Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"groter" poems
Kyk! Kan jy dit sien?! Dis wolke. Dis waar! Dit is gemaak uit spoke. Mamma roep ons, lyk soos kos vir wolwe. En boetie sin lyk soos 'n klomp golwe. Ek kyk op en sien 'n hartjie. Dit is groter as my hele handjie. Mamma se ek moet my kos eet. Maar ek hou glad nie van die beet. Ek kyk weer op en weet ek speel in die sand. Wolke is vir my so, so interessant.
0
Sep 4, 2016
Sep 4, 2016 at 12:38 AM UTC
Wolke
Dorslip en droogkeel huig ek in die donker van terg gees middernag vir die soet nektar name waarna hierdie barslip hunker. Skimletters vorm elke klinker net so ryk soos 'n paar gisters terug. Pype weerhou om die klank deur te laat, wat finaal n skerwestorting bring. Is ek aan n groter soeke om woorde te smee- wat getuig van verlange en ander leed ,of aan jou invloed die pryseer te gee. **** jy in heimwee ook dan aan my, dit is al wat ek wil weet of het jy ten einde my liefde by n ander gaan kry?
0
Dec 5, 2014
Dec 5, 2014 at 11:57 AM UTC
Droee verlange
My bed verlang na ewewig En kantel as ek lê, My arm kweek ń onwrikbare Verlange na ń glimlag wat Daarteen druk en Selfs nou en dan Speels byt. Die ysere Koue wat Dwing om In my oop Arms te Kom rus. My kat spin hard op my bors, Duidelik in haar skik met die Wete dat sy, vir nou Op jou geresserveerde kussing Kan lê En met Daardie Wete Verlekker Sy haarself In my Ellende Die leemte hier is groter as net die Dubbelbed oop spasie op my Queensize bed en die lieflike geeste wat deur my arms gly En giggel Want ek Wag vir Iets wat Dalk nie Kom nie Dalk is dit beter so, want as jy my innerlike konflik ook soos ń kakofonie Van dromme Teen die mure van jou koglea kon voel dans, was hierdie leemte nog Meer leeg As ooit Tevore En sou My contact List net Soos my bed Geraak het... Die wind wat deur my hartskrake seifer, Fluister jou naam En flankeer met My gevoelens.... Hiers ń spasie oop Spesiaal vir jou... Mnr _. -ń tipofrafiese voorbeeld Van digterlike vryheid Verwar vir menslike Eensaamheid...
0
Apr 22, 2014
Apr 22, 2014 at 2:40 AM UTC
waar lê jou...