"heilse" poems
Man hard half blind in twee verdeel
Soekend minwetend diep in sy donker
Vrou luikend sag half vergete verseël
Verlangend moker sy dorre die koker
Laat hulle liefs benader versoenend seel
Vloek roep sy soekend in almal veels te lank na waardige blaker
Hulle móét heimlik verblywend uiteindelik mekaar ontmoet
Gesplete verlede sal so saam versoen die pynlike splinter
Skeurende skyding sal saamvoeg mens verhewe skyn in sy geheel
Minsaam niet verewig sal getroudes liefs mekaar innerlik begin betower
Vrede verligte verpligting sal egte skeiding en miskraam gevoelig streel
Mens half harts lied sal soos lente volkome vol met saamsmelt tower
So word ons eenstemmig bymekaar gevoeg harmonieus om te sing in Liefde se Heilse Groot Koor
https://blominblou.weebly.com/blog/man-verdeel
Aug 5, 2020
Aug 5, 2020 at 8:34 AM UTC
Ryk in maniere
wat nie gemeet of
Maklik bepaal kan word
Oorstallig
Rustig
Tevrede
Ryk daarna uit
Na ander oorstelp
Wat nie kan help
Bedroewig
Mismoedig
Begewe
Deel gerus jou harts lied
Sing vir dié in droogse donker
Belaai met verdriet
Vrylik
Lieflik
Begeeflik
Herinner hulle heimlik
Hul oorvloedige innerlike erfstuk
Skink 'n heildronk op die Heilbron
Bespoedig
Begeerlik
Begiet
Buig saam die kop
Ontvang die Heilse heet
Verborge net as jy vergeet
Ligweg
Verhewe
Belewe
Stap dan heelhartig helder
Koester elke kosbare tree
Destinasie onbepaald ewig verder
https://blominblou.weebly.com/blog/skatlik-ryk
Aug 4, 2020
Aug 4, 2020 at 2:04 AM UTC