Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
want my fyn porselein is nou skerwe op die vloer
als wat goed is in die lewe;
saam met die suur melk uitgemoer
al my heuningtee en moerkoffie staan nietig in my kas
, ek hunker na n glasie brandewyn
om die herrinneringe mee weg te was.

Want Vader al val 'n duisend aan my sy
en tien duisend hier langs my
vlieg Eros se pyle net die heeltyd verby.
Ek is moeg vir alleen wees
moeg vir bang wees
vir koue voete
koue hande en
'n hart wat altyd koud sal wees.

waars die liefde en genade
waarvan ons in ******
en die Bybel lees.

Waars my stukkie hemel.
Waars my engelkoor.
Is dit ook tussen my suur melk...
of het ek dit deur bottervingers verloor?
Dit was daar
Ń knal in die nag
Skerper as die dop-klank
Van dinamiet in dolomiet
En gevaarliker as klapperskiet;
Die knal in die nag...

"Dit was daar op stemdag "
, sê ek.
Dit was... ekt gehoor!
Skiet ek my siel uit
Teen die leë gehoor

"Dankie my bokkie"
,Met x'e gekys
Help nie my hart nie
X'e is ook maar ń tipe kruis
Ñ tipe graf in afwag
Ń tipe nood, ń stille dood.

Dan tref die waarheid my hard
Soos ń gewyde plathand
Van ń skietman of ń doodsman
Dis jou land , dis díe land
Hoekom nou skielik bang?

Ekt dit gehoor, ekt dit gehoor
Ek sweer op die graf
Van die gesneuwelde stem.
Maar nou kom noem-
Moet ek erken...

Ek vrees die geweerskoot
Meer as die galg
Wat stil is soos slange
Wat my wurg en my walg.
Ek is banger vir die knal
Wat die hele buurt vang
As die halfpad val
En heeltyd hang
Soos kleintyd speeltyd
Van rodswaai en my lyfie
Aan toue op hang.

Wats ñ geweerskoot nou
Teen die monsters van binne
Wat klou om te hou.

Raak rustig , haal asem
, toe nou bedaar.
Jy weet mos jou denke
Was maar nog altyd
Jou grootste gevaar.

- wanneer geweerskote in
kopskote verander...
Raak die wêreld donker
flavia kurz Nov 2012
Soos die maanlig steel deur die loetjie in my gordyn
Sluip jy my gedagtes in so net voor ek aan die slaap raak
So asof ek ewe skielik van jou bewus word
Terwyl jy eintlik al die heeltyd oor my **** streel
en saggies in my oor fluister oor dinge wat my hart vinniger laat klop
Of, verbeel ek my al hierdie dinge
En is my laaste asem voor Klaas Vakie my wegneem niks meer
As gewone naggeluide en n kwynende gewelfd..

— The End —