Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"haarself" poems
sy wil iets beteken nie iets hê of word of kry of raak nie nie nut of hulp of help of raad nie sy wil net iets beteken wat sy nie in haarself maak nie
0
Nov 19, 2009
Nov 19, 2009 at 2:34 AM UTC
die waarheid is
ek kyk vir die girl in die spieel en wonder of sy weet *** hard ek probeer om haar te help vergeet ek se vir haar ek hou van *** sy lag en *** hoog sy mense wat dit nie verdien nie, ag sy sug en trek haar skouers op en af "die lewe is te kort om almal te straf" se sy terwyl stadig wegkyk en nog n stukkie van haarself weg smyt ek fluister sag "as jy so aanhou gaan daar niks oor wees" antwoord sy " ons is niks meer as vlees en gees wanneer more kom, beteken vandag nie veel als verander en tog niks want die son bly geel" nikseegende donker oe kyk terug na my ek is bevrees die girl gaan leeg bly
0
Jul 8, 2015
Jul 8, 2015 at 12:10 AM UTC
die girl
My bed verlang na ewewig En kantel as ek lê, My arm kweek ń onwrikbare Verlange na ń glimlag wat Daarteen druk en Selfs nou en dan Speels byt. Die ysere Koue wat Dwing om In my oop Arms te Kom rus. My kat spin hard op my bors, Duidelik in haar skik met die Wete dat sy, vir nou Op jou geresserveerde kussing Kan lê En met Daardie Wete Verlekker Sy haarself In my Ellende Die leemte hier is groter as net die Dubbelbed oop spasie op my Queensize bed en die lieflike geeste wat deur my arms gly En giggel Want ek Wag vir Iets wat Dalk nie Kom nie Dalk is dit beter so, want as jy my innerlike konflik ook soos ń kakofonie Van dromme Teen die mure van jou koglea kon voel dans, was hierdie leemte nog Meer leeg As ooit Tevore En sou My contact List net Soos my bed Geraak het... Die wind wat deur my hartskrake seifer, Fluister jou naam En flankeer met My gevoelens.... Hiers ń spasie oop Spesiaal vir jou... Mnr _. -ń tipofrafiese voorbeeld Van digterlike vryheid Verwar vir menslike Eensaamheid...
0
Apr 22, 2014
Apr 22, 2014 at 2:40 AM UTC
waar lê jou...
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik tuis; Tuis soos in n vreemde wereld wat juis net vir my gemaak is. Die outydse geboue wat vertel van jare terug, die noue strate wat ver af le amper verby more, die klasieke fietse met klokkies wat "trieng" in die verby gaan na ander plekke, ook die french brode wat jou vertel van vandag en die krag van twee hande wat gebruik is om die smaak in jou gedagtes te laat verdwaal, om n storie te vertel. So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik bly; Bly soos n kind wat haarself bevind in n lewe vol nuwe dinge, vol nuwe betekenisse soos n nuwe paar oe wat oop gaan om te sien en dan te verstaan. Maar die lewe gaan aan met n lank terug en n more wat kom of n vandag wat verby gly na n elke dag; Wat my vertel van n lewe van geluk en plesier om te geniet vandag, elke dag. 2016/07/17
0
Jul 3, 2017
Jul 3, 2017 at 1:39 AM UTC
Vandag
met nat oë en stem rasper-hees sal sy my eers met kaneel en gemmer genees met swaar lyf en kop wat klop salf sy my eers met heuningwoorde gesond en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei met die seer wat nog so rou in haar talm bid sy eers die onrus in my kalm en ek weet saans ween en woed onverbiddelike storms in haar gemoed en dan soggens uitgespoel en broos is sy nooit te swak om haar kroos eersmaal te troos vir speelgrond wond of hart wat breek terwyl daar dubbeltjies soveel dieper in haar insteek die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het vir elke afvlerkkind die lyntjies waar sy op die mooiste wyse haarself met ander verbind waar sy soveel ander se seer verberg ten spyte van alles wat dit van haar verg hier sit ek stil en verwonder my aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
0
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC
mamma