Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"huiwer" poems
Stilgebore in afwagting op 'n môreson uit die legendes. Die hoopswyg net voor aanvarding , wanneer selfs vader tyd verboureerd bly staan. Die onvoldoende doods-uur Tussen die hap van n gifgoue appel En die val van onskuld en skoonheid. Die tingel in die vingers van die Engel in swart, nóg genoeg om te gryp -Nóg genoeg om te los , net genoeg om in die huiwer te dros Dus dood wat geduldig die venster bewasem. Trek drogbeelde uit skadu's Soos n laaste asem... Dis nog hier, nog daar- Nog vals, nog waar En ons almal is n kat in n doos - wandelend in beide lewe en dood , want die verskeie dimensies Is maar eintlik grensloos. Die paradoks van einste bestaan Word gekonsentreer in n tydstip Van alles verstaan.
0
Dec 5, 2014
Dec 5, 2014 at 12:00 PM UTC
Schrodinger
Hier is ek, vyf en vyftig jaar oud, met geen antwoord hoekom is ek hier en waarheen gaan ek na die dood wat het my lewe nou eindelik beteken; en wie is bevoeg om daai som te bereken? is daar n hel en n hemel, reinkarnasie of nirvana al die interaksie, die gesukkel, die daaglikse drama christen, moslem, boedhis, ateis of jood almal soek iets om aan te roep in hul nood wie is reg en wie is verkeerd; hoekom weet ons so min duisende gedagtes, geen tyd om die rede te ontgin soms huiwer die antwoord vir n oomblik waar my diepste gedagtes woon en net voor ek dit kan aangryp en verstaan vervaag dit soos in n droom en los my met niks, die eindelose sirkel, om en om en die dooies is stom
0
Jun 1, 2021
Jun 1, 2021 at 7:17 AM UTC
Hier is ek
jy het soos 'n warrelwind in my lewe ingekom; onverwags en alles omver gegooi, maar op 'n goeie manier. ek kan vir die eerste keer uit my buik uit lag, my hare deurmekaar los, en pizza eet sonder om te huiwer. daar is nie vlinders nie, maar 'n rustigheid oor my. ek is só bang dié goeie tyding draai en jy stap weg, so vinnig as wat jy gekom het. so vou vir 'n ring, 'n belofte, uit geroeste draad. wat rooibruin merke aan my vingers laat wanneer die noodlot jou probeer steel. sommer ogiesdraad, dat dit nie regtig is nie. maar dat my hart kan rustig raak. vat my pinkie in joune en seël dit met 'n sagte soen en ek sal weet - jy is hier om te bly.
0
Feb 6, 2023
Feb 6, 2023 at 3:23 AM UTC
belofte