Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"goeie" poems
My hart klop groen vir groei en ander goed en pomp van hormone en suurtof ryke bloed dit was liefde met eerste oog opslag dis net jammer my oe staar blind teen die mes in jou hand wat op my kaal rug wag. Dis 'n gan an soort klop die go-ahead van my kop die alles sal reg wees in jou glimlag jou oe die mandaat van 'n regte terg gees. en ek gaan vir die groen en silwer en goud, vir al die goeie goed vir die land sonder fout. Maar my hart is die Andries Hendrik Potgieter van my boere bloed wat waarsku teen jou met alle moed. My heldersiende hartklop wat my weg probeer lei van nog 'n ou grappie en nog 'n bietjie seerkry. Nou klop hy rooi hy klop bloed hy klop stop. Maar soos 'n GP kar vermy ek die tekens in my haas vir jou mond. Voel die lem deur my ribbes gly dood, nog voor die grond. en my hart, wil lag, maar skree verwoed. Nou kook die boerebloed! Jou simpel, jou wetter jou bogsnuiter kind! Snou my hart my toe, nou is hy stil en gee my die silent treatment.
0
Jun 17, 2014
Jun 17, 2014 at 6:18 PM UTC
Rooi lig liefde
Al wat jy my wys gemaak het is dat seer die selfde voel Maak nie saak van watter oord dit spoel Ek en pyn ken mekaar al jare Jy het my niks nuuts laat ervaar Daar is geen onderskeid binne my tussen jou seer en syne Dit le nou als binne my, dis als nou myne So wat bly oor van jou sogenoemde goeie intensies, wil ek weet Binne n jaar of wat het jy als hier vergeet Die bietjie wat ek gehad het, het ek met jou gedeel Dit was nie wat jy wou he, my hart het jou verveel Ek was net n goeie tyd wat jy op gedress het en liefde genoem Terwl ek lee hande daar gestaan het en jou met my hele hart gesoen Ek wens ek het harder probeer en jy het net geluister Toe ek hard en saggies, en aanhoudend nee, nee, nee deur jou soene fluister
0
Jul 7, 2015
Jul 7, 2015 at 10:24 PM UTC
jy wou anders wees
Is moeilik om te begryp, en nie rerig mooi nie. Dis 'n spoegspat soos 'n herrie- 'n gemmors wat langs die kar staan en bedel. Dis 'n gemoedsbekakking... ag verskoon tog verswakking soos die breakdowns innie gossip magazine. Ag shame , hulle dra ook maar swaar aan society se crimes en al dai drugs is maar ommie pyn te verlig. Kyk nounet daar , sterre wat pyn , is seker maar 'n metafoor. Vir wat? Se jy my! Jy wat my analiseer en dissekteer... want daar is geen meer sterre wat pyn nie, die woorde wat rym ennie ander goeie goed is lankal van alle kleur bevry in my agterkop waar dit donker is soos 'n land waar hoop 'n feeverhaal is. Dis te donker om nou te rym, maar te donker om in te hou... so ek sny maar die kanker stuk vir stuk uit en bloei nonsens-ink op die blaai. Aan die einde is dit nie net die gedig nie. Dis die ganse wereld wat rym. Elke herrie en spoegspatter elke gerookte ster en hartseer kokkedoor ek , jy - ons almal is 'n gedig. Ons almal rym... ons is net te moeilik om te verstaan en nie altyd mooi nie.
0
Jun 9, 2015
Jun 9, 2015 at 5:07 PM UTC
Gebroke rym
Jare van hartseer, jare van pyn. Eendag sal dit verdwyn en die lewe sal wees ja, makliker om te leef. Dag vir dag stap ons deur die woude van gedagtes en *** ons dan herrinder word deur die vlaktes van daai gedagtes. Dan onthou ons die goeie ou dae van vreugde en menigte liefde en so verander ons dag na dag ons lewens van hartseer vlaktes na wonderlike gedagtes. 2016/01/05
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:52 AM UTC
Vlaktes van gedagtes...
niemand behalwe ek ken die krag van jou hartklop van binne. dus die eerste ding wat ek gehoor het. dit het my gekalmeer en gese moenie bekommerd wees nie ek is hier, altyd. gevolg deur 'n rustige stem wat die wind kalmeer. die het gesing en gebid oor my. gesondheid was die meeste gevra. die stem het baie gepraat. dit was goeie tye vir my. al wat ek graag vergeet is die tye wat jy en die ander stem gestry het. dan het jou stem verander na hartseer en bedroef. trane het jou wange gevul terwyl jou arms my omvou het. al stywer en stywer. so belangrik was ek. die groot dag, jy het gese jy gaan jou hare eers was, maar toe versnel die hartklop en dinge gebeur wat ek nie begryp het nie. jy het ernstig siek geword en nog alleen by die huis. jou arm om my hospitaal toe. ek is gebore saterdag 25 mei 1985. skielik was ek alleen en weg van my geliefde klop. jy was in 'n diep slaap. mense gehardloop om ons om als weer reg te maak. ai opwindende oomblik. Maar geen arms wat omvou en rustige stem wat bekend is nie. net vreemdheid.
0
Apr 3, 2013
Apr 3, 2013 at 2:06 AM UTC
net ek
Ek is in so n goeie mood. Ek wil dans Ek wil sing Ek wil hop en spring. Musiek is die rede Want.. Weg is my verlede.
0
Oct 22, 2014
Oct 22, 2014 at 3:37 PM UTC
Dit wat ek voel.
Ek het jou verloor tussen die lyne van my eksamen blok... Jy was die orde in my Lewe, die yin Van My yan.... My tipografie is A F Want dit was jy wat My met Grense ingehok het En my weerhou het Van die eindelose hartseer Wat in vryevers Verskuil lê... Maar ek het my eksamenblok En jy het jou lektor wat Veg Vir die aandag wat by hom moet wees , maar gemors word O P Mense & Dinge wat jou verlei... Ons laatnag gesprekke Ons saamlag- Saam sing- Saam huil- Saamwees- -sessies probeer vir lewe en dood klou... Maar In die tiktak van Die horlosie verdwyn Die laaste bietjie van jou... Jou ure is nie Meer dieselfde as Myne nie... En die beelde van jou Is nou slegs 'n goeie herrennering En 'n hartseer what if... Totsiens
0
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:25 PM UTC
kommunikasie gapings
Ek het jou verloor tussen die lyne van my eksamen blok... Jy was die orde in my Lewe, die yin Van My yan.... My tipografie is A F Want dit was jy wat My met Grense ingehok het En my weerhou het Van die eindelose hartseer Wat in vryevers Verskuil lê... Maar ek het my eksamenblok En jy het jou lektor wat Veg Vir die aandag wat by hom moet wees , maar gemors word O P Mense & Dinge wat jou verlei... Ons laatnag gesprekke Ons saamlag- Saam sing- Saam huil- Saamwees- -sessies probeer vir lewe en dood klou... Maar In die tiktak van Die horlosie verdwyn Die laaste bietjie van jou... Jou ure is nie Meer dieselfde as Myne nie... En die beelde van jou Is nou slegs 'n goeie herrennering En 'n hartseer what if... Totsiens
0
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:40 PM UTC
Na skoolse totsiens
Jy wys nie die son vir 'n blinde wat weer kan sien nie. Dis mos nou kinders-kry dan trou , 'n priem baba se : Ek is lief vir jou. Verby nog voor dit begin het. Of is my hart nou wiegiedood wat doodluiters my eie galg om die baba hang. Breek ek die glas-skoen? voordat die lewe dit kan breek? Of het ek nou maar oulaas 'n manier om al die goeie goed - uit vrees van stapel te stuur? Ek kan jou volg... sal jou volg; sou jou volg tot waar die wind ons waai en saam jou kan ek... sal ek sou ek heeldag rondomtalie en tiekiedraai, maar *** gaan ek die onbekende in as dit tussen my en die horison le? My hartklop eikehout in die gang, hy klop nog koud , maar hy klop nou! En jy praat van altyd en van later en van dan: verder selfs as wat my sig durf reik! Jy is my nou. Jammer dat ek more jou gister gaan wees; probeer verstaan, ek verlang nog silwer en plooie en die wereld is my lapdoek en die lewe is my lee papier en ek wil groei. Ek kan nie die trouring dra nie ,as hy nog koud aan my vinger kleef... my hart is dalk nog prematuur , maar ek wil graag uitgan en die koue skouers en spervure vir my self gaan beleef. Moet my nie die son wys nie Ek leer nou eers *** om te sien... en moet nie se jy is lief vir my nie, want more is dit verby nog voor dit begin het. En dan hang ek die priem.
0
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:42 AM UTC
Stilgebore
Drome is gemaak om n lang nag interesant te maak. Dis n sprokies verhaal van goeie dinge of selfs die slegte. Van kastele en weelde, n lewe vele meer voor sal soek of selfs drome van cowboys en crooks met perde wat gallop op en af die berge, opsoek na diamante en gewere. Dan is daar die nagmerries wat mens se hare laat rys, n skrik en n gesnik en wakker voor die wekker en n gewonder wat sopas gebeur het! n Droom kan beloon, n droom kan verloon, n droom kan waarheid word dit hang af *** jy voel. Egter klein bietjie raad van n nuwe jaar se digter… droom n droom, leef die oomblik met of sonder die donker nag, want n ware droom is oomblik van waarheid waaruit jy jou kastele kan bou in n ware sprokiesland vandag. 2016/01/26
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:42 AM UTC
Drome...
Daar is n lieflike gevoel in die wind. n Gevoel wat bind, n gevoel wat sink, sink diep in n mens se hart in. Hy praat met n mens soos n boek, n bladsy wat vertel van die Goddelike wind... So gaan die pad voor mens oop en raak gou vol hoop van goeie dinge wat voorle. En so verlang mens dan na iemand, iemand ver, ver weg en seg in jou hart: “Die lewe is soos die wind, die Goddelike wind wat verbind van een hart na n ander”. Want die waai deur mens se hare, die gevoel van koel, maar warm teen mens se wange en die verwaai van gras op plaas paaie is wat ek noem die Goddelike wind, wat bind… van een hart na n ander. 2016/01/21
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:38 AM UTC
Die Goddelike wind...
n Moeder het ek al gedink is  wonderlikste skepping op arde. Sy vermaan, verstaan en dan bestaan net oral en die hele tyd gereed om te vergeet wat ek altyd verkeerd doen. Sy othou die goeie met soveel soenne en drukkies en help altyd met die en met daaitjies. Haar hart is skoon en woon in n plek wat my hart genoem word en sal altyd myne bly. 2016/01/09
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:47 AM UTC
n Moeder...
Die krag van krag is onverwags, maar prag wanneer jy dit minste verwag. Wat is krag? Dis n gevoel van mag, van laat gaan en niks terug verwag, maar tog so in beheer van meer as net my gevoelens, wel ja min of meer. Dit gee my die wil om te wil, of om nie te wil as ek niks het om oor te wil, of om n verskil te maak in tye van onware naar, ja dit is so waar. Krag kan verskeur of verrineweer sonder goeie beheer, maar met n wil van krag het krag n mag om net goed te verwag...hou dit vas of laat dit gaan solank jy een ding verstaan dat sonder krag moet jy geen krag terug verwag. 2016
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:25 AM UTC
Krag...
Dankjewel voor alle zorgen, de zekerheid op elke dag een goeie goeiemorgen en een welgemeende lach. Ik zou een bloempje geven of de lucht op laten klaren maar jij schonk mij het leven, dat kan ik niet evenaren. Daarom dat ik je hier zal vieren en zo jouw dag hoop te versieren.
0
May 10, 2019
May 10, 2019 at 5:47 AM UTC
Dag moeder
Goeie avond nostalgie, wat fijn dat ik u zie, zien mag. Sinds FIFA veertien lag ik al aan uw voeten, fijn dat ik u mag begroeten. Vanavond gaan we drinken, tuimelen, duiken, vallen, zinken in een zee van liefde voor elkaar. Eenmaal, andermaal, niemand bezwaar? Dan leg ik mezelf in de watten, vanavond gaan we boiten.
0
Jun 14, 2019
Jun 14, 2019 at 8:17 AM UTC
Noa Boite
Tja, ik probeer wel nederlands te schrijven, God weet dat ik het niet kan. Ik ga niet nog een ******* boek lezen, Dus we maken er het beste van. Eerst moet je bedenken wat je überhaupt gaat schrijven. Geen idee, niet dat ik ooit goeie ideeën heb. Dus dan gaan we maar weer rijmen, Alsof het van een rijmwebsite komt, het is haast "nep" Als je dan eindelijk inspiratie hebt, *** ga je het dan verwoorden? Nederlands is gewoon een kuttaal. Rens, ik ga je op een dag echt nog vermoorden (misschien) En nu is het klaar met die kutrijmpjes, Het werkt alleen maar in het Engels. Ik wilde een rijmwoord bedenken, Het eerste dat in me opkwam was "soepstengels" Help lol
0
Sep 24, 2019
Sep 24, 2019 at 3:18 PM UTC
Schiermonnikoogse Graanschuur
Sigarette en sonskyn Dagga en rooiwyn Ek wil vergeet Ek wil gelukkig wees Ek wil lewe sonder vrees Maar die wereld gaan dood En Armoede verstik aan droe brood Ons vergaan Ek nodig sigarette en sonskyn Ek is opsoek na goeie tye met dagga en rooiwyn Die wereld maak seer, maar ons kan vergeet En probeer gelukkig wees.
0
Sep 2, 2019
Sep 2, 2019 at 3:22 AM UTC
Klein geluk
jy het soos 'n warrelwind in my lewe ingekom; onverwags en alles omver gegooi, maar op 'n goeie manier. ek kan vir die eerste keer uit my buik uit lag, my hare deurmekaar los, en pizza eet sonder om te huiwer. daar is nie vlinders nie, maar 'n rustigheid oor my. ek is só bang dié goeie tyding draai en jy stap weg, so vinnig as wat jy gekom het. so vou vir 'n ring, 'n belofte, uit geroeste draad. wat rooibruin merke aan my vingers laat wanneer die noodlot jou probeer steel. sommer ogiesdraad, dat dit nie regtig is nie. maar dat my hart kan rustig raak. vat my pinkie in joune en seël dit met 'n sagte soen en ek sal weet - jy is hier om te bly.
0
Feb 6, 2023
Feb 6, 2023 at 3:23 AM UTC
belofte