"hoekom" poems
dit reen altyd iewers in kaapstad
en altyd iewers in my hart
branders golf diep binne my
nes jy is hulle altyd vry
jy weet ek haat jou nog partykeer
net so tussen die branders se golf en kom weer
hou my vas en ek sit waar ek sit en jy weet
van die dinge wat ek nie kan vergeet
so hier sit ek en sug
en onthou van die diep merk op my gewrig
en weet van die rede
hoekom ek hier sit en maak vrede
met myself en met jou
wat my nie meer vashou
Jul 13, 2015
Jul 13, 2015 at 12:49 PM UTC
Somewhere in Cape town it always rains
And in some part of my heart the rain always stays
Waves crash deep within me
Like you, they are always free
You know sometimes I still hate you
Just in between the waves build up and break through
Hold me tight and I sit where i Isit and you know
Of all the things I cannot let go
So here I sigh and sit
And remember the deep scars on my wrists
And we remember the reasons
Why I sit here quietly and let peace in
Peace for myself and I'm letting you be
You who no longer hold onto me
Ek en jy
dit reen altyd iewers in kaapstad
en altyd iewers in my hart
branders golf diep binne my
nes jy is hulle altyd vry
jy weet ek haat jou nog partykeer
net so tussen die branders se golf en kom weer
hou my vas en ek sit waar ek sit en jy weet
van die dinge wat ek nie kan vergeet
so hier sit ek en sug
en onthou van die diep merk op my gewrig
en weet van die rede
hoekom ek hier sit en maak vrede
met myself en met jou
wat my nie meer vashou
Jul 13, 2015
Jul 13, 2015 at 3:47 PM UTC
Dit was daar
Ń knal in die nag
Skerper as die dop-klank
Van dinamiet in dolomiet
En gevaarliker as klapperskiet;
Die knal in die nag...
"Dit was daar op stemdag "
, sê ek.
Dit was... ekt gehoor!
Skiet ek my siel uit
Teen die leë gehoor
"Dankie my bokkie"
,Met x'e gekys
Help nie my hart nie
X'e is ook maar ń tipe kruis
Ñ tipe graf in afwag
Ń tipe nood, ń stille dood.
Dan tref die waarheid my hard
Soos ń gewyde plathand
Van ń skietman of ń doodsman
Dis jou land , dis díe land
Hoekom nou skielik bang?
Ekt dit gehoor, ekt dit gehoor
Ek sweer op die graf
Van die gesneuwelde stem.
Maar nou kom noem-
Moet ek erken...
Ek vrees die geweerskoot
Meer as die galg
Wat stil is soos slange
Wat my wurg en my walg.
Ek is banger vir die knal
Wat die hele buurt vang
As die halfpad val
En heeltyd hang
Soos kleintyd speeltyd
Van rodswaai en my lyfie
Aan toue op hang.
Wats ñ geweerskoot nou
Teen die monsters van binne
Wat klou om te hou.
Raak rustig , haal asem
, toe nou bedaar.
Jy weet mos jou denke
Was maar nog altyd
Jou grootste gevaar.
- wanneer geweerskote in
kopskote verander...
Raak die wêreld donker
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:04 PM UTC
Sy vra: "Hoekom is jy nou so n non"?
Ek sê: **** is mos eintlik net vir die lewendes".
Ek is my eie memento mori.
Jy is die oorsaak van dood.
Laat dit so op my graf geskrywe staan:
-Hier lê die skerwe van iets amper heel-
,want nou sit ek weer aan jou tafel
en my laaste maaltyd is n herkouing
van spoegsels vergete tye saam met jou
En ek kou en ek kou en ek onthou:
*** warm jou hande was teenoor jou hartskou
, *** gretig jy was om my vas te hou
en na die tyd toe te snou.
"Ek sit nou waar jy gesit het"
, grinnik jou wellus oor die porselein rand
en ek wil vir jou sê staan op en gee vet
want almal wat daardie stoel beset
wals met die noodlot en wink vir seer.
"Kom ons probeer , nog n keer"
Sê jou hand langs jou ritsluiter
, maar ek voel n veer
, want kadawers ken nie lustigheid nie
en ek is oorgebalsem met n gelofte.
Los die dooies dat ons rus,
Los daardie "ons" begrawe in die kis.
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:51 PM UTC
N man kan ook net soveel vat.
Of kan hy meer?
Stof vergader in my kern
My bene toe onder n wit sy net.
N hartklop van gewigte wat val,
My teen die bed vasdruk.
Elke versreël eindig met n punt.
Elke strofe sonder rym.
Dit is nie n gedig nie,
So hoekom hou ek aan met skryf.
In n amper-liefdesbrief:
N deuntjie sonder noot.
*** okal die besonderse seer.
In my antwoord wil ek skree.
Ek stagneer jou meer,
maar stilstand is my dood.
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:52 PM UTC
Eina! Die prikkel van n naald
Gif vloei soos water in my lewens-strome
Val my liggaam aan met geweld
Die skeur en afbreek van my drome
Elkeen voel ek
Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld
Dis die knop wat als begin het, nee
Die trek van n kanker stokkie
Die waarskuwing op die boksie gee mee
My lus kon ek nie meer hou nie
'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn'
**** ek soos die rook diep in my longe verdwyn
***** is my voorland
Ek kan lankal nie meer op my bene staan
My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan
Ek is skaam, so so skaam
Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil
Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil
O dood, ou vriend
Vir my kan jy maar kom haal
Ek wag al maande vir jou,
Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal
Hy was erger, soveel erger as ek
Sy are het al begin kraak
Na Elke inspuiting, of behandeling
Het hy op alles gebraak
Ek is amper daar, ek voel dit aan my
Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC
Hier is ek, vyf en vyftig jaar oud, met geen antwoord
hoekom is ek hier en waarheen gaan ek na die dood
wat het my lewe nou eindelik beteken;
en wie is bevoeg om daai som te bereken?
is daar n hel en n hemel, reinkarnasie of nirvana
al die interaksie, die gesukkel, die daaglikse drama
christen, moslem, boedhis, ateis of jood
almal soek iets om aan te roep in hul nood
wie is reg en wie is verkeerd; hoekom weet ons so min
duisende gedagtes, geen tyd om die rede te ontgin
soms huiwer die antwoord vir n oomblik waar my diepste gedagtes woon
en net voor ek dit kan aangryp en verstaan vervaag dit soos in n droom
en los my met niks, die eindelose sirkel, om en om
en die dooies is stom
Jun 1, 2021
Jun 1, 2021 at 7:17 AM UTC