Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"groen" poems
My hart klop groen vir groei en ander goed en pomp van hormone en suurtof ryke bloed dit was liefde met eerste oog opslag dis net jammer my oe staar blind teen die mes in jou hand wat op my kaal rug wag. Dis 'n gan an soort klop die go-ahead van my kop die alles sal reg wees in jou glimlag jou oe die mandaat van 'n regte terg gees. en ek gaan vir die groen en silwer en goud, vir al die goeie goed vir die land sonder fout. Maar my hart is die Andries Hendrik Potgieter van my boere bloed wat waarsku teen jou met alle moed. My heldersiende hartklop wat my weg probeer lei van nog 'n ou grappie en nog 'n bietjie seerkry. Nou klop hy rooi hy klop bloed hy klop stop. Maar soos 'n GP kar vermy ek die tekens in my haas vir jou mond. Voel die lem deur my ribbes gly dood, nog voor die grond. en my hart, wil lag, maar skree verwoed. Nou kook die boerebloed! Jou simpel, jou wetter jou bogsnuiter kind! Snou my hart my toe, nou is hy stil en gee my die silent treatment.
0
Jun 17, 2014
Jun 17, 2014 at 6:18 PM UTC
Rooi lig liefde
So word ons wakker in ons tent en dit reen...aggenee!! Maar dis koel en ons voel gelukkig. Ek is vuil, so amper dat ek wil huil, maar huil van lekker soos n krekker want dis vakansie tyd!! My hare is so waar deur mekaar, maar wat maak dit saak want niks gaan my keer om vir n gogga te wys *** deur mekaar ek rerig kan weesie... Tanne geborsel en room half gesmeer, laat die dag begin want dis ons en ons ford bakkie die keer...alweer... Kies n rigting en so voeter ons daarin... Saans kom ons by die kamp moeg geploeg die bosse in om nou rustig te raak met n koeldrank in ons hand. Dan word n vuurtjie gemaak deur die braafste ou ini land om n vleisie te braai vir die fraaiste meisie, hand aan hand. Mens voel gou dankbaar vir klein dingetjies soos n stort... n warme een, die oop velde of selfs die digte bosse, die veld blommetjies so geel of die gras so lank en groen, die voels so mooi volle kleurrig en die jakkals so skaam maar nuuskirig. En wanneer dit donker word le daar baie voor soos die uile se geluide, die sonbesies wat hulle vlerkies saam klap of dalk n hihena wat na oorskied kom krap. So geniet ons die bos vol avontuur gepos net vir ons en ons se dankie aan ons Skepper vir n skepping net vir ons. 2016/03/14
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:32 AM UTC
Ons avontuur...
Op hierdie aarde, groen en blou Met torings wat die lug uit grou In elke huis waar mens dalk bly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In wye winkels en krom kerke In nommers en vergete merke Waar ryk sweef en arm lei Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In stede, woude, see en woestyn In alles, geen, grof en fyn In luuks, skaars, bont en plein Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In winter, lente, somer, herfs Met albei vuur en skadu bederf Waar ook al maan en son mag skyn Sal ek nooit weer iemand kry soos jy Waar sterre sing en sonne lag Omring met komberse van die nag Waar ou gode en planete gly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In ou legendes en sprokies verhale In dooie sang en in lewende tale In woorde wat die hart oop sny Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In gister se groot verlate vlug In môre se onmeetbare sug In die nou wat ons so graag vermy Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In slaap te dig en drome swart In die wandel en wonder van die hart In seer, troos, kwaad en bly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
0
Aug 4, 2019
Aug 4, 2019 at 5:17 PM UTC
Iemand soos jy
Die velde en berge le honderde myle ver, oop tot by die horison. Al wat ek sien is gras, klippe en bome, en drome van n lewe so vry ver in die valley, groen van reen en geen besoedeling van die besige lewe so ewe of dit al is wat ons het… Die vlaktes bring my gedagtes na n rustigheid. Ek kan ver sien so asof ek my lewe kan sien, die rustigheid wat dit verdien. Ek sien die klein dingetjies raak soos die veldblomme wat blom met n glimlag dag na dag, n lady bug op die tak, die springkaan op die blaar, die miere wat trots hulle kos by mekaar maak vir swaar dae. Doudruppels vroeg oggend net so na die sonsopkoms… Dan voel ek dankbaar, dankbaar vir n lewe wat gegee is sonder vrae Danbaarheid vir n Skepper van mens en natuur. 2016/01/24
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:40 AM UTC
Die velde...
‘n miljoen bome se asems beur op in ‘n groen waas teen die dwang van bruin lug se gewig
0
Dec 22, 2018
Dec 22, 2018 at 10:54 AM UTC
die stad haal asem
Die grys winter gras Kruip stadig in die groen in Soos my lewe saam jou Is daar geen versoening Ek **** die ***** Koue Hart van ys, las van die dood So voel my binneste soms 'n Hart van lood Tog loer die warm bal son Skrefies deur blou spookasem Die warmte sal weer kom 'n Vuur in 'n reënboog lugballon
0
Apr 8, 2020
Apr 8, 2020 at 1:56 AM UTC
Hart soos 'n lugballon
Onverwags verskyn prag voorwaardelik Verdoesel my ongemaklike donker twyfel Natuur bekoor beskeie knus veranderlik Herinner koel met bot kleurvolle bloeisel Koester sigbaar aarde hart soet met vrolik Landskap verwelkom lag lente groen raaisel Verlig gemoed swaar wat was ondergeskik Verkwik vaal winter koue geil met verskansel Blommeryk kyk spruit uit kyk! Is dit nie Wonderlik?
0
Jul 24, 2020
Jul 24, 2020 at 6:26 AM UTC
Blommeryk
Kleurlose reënboog draai binne diepste Ongesiene vanuit donkerste draai vanuit swart Sonder om te verfraai word sowaar eers minste Volkleurspektrum vloei langsaam oppad na hart Briljante rooi illumineer oranje geel en groen Kannie wag vir die skitter verskyn *** van goud Bestraal spier deur die verhewe wit spektraal Hierdie krag straal mag maak klein benoud Kannie begin verwoord minder vertaal Vertrou die vloei maak bloei onstoflik stout Besig om jou verlede en toekoms te herskryf Einste imponderabele elektriese, elektriese spiraal!
0
Jul 28, 2020
Jul 28, 2020 at 5:08 AM UTC
Imponderabele Elektriese Spiraal
Krachtige alsook afgemeten tegenstander, blijf apart staan. Lees in elk slim boekje elke tip. Help jezelf, onstuitbaar, een rotte indringer, mol, al reizend, te inspecteren. Jaag nu en laat iedereen steeds anderen beschuldigen. Etaleer tranen, etaleer verdriet als iemand niet groen rooit in de avond. X-aantal eigenaardigheden later bezinkt 't raadsel, uitgemolken, naar onderen.
0
Mar 17, 2019
Mar 17, 2019 at 6:52 AM UTC
Verdenkingsklassement
In het vallen van de bladeren, geel, rood, bruin om in te kaderen, zie ik stilte en verdriet, een pluizenbol in't bos die stiekem er geniet. In kale takken zie 'k gewicht dat niet meer hoeft gedragen. Enerzijds misschien gezwicht tenander waait het wel in vlagen. Waaivlagen vliegen om de oren, het ijs, dat in de lucht hangt, je kan het bijna horen. De winter die de herfst vervangt en langzame zomer in ivoren toren. We spreken van geluk. Dat we ooit zelfs groen gezien (mogen hebben.)
0
Dec 5, 2022
Dec 5, 2022 at 5:18 AM UTC
Ik spreek van geluk