ek wag al maande vir jou,
Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal
Hy was erger, soveel erger as ek
Sy are het al begin kraak
Na Elke inspuiting, of behandeling
Het hy op alles gebraak
Ek is amper daar, ek voel dit aan my
Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC