"gevind" poems
Teen die hange van die berge-nag
Speel die donker op die ligte sag
Die kalm daal op die chaos-stad
Van klank en mense op elke kronkel pad
Dit voer jou mee in 'n sterre mat
In skoon lug met 'n oop kop
Kan gedagtes net vloei en skrop
Aan dinge wat is en kom
Aan mens wees, goed en krom
Aan die eenvoud en dit wat verstom
Woorde lê in 'n niks-wees dwaal
Dis rou, dit is maar net - dis kaal
Net om die stemme wat skree te verlos
Dinge wat 'n uitlaat soek in die kosmos
Dit het ink gevind, soos vuur in fynbos
Jul 12, 2016
Jul 12, 2016 at 4:53 AM UTC
Daar was n onheilspellende tog
naderende wuif in jou menswees
dit het my getrek tot by jou gees
Ongelukkig het my aanvanklike slegte humorsin
Jou nie genoeg bemin
nie
Daar was iets in jou
Iets misterieus
Iets dieper as vlees
Dieper as die horison
In die oorsprong van die son
Het jy my hart gevind
Aug 9, 2017
Aug 9, 2017 at 3:03 PM UTC