Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"heeltyd" poems
want my fyn porselein is nou skerwe op die vloer als wat goed is in die lewe; saam met die suur melk uitgemoer al my heuningtee en moerkoffie staan nietig in my kas , ek hunker na n glasie brandewyn om die herrinneringe mee weg te was. Want Vader al val 'n duisend aan my sy en tien duisend hier langs my vlieg Eros se pyle net die heeltyd verby. Ek is moeg vir alleen wees moeg vir bang wees vir koue voete koue hande en 'n hart wat altyd koud sal wees. waars die liefde en genade waarvan ons in ****** en die Bybel lees. Waars my stukkie hemel. Waars my engelkoor. Is dit ook tussen my suur melk... of het ek dit deur bottervingers verloor?
0
Jun 23, 2014
Jun 23, 2014 at 7:46 PM UTC
Noem my bottervingers.
Dit was daar Ń knal in die nag Skerper as die dop-klank Van dinamiet in dolomiet En gevaarliker as klapperskiet; Die knal in die nag... "Dit was daar op stemdag " , sê ek. Dit was... ekt gehoor! Skiet ek my siel uit Teen die leë gehoor "Dankie my bokkie" ,Met x'e gekys Help nie my hart nie X'e is ook maar ń tipe kruis Ñ tipe graf in afwag Ń tipe nood, ń stille dood. Dan tref die waarheid my hard Soos ń gewyde plathand Van ń skietman of ń doodsman Dis jou land , dis díe land Hoekom nou skielik bang? Ekt dit gehoor, ekt dit gehoor Ek sweer op die graf Van die gesneuwelde stem. Maar nou kom noem- Moet ek erken... Ek vrees die geweerskoot Meer as die galg Wat stil is soos slange Wat my wurg en my walg. Ek is banger vir die knal Wat die hele buurt vang As die halfpad val En heeltyd hang Soos kleintyd speeltyd Van rodswaai en my lyfie Aan toue op hang. Wats ñ geweerskoot nou Teen die monsters van binne Wat klou om te hou. Raak rustig , haal asem , toe nou bedaar. Jy weet mos jou denke Was maar nog altyd Jou grootste gevaar. - wanneer geweerskote in kopskote verander... Raak die wêreld donker
0
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:04 PM UTC
Dis net ek
Soos die maanlig steel deur die loetjie in my gordyn Sluip jy my gedagtes in so net voor ek aan die slaap raak So asof ek ewe skielik van jou bewus word Terwyl jy eintlik al die heeltyd oor my **** streel en saggies in my oor fluister oor dinge wat my hart vinniger laat klop Of, verbeel ek my al hierdie dinge En is my laaste asem voor Klaas Vakie my wegneem niks meer As gewone naggeluide en n kwynende gewelfd..
0
Nov 26, 2012
Nov 26, 2012 at 3:08 PM UTC
#Sug