Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"goue" poems
Die môre groet jou met ń nat soen En ontplooi haar goue gloed Oor jou fynbos en Olifants-oor Die wind ween oor die rykdom Wat jy deur jare van sweet en bloed, vir jouself terug geëis het , maar streel deur jou grashalms Met die harmonie van hoop wat deur jou are pols... Pols, wanneer 4x4 en ossewa spoor oorkruis! Hier timmer jy aan my - lê die hoeksteen van ń graniet gebou Ek sal strewe om jou te eer. Suid-Afrika , ń ode aan jou.
0
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:06 PM UTC
Ode aan my land
100 jaar herrinering 100 mense ween 100 trane val daar 100 druppels reen van die hemel heen Dankie vir die reen o God die plase was so droog die kommer word nou weggespoel uit talle boer se oog oor droewe grond wat kraak en bars streel helend hand loop water vars oor die mielies, koring en oor goue hawermout dans in die wind die jongeling en skyn opnuut wee goud die Here het geantwoord oor wenige gebed bewys van vooraf weereens al genade wat hy het maar wolke breuk, strome spoel die grond word weer genees maar spokend, kaal en lenig sal die kerk weer Sondag wees onthou jy jou gelofte my Afrikaner kind wat nou soos na dood siektes voor die oe ontbind **** my woord op nuut oor die heuwels sal dit reis tot my volk gaan terugkeer sal opbrengs , soos geloof, deur droogtes vergreis
0
Oct 20, 2013
Oct 20, 2013 at 1:17 PM UTC
Droogtes en ander sake van geloof
Want die more bring die goue die nuwe , hitte , dag en wind wat deur die takke skeur die dood wat huil ;n kind wat lag en twyfel sypel deur die huurglas soos tik , of sandstorms bring die tyd ook wroegings van interne euforie en donker oorskry die norms geen meer swart en wit geen meer ja , nee reg, verkeerd ek weet nie ek weet nie meer nie elke dag bring heldersiendheid met eerste oogoplsag maar elke more twyfel ek terwyl Janus vir my lag... terwyl 'n amper skynbare keuse op 'n defnitiewe antwoord wag
0
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:39 AM UTC
As tyd nie leer nie
Ek raak van tyd tot tyd verlore in die vlaktes van my verbeelding op 'n eindelose reiktog na die goue uitloopsels van more , ander kere skuil ek in die klowe en trek my toe in n berg kombers... daar kan ek skree - en huil -en lag. Daar kan ek die eie self in n lastergil uitlok en wag vir die koue kras kranse om dit terug te werp in my ope arms. My verbeeldingshuis le in die kranse... my drome rol in oor die see se soutwater golwe... en ek, ek le iewers in die middel van perfekte harmonie en absolute chaos. Ek . droom . eindeloos...
0
Nov 7, 2014
Nov 7, 2014 at 4:42 PM UTC
Legio dromer
die son streel winterlig teen brose grashalms op ‘n goue lem geslyp op die yswind se strop
0
Jul 28, 2021
Jul 28, 2021 at 11:47 AM UTC
soete winter
As jy weer in jou dagboek skryf Onthou Dat daar rede genoeg is Om te bly vashou Die goue blaar in die somerson, En die blou moederkappies Hulle wag nog steeds vir jou Teen tafelberg Waar onskuldige bloed nog steeds Vermeng is met die sout see water Daai water wat ons voorouers gedra het naar hierdie land van prag en praal Het jou bevry en weggedra naar n plek ver hier vandaan Ook al is ek en jy deur afstand en tyd geskei Hou ek daai oop bladsy Van jou treurigheid Langs my sy
0
Oct 28, 2023
Oct 28, 2023 at 7:12 PM UTC
Ingrid Jonker
Genadig Gedagte soos sleutel Weldadig Woord soos deur Daadwerklik Daad soos huis Kan oopsluit en beskerm Verryk of vang Na aanleiding van Die inherente Jou intensie se omvang
0
Jul 27, 2020
Jul 27, 2020 at 8:58 AM UTC
Die Goue Sleutel