Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"gordyn" poems
**** jy die **** van yster-gordyn wat val en die aarde omhels ten laaste sy afwaartse versnelling. Dit maak seer mamma... Gewere word neergelê as ń universiële teken van hoop en vrede , maar verlang na ń lid van die geledere. Dit maak seer mamma... Ons was almal naïef; in ons drome was daar plek vir twee, Ń eindelose see waar ons kon wegvaar van die ontbindinde spoke van gister, waar ons ons hande in soutwater-poele kon was iewers langs die kus van versoening... Dit maak seer... Niemand sou kon raai dat die jare se snellertrek en loopgraaf grawwe jou eens sagte vel kon magnetiseer nie... *** kon ek voorsien dat jy ń bietjie van die geweld gaan steel het om vir jouself te hou nie. *** sou ek weet dat jou vingers jeuk sonder die dooie staal wat dit streel nie... Een skoot Twee skote Drie skote Ń eenman vuurpelaton reën op my neer en dring deur my ope arms... Jy het nog altyd ń plek in my hart gehad, maar nou het jy dit beset met lood en alle onskuld uitgerook met brandende kruit... Dit maak seer... Dele van jou hang nog swaar op al die plekke wat saakmaak en seermaak en trek my af grond toe... Eina... Liefde ek het altyd geweet ons het mekaar se ruë gehad... ek hey net nie geweet jy was besig om ń rooi kruis vir jou fissier op myne te verf nie... Dit maak seer mamma... Koebaai
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:48 PM UTC
Kuikens na 'n oorlog
Soos die maanlig steel deur die loetjie in my gordyn Sluip jy my gedagtes in so net voor ek aan die slaap raak So asof ek ewe skielik van jou bewus word Terwyl jy eintlik al die heeltyd oor my **** streel en saggies in my oor fluister oor dinge wat my hart vinniger laat klop Of, verbeel ek my al hierdie dinge En is my laaste asem voor Klaas Vakie my wegneem niks meer As gewone naggeluide en n kwynende gewelfd..
0
Nov 26, 2012
Nov 26, 2012 at 3:08 PM UTC
#Sug
Bo op 'n berg Met my bobbejaan gedagtes wat terg Die eggo van my mania skree terug Wat soek jy hier? Ek drink uit die rivier Ek sink my oë in die rooi son Ek **** alweer Die donker wolke Die reën wat kom Ek laat my gedagtes so dans Plek tot plek Gras van Kees En mens en vlees Sny deur my Woede en naaktheid Die lag van 'n sekere malheid En die sagtheid van jou moeder ken En dan meer bring ek twee Van my na die tafel in 'n oop gesprek Met my leemtes en my onbeheerbare Soeke na wat ek herken binne my donker gate Ek dwaal verlate In riviere van die samelewing Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn In die strate van spoed en bloed Die woorde uit die bek van die dier Die ongetemde kwaad van primate Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles Tot hy verval en wegkwyn Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre Waarheid en verlossing Waar vind ek die antwoord vir alles?
0
Sep 18, 2019
Sep 18, 2019 at 5:40 PM UTC
Bobbejaan Gedagtes