Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"gevul" poems
Met boeke vol helde, soos ek en jy Potgieter, Trichardt, Smuts, Kruger selfs De LaRey Almal met die doel, om hul volk te bevry, Die Afrikaner, uit te brei Om hul families, van leiding te bevry Selfs, De LaRey ‘n Lafhart, wou eers nie beklei Later die held, wat die boere, verder wou lei Familie man, vader seun broer en gesant Ja, die mense was ook bang Maar met passie, Met drang Met dit wat slange vang Het hulle als aangevang Kyk na jou vriend Kyk na jou maat Kyk na die, anderkant die straat Dis jy, wat hul toekoms baat Dis jy, wat hul vereen, ou maat Die Afrikaners, was plesierig Dit, kan julle glo Nou gevul, net met gierig En al hul misnoe Ja, dit kan julle glo Waar is ons eendrag Waar is ons mag Waar is die dae, toe ons nog lekker kon lag Waar is ons helde, van vandag ‘n Held, in elkeen wat die taal verstaan Elkeen, wat n weg vir Afrikaans wil baan Elk, wat sy man wil staan vir die taal, wat min verstaan ‘n Kultuur, wat net ons verstaan ‘n Kultuur, so ryk aan helde soos ek en jy Helde, wat die Afrikaner wil bevry Helde, wat nie bang is om te baklei Helde, soos ek en jy!
0
Oct 23, 2010
Oct 23, 2010 at 2:36 AM UTC
WAAR IS ONS HELDE VAN VANDAG
niemand behalwe ek ken die krag van jou hartklop van binne. dus die eerste ding wat ek gehoor het. dit het my gekalmeer en gese moenie bekommerd wees nie ek is hier, altyd. gevolg deur 'n rustige stem wat die wind kalmeer. die het gesing en gebid oor my. gesondheid was die meeste gevra. die stem het baie gepraat. dit was goeie tye vir my. al wat ek graag vergeet is die tye wat jy en die ander stem gestry het. dan het jou stem verander na hartseer en bedroef. trane het jou wange gevul terwyl jou arms my omvou het. al stywer en stywer. so belangrik was ek. die groot dag, jy het gese jy gaan jou hare eers was, maar toe versnel die hartklop en dinge gebeur wat ek nie begryp het nie. jy het ernstig siek geword en nog alleen by die huis. jou arm om my hospitaal toe. ek is gebore saterdag 25 mei 1985. skielik was ek alleen en weg van my geliefde klop. jy was in 'n diep slaap. mense gehardloop om ons om als weer reg te maak. ai opwindende oomblik. Maar geen arms wat omvou en rustige stem wat bekend is nie. net vreemdheid.
0
Apr 3, 2013
Apr 3, 2013 at 2:06 AM UTC
net ek
Vrees, vir die geordende paar letters wat jou naam uitspel. Vrees, want jy bedreig my geluk soos 'n dors parasiet. Vrees, vir die monster wat jy in staat is om te wees. Angs, jy maak my bang, jou kaarte is onvoorspelbaar en jy speel satireis sonder reels, grense of stippellyne vervaag tussen wat joune is en wat bly eintlik myne. Angs, jy vat en gee dinge wat moes bly, jy kom en gaan en verwoes ons bly agter, 'n stukkie gronderosie hou op, want ek is nou moeg. Angs, want jou griewelike vure brand helder warm, ek is bedek met die paraffien wat jy oor my uitgestort het. Leuens, jy wat gevul id met ongesonde nyd raak jy nooit moeg, om so vieslik te verwoes? 'n Onverdiende tug beloon my met somber wanhoop Ons almal nodig nou 'n bietjie rus, die leemte wat jy vul sal ons nie maklik mis.
0
Sep 10, 2012
Sep 10, 2012 at 5:53 PM UTC
Vrees