Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Blom In Blou Aug 2020
Skielike hartsbegeerte verskyn oorstelp
Verlang na bo om op berg vas soos boom
Wil staan gaan saam met dit wat is!
Sonder afwagting sonder skroom
In die lewegewende liefste Stroom
Sommer so sonderling se droom
In stralende lagge ligse verwondering
Salig met sagte wit wind wat wolk
Sonder sodanige mondige verklaring
Wil skugter skuif saam as woordlose tolk
Gewortel in aarde geplant vir liefde se bewaring
Christine Ueri Jul 2016
skuld
skuld
skuldenaar

dit suis vanaand
in tolbos tale
rond-en-wind-ge-foeter
oor ‘n dor doer pad
‘n uitgestrekte stoftong
lek geraamtes
tot aan die silwer koppies
in die Klein Karoo se maan

skuld
skuld
skuld–in–aar

is Ma ‘n vreemdeling
wat staan en tee drink
in ‘n ander vrou
se blou kombuis

skuld
skuld
skuld–in–haar

al starend na die krake
weerspieël die vensterglas
‘n aarde broos
verbrokkel

maar

die reën sal kom
my kind
die reën sal kom
profeteer die roes–rooi wolke

al loeiend in die wind

sal Ma staan
onmiskenbaar
soos ongetemde buffelsgras
gewortel en gegrond
-------------------------------------
13/02/2016

— The End —