Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"gevind" poems
Teen die hange van die berge-nag Speel die donker op die ligte sag Die kalm daal op die chaos-stad Van klank en mense op elke kronkel pad Dit voer jou mee in 'n sterre mat In skoon lug met 'n oop kop Kan gedagtes net vloei en skrop Aan dinge wat is en kom Aan mens wees, goed en krom Aan die eenvoud en dit wat verstom Woorde lê in 'n niks-wees dwaal Dis rou, dit is maar net  -  dis kaal Net om die stemme wat skree te verlos Dinge wat 'n uitlaat soek in die kosmos Dit het ink gevind, soos vuur in fynbos
0
Jul 12, 2016
Jul 12, 2016 at 4:53 AM UTC
Berge in die nag
Daar was n onheilspellende tog naderende wuif in jou menswees dit het my getrek tot by jou gees   Ongelukkig het my aanvanklike slegte     humorsin Jou nie genoeg bemin nie   Daar was iets in jou Iets misterieus Iets dieper as vlees Dieper as die horison In die oorsprong van die son Het jy my hart gevind
0
Aug 9, 2017
Aug 9, 2017 at 3:03 PM UTC
Mistiek