"haarself" poems
sy wil iets beteken
nie iets hê
of word
of kry
of raak nie
nie nut
of hulp
of help
of raad nie
sy wil net iets beteken
wat sy nie in haarself maak nie
Nov 19, 2009
Nov 19, 2009 at 2:34 AM UTC
ek kyk vir die girl in die spieel en wonder of sy weet
*** hard ek probeer om haar te help vergeet
ek se vir haar ek hou van *** sy lag
en *** hoog sy mense wat dit nie verdien nie, ag
sy sug en trek haar skouers op en af
"die lewe is te kort om almal te straf"
se sy terwyl stadig wegkyk
en nog n stukkie van haarself weg smyt
ek fluister sag "as jy so aanhou gaan daar niks oor wees"
antwoord sy " ons is niks meer as vlees en gees
wanneer more kom, beteken vandag nie veel
als verander en tog niks want die son bly geel"
nikseegende donker oe kyk terug na my
ek is bevrees die girl gaan leeg bly
Jul 8, 2015
Jul 8, 2015 at 12:10 AM UTC
My bed verlang na ewewig
En kantel as ek lê, My arm kweek ń
onwrikbare
Verlange na ń glimlag wat
Daarteen druk en Selfs nou en dan
Speels byt.
Die ysere
Koue wat
Dwing om
In my oop
Arms te
Kom rus.
My kat spin hard op my bors,
Duidelik in haar skik met die
Wete dat sy,
vir nou
Op jou geresserveerde kussing
Kan lê
En met
Daardie
Wete
Verlekker
Sy haarself
In my
Ellende
Die leemte hier is groter as net die Dubbelbed oop spasie op my
Queensize bed en die lieflike geeste wat deur my arms gly
En giggel
Want ek
Wag vir
Iets wat
Dalk nie
Kom nie
Dalk is dit beter so, want as jy my innerlike konflik ook soos ń kakofonie
Van dromme
Teen die mure van jou koglea kon voel dans, was hierdie leemte nog
Meer leeg
As ooit
Tevore
En sou
My contact
List net
Soos my bed
Geraak het...
Die wind wat deur my hartskrake seifer,
Fluister jou naam
En flankeer met
My gevoelens....
Hiers ń spasie oop
Spesiaal vir jou...
Mnr _.
-ń tipofrafiese voorbeeld
Van digterlike vryheid
Verwar vir menslike
Eensaamheid...
Apr 22, 2014
Apr 22, 2014 at 2:40 AM UTC
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik tuis;
Tuis soos in n vreemde wereld wat juis net vir my gemaak is.
Die outydse geboue wat vertel van jare terug, die noue strate wat ver af le amper verby more, die klasieke fietse met klokkies wat "trieng" in die verby gaan na ander plekke, ook die french brode wat jou vertel van vandag en die krag van twee hande wat gebruik is om die smaak in jou gedagtes te laat verdwaal, om n storie te vertel.
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik bly;
Bly soos n kind wat haarself bevind in n lewe vol nuwe dinge, vol nuwe betekenisse soos n nuwe paar oe wat oop gaan om te sien en dan te verstaan.
Maar die lewe gaan aan met n lank terug en n more wat kom of n vandag wat verby gly na n elke dag;
Wat my vertel van n lewe van geluk en plesier om te geniet vandag, elke dag.
2016/07/17
Jul 3, 2017
Jul 3, 2017 at 1:39 AM UTC
met nat oë en stem rasper-hees
sal sy my eers
met kaneel en gemmer genees
met swaar lyf en kop wat klop
salf sy my eers
met heuningwoorde gesond
en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei
bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei
met die seer wat nog so rou in haar talm
bid sy eers die onrus in my kalm
en ek weet saans ween en woed
onverbiddelike storms
in haar gemoed
en dan soggens uitgespoel en broos
is sy nooit te swak om haar kroos
eersmaal te troos
vir speelgrond wond of hart wat breek
terwyl daar dubbeltjies soveel dieper
in haar insteek
die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het
vir elke afvlerkkind
die lyntjies waar sy op die mooiste wyse
haarself met ander verbind
waar sy soveel ander se seer verberg
ten spyte van alles wat dit van haar verg
hier sit ek stil en verwonder my
aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC