Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"julle" poems
Met boeke vol helde, soos ek en jy Potgieter, Trichardt, Smuts, Kruger selfs De LaRey Almal met die doel, om hul volk te bevry, Die Afrikaner, uit te brei Om hul families, van leiding te bevry Selfs, De LaRey ‘n Lafhart, wou eers nie beklei Later die held, wat die boere, verder wou lei Familie man, vader seun broer en gesant Ja, die mense was ook bang Maar met passie, Met drang Met dit wat slange vang Het hulle als aangevang Kyk na jou vriend Kyk na jou maat Kyk na die, anderkant die straat Dis jy, wat hul toekoms baat Dis jy, wat hul vereen, ou maat Die Afrikaners, was plesierig Dit, kan julle glo Nou gevul, net met gierig En al hul misnoe Ja, dit kan julle glo Waar is ons eendrag Waar is ons mag Waar is die dae, toe ons nog lekker kon lag Waar is ons helde, van vandag ‘n Held, in elkeen wat die taal verstaan Elkeen, wat n weg vir Afrikaans wil baan Elk, wat sy man wil staan vir die taal, wat min verstaan ‘n Kultuur, wat net ons verstaan ‘n Kultuur, so ryk aan helde soos ek en jy Helde, wat die Afrikaner wil bevry Helde, wat nie bang is om te baklei Helde, soos ek en jy!
0
Oct 23, 2010
Oct 23, 2010 at 2:36 AM UTC
WAAR IS ONS HELDE VAN VANDAG
Jy was my maaitjie, Vol lewe, vol praatjie... Jy en jou “ninnie” Nou is jy nie meer hier nie Behalwe in my hart… Lieflike sommers dag, Julle swem en lag, In huis toe om te eet, Scrambled eggs, of het jy al vergeet? Jy gaan buitentoe, klaar geëet, Swembad oop – ons het vergeet. Na ‘n ruk soek Rina jou, Hol buitentoe, sy het onthou… En daar lê jy, die water koud, Mietie spring in, jou pols is oud. Boet is vinnig, bel hospitaal, Maar Rina is koud, Rina is vaal… Want liewe Jesus het haar baba seuntjie kom haal. Ek pyn nogsteeds 10 jaar later, My maaitjie, Jy – onder die water. Familie kind, die helder liggie Dof skyn nou jou gesiggie – Behalwe in my hart…
0
Nov 11, 2013
Nov 11, 2013 at 3:35 PM UTC
Huldeblyk aan André (Afrikaans)
Jou boodskappe die sonstrale wat elke nou en dan my dag wil maak en ook soms 8 minute vat om by my uit te kom maar gee lig en lewe in my donker wereld al is jy miljoene bietjies weg van my af is jou liefde n warm drukkie wat ek moeiteloos in elke donker nag om my bang lyf kan vou jy wat agter die horison jou eie horison sien en dalk self die maan met my deel ,van n ander kant af, dra ek na aan my hart... soos n tietie sonder nippels of n bangmaak boek sonder sy stippels.... is my lewe net plein en puntloos sonder jou. Jy is my duisend-myle-weg , maar altyd daar, chill-jou-guava maaitjie wat my weghol hart bedaar. Familie buite stam en bas bloedloos dalk , maar hegte vas grenslose vriende oor die wereld heen... God se grootste seen. - aan al my vriende wat ver weg bly , maar meer beteken as my eie asem en wat ek dierbaarder ag as my virginity ;) ek is so ongelooflik baie lief vir julle. Carinda du Toit. Aldridt Koltzow. Marli Roux. Tarryn Forster. Frederik Rudolph van Dyk. en al die ander...
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:51 AM UTC
Million-miles awayers
Ek skrik die 10de Augustus wakker. Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg. Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker. Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg. Vaagweg **** ek, "I look to you" "And when melodies are gone" "I hear you in a song" Ouma was ons eie Whitney Houston Haar sterk gees was ons rots. Al het ons met tye lekker koppe gebots. Sy was my vestiging, ons familie se trots. Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou. Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou. Ouma se omgee het my soveel keer gered. Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed. Mag die voëltjies altyd bly sing Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring Ouma was altyd bereid om te help Vol genade het ouma, harde harte versmelt Mag oupa altyd verlief bly Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry 'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is Al sit ek heel wat die potte mis Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer. Dankie vir elke koppie soet tee Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee Dankie dat julle vir my alles kon gee Dat hulle harte net liefde kon skree Dankie dat ouma my veilig kon hou Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou. Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou. Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
0
Aug 16, 2018
Aug 16, 2018 at 2:52 AM UTC
H1938 - 2018
*I'm old enough to bleed,                    I'm old enough to breed        I'm old enough to crack a brick                  In your teeth while you sleep* Tella me lovely how could I be so lucky To meet a man like you to love me I'm your baby Your crazy lil' girl I didn't dream, I couldn't think of someone More perfect in this entire world No one can stop us Cause papi we're on fire And anyone who tries Aha fok julle naaiers!!!
0
Jan 28, 2015
Jan 28, 2015 at 11:47 AM UTC
I'll be Yolandi, if you're my Ninja
Ek is 'n alleen vlieënde uil Ek ry op die rug van die wind Niemand kan my hou nie Niemand kan my vang nie Ek lei 'n nagtelike lewe Vol misterie Deur die dag slaap ek En ek **** ... ek **** nogal baie Ek sit hier bo in my boom Ek kyk af op die mensdom Dom is omtrent die woord Ek wonder hoeveel wysheid julle het Ek wonder of julle weet *** groot 'n gebrek aan wysheid julle het Dan in die stilte van die nag sing ek hoo hoo Om die bygelowiges en die klein gelowiges te rattle Veral wanneer ek op hulle huis se dak gaan sit Dadelik skreeu hulle ... Iemand gaan dood! Dan lag ek lekker in my vlerk vir die klomp simpel goed Wat hieronder my rond skarrel ... Aih julle klomp liggelowige My oë kyk deur julle En ek weet dat julle my nie verstaan nie *** kan julle tog ... Nooit!!! Ek bly verre weg van die mens en die dom Wat net wil moor en vernietig ... Di's julle natuur Ek hou my een kant ... Want ek is een kant
0
Dec 28, 2020
Dec 28, 2020 at 6:58 AM UTC
Die Alleen Uil