Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"gesondheid" poems
niemand behalwe ek ken die krag van jou hartklop van binne. dus die eerste ding wat ek gehoor het. dit het my gekalmeer en gese moenie bekommerd wees nie ek is hier, altyd. gevolg deur 'n rustige stem wat die wind kalmeer. die het gesing en gebid oor my. gesondheid was die meeste gevra. die stem het baie gepraat. dit was goeie tye vir my. al wat ek graag vergeet is die tye wat jy en die ander stem gestry het. dan het jou stem verander na hartseer en bedroef. trane het jou wange gevul terwyl jou arms my omvou het. al stywer en stywer. so belangrik was ek. die groot dag, jy het gese jy gaan jou hare eers was, maar toe versnel die hartklop en dinge gebeur wat ek nie begryp het nie. jy het ernstig siek geword en nog alleen by die huis. jou arm om my hospitaal toe. ek is gebore saterdag 25 mei 1985. skielik was ek alleen en weg van my geliefde klop. jy was in 'n diep slaap. mense gehardloop om ons om als weer reg te maak. ai opwindende oomblik. Maar geen arms wat omvou en rustige stem wat bekend is nie. net vreemdheid.
0
Apr 3, 2013
Apr 3, 2013 at 2:06 AM UTC
net ek
Eina! Die prikkel van n naald Gif vloei soos water in my lewens-strome Val my liggaam aan met geweld Die skeur en afbreek van my drome Elkeen voel ek Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld Dis die knop wat als begin het, nee Die trek van n kanker stokkie Die waarskuwing op die boksie gee mee My lus kon ek nie meer hou nie 'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn' **** ek soos die rook diep in my longe verdwyn ***** is my voorland Ek kan lankal nie meer op my bene staan My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan Ek is skaam, so so skaam Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil O dood, ou vriend Vir my kan jy maar kom haal Ek wag al maande vir jou, Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal Hy was erger, soveel erger as ek Sy are het al begin kraak Na Elke inspuiting, of behandeling Het hy op alles gebraak Ek is amper daar, ek voel dit aan my Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
0
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC
Aan die dood se sy