"gewortel" poems
skuld
skuld
skuldenaar
dit suis vanaand
in tolbos tale
rond-en-wind-ge-foeter
oor ‘n dor doer pad
‘n uitgestrekte stoftong
lek geraamtes
tot aan die silwer koppies
in die Klein Karoo se maan
skuld
skuld
skuld–in–aar
is Ma ‘n vreemdeling
wat staan en tee drink
in ‘n ander vrou
se blou kombuis
skuld
skuld
skuld–in–haar
al starend na die krake
weerspieël die vensterglas
‘n aarde broos
verbrokkel
maar
die reën sal kom
my kind
die reën sal kom
profeteer die roes–rooi wolke
al loeiend in die wind
sal Ma staan
onmiskenbaar
soos ongetemde buffelsgras
gewortel en gegrond
Jul 12, 2016
Jul 12, 2016 at 6:22 AM UTC
Skielike hartsbegeerte verskyn oorstelp
Verlang na bo om op berg vas soos boom
Wil staan gaan saam met dit wat is!
Sonder afwagting sonder skroom
In die lewegewende liefste Stroom
Sommer so sonderling se droom
In stralende lagge ligse verwondering
Salig met sagte wit wind wat wolk
Sonder sodanige mondige verklaring
Wil skugter skuif saam as woordlose tolk
Gewortel in aarde geplant vir liefde se bewaring
Aug 13, 2020
Aug 13, 2020 at 7:17 AM UTC