Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Dit was middernag op ń Saterdag aand
Ek was voor die tv in my warm wolkombers
; hulle was styf teen mekaar gekrul
In die stormdreine van Die Rosestad
Dit was nag.

Dit was 1 uur op ń Sondag oggend
Ek was in ń glasie brandewyn verlore
; Sy was in ń ongeluk in Die Laan bestorwe
Dit was nag.

Dit was 3 uur op ń Sondag oggend.
Ek het aan haar lippe gehang oor die foon
; Hy het homself met ń leerbeld gehang
Oor ń brief in ń hastige hand.
Dit was nag.

Dit was 5 uur op ń Sondag oggend.
My kussing was vol trane.
Die stormdreine was vol kadawers.
Die Laan het geskitter van glas skerwe.
Die brief was vol verdriet.

, maar wie sal omgee?
Wat die oë nie sien nie...
En niemand het gesien nie,
Want dit was nag.
Johan Nel Sep 2019
Bo op 'n berg
Met my bobbejaan gedagtes wat terg
Die eggo van my mania skree terug
Wat soek jy hier?

Ek drink uit die rivier
Ek sink my oë in die rooi son
Ek **** alweer
Die donker wolke
Die reën wat kom

Ek laat my gedagtes so dans
Plek tot plek
Gras van Kees
En mens en vlees

Sny deur my
Woede en naaktheid
Die lag van 'n sekere malheid
En die sagtheid van jou moeder ken
En dan meer bring ek twee
Van my na die tafel in 'n oop gesprek
Met my leemtes en my onbeheerbare
Soeke na wat ek herken binne my donker gate
Ek dwaal verlate
In riviere van die samelewing
Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn
In die strate van spoed en bloed
Die woorde uit die bek van die dier
Die ongetemde kwaad van primate
Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles
Tot hy verval en wegkwyn
Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre
Waarheid en verlossing
Waar vind ek die antwoord vir alles?
© Johan Nel 2019.09.18 23:38
karin naude Oct 2017
Di storm, di woed
Di wind, di huil
Ruk di mure soos hy hardloop omi hys
Wat sal wees sal staan
Hu diep is ons wortels
Is di fondasi stewig
Saggies en versigtig sluip x nader
Da sit vrees omring deur sy makkers
Trots op homself
Hy kry my oorhand
Vandag behoort geveg aan ju
Ma more verklaar x my oorwinning
In god se naam n met god se krag

— The End —