Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"homself" poems
Dit was middernag op ń Saterdag aand Ek was voor die tv in my warm wolkombers ; hulle was styf teen mekaar gekrul In die stormdreine van Die Rosestad Dit was nag. Dit was 1 uur op ń Sondag oggend Ek was in ń glasie brandewyn verlore ; Sy was in ń ongeluk in Die Laan bestorwe Dit was nag. Dit was 3 uur op ń Sondag oggend. Ek het aan haar lippe gehang oor die foon ; Hy het homself met ń leerbeld gehang Oor ń brief in ń hastige hand. Dit was nag. Dit was 5 uur op ń Sondag oggend. My kussing was vol trane. Die stormdreine was vol kadawers. Die Laan het geskitter van glas skerwe. Die brief was vol verdriet. , maar wie sal omgee? Wat die oë nie sien nie... En niemand het gesien nie, Want dit was nag.
0
Jun 23, 2014
Jun 23, 2014 at 7:44 PM UTC
Die nag
Bo op 'n berg Met my bobbejaan gedagtes wat terg Die eggo van my mania skree terug Wat soek jy hier? Ek drink uit die rivier Ek sink my oë in die rooi son Ek **** alweer Die donker wolke Die reën wat kom Ek laat my gedagtes so dans Plek tot plek Gras van Kees En mens en vlees Sny deur my Woede en naaktheid Die lag van 'n sekere malheid En die sagtheid van jou moeder ken En dan meer bring ek twee Van my na die tafel in 'n oop gesprek Met my leemtes en my onbeheerbare Soeke na wat ek herken binne my donker gate Ek dwaal verlate In riviere van die samelewing Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn In die strate van spoed en bloed Die woorde uit die bek van die dier Die ongetemde kwaad van primate Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles Tot hy verval en wegkwyn Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre Waarheid en verlossing Waar vind ek die antwoord vir alles?
0
Sep 18, 2019
Sep 18, 2019 at 5:40 PM UTC
Bobbejaan Gedagtes
Di storm, di woed Di wind, di huil Ruk di mure soos hy hardloop omi hys Wat sal wees sal staan Hu diep is ons wortels Is di fondasi stewig Saggies en versigtig sluip x nader Da sit vrees omring deur sy makkers Trots op homself Hy kry my oorhand Vandag behoort geveg aan ju Ma more verklaar x my oorwinning In god se naam n met god se krag
0
Oct 25, 2017
Oct 25, 2017 at 3:11 AM UTC
2017.10.24.2