"inkom" poems
Skryf poësie in die sand
Dis altyd soeter deur jou hand
Sien *** die letters smelt as die gety inkom
Dis nou te laat om weer huis toe te kom
Kom ons hardloop in die nag
Wilde harte is op jag
Vasgedruk hier in mekaar se arms
Lê ons veilig, bly en warm
Ek wil jou vra, kan ek soen jou op die bek
Soos ons gedoen het toe ons nog verliefdes was
Om vriende aan die einde van dit als te bly
Was wat ons wou, maar dit gee geen vrede nie
Apr 17, 2023
Apr 17, 2023 at 12:35 AM UTC
Daar's 'n plek in ons siele,
War die seer nie kan inkom nie.
Maar waar is hierdie punt,
Waar lê dit binne ons?
In die diepte van ons harte,
Agter die mure wat ons bou,
Kan ons kyk tussen die krake,
En vind 'n Sleutelsteen
Wat ons heel hou?
'n Klein onbreekbare IETS
Waarin ons vergete hoop nog slaap?
'n Picture van wat ons is
Voor die ligte uitgaan
Maar wat sou ons dit noem,
As ons dit selfs kon vind?
Sou ons dit selfs kon herken,
As dit ons in die oë sou staar
En sê: „Ek bestaan“?
Sou ons daarna kon luister,
As ons dit selfs kon **** —
As ons selfs kon onthou
*** om sy taal te praat?
'n Klein onbreekbare IETS
Waarin ons vergete hoop nog slaap
'n Picture van wat ons is
Voor die ligte uitgaan
Daar's 'n plek in ons siele,
Waar die seer kan nie inkom nie.
Oct 19, 2020
Oct 19, 2020 at 9:40 PM UTC