"genees" poems
100 jaar herrinering
100 mense ween
100 trane val daar
100 druppels reen
van die hemel heen
Dankie vir die reen o God
die plase was so droog
die kommer word nou weggespoel
uit talle boer se oog
oor droewe grond
wat kraak en bars
streel helend hand
loop water vars
oor die mielies, koring
en oor goue hawermout
dans in die wind die jongeling
en skyn opnuut wee goud
die Here het geantwoord
oor wenige gebed
bewys van vooraf weereens
al genade wat hy het
maar wolke breuk, strome spoel
die grond word weer genees
maar spokend, kaal en lenig
sal die kerk weer Sondag wees
onthou jy jou gelofte
my Afrikaner kind
wat nou soos na dood siektes
voor die oe ontbind
**** my woord op nuut
oor die heuwels sal dit reis
tot my volk gaan terugkeer
sal opbrengs , soos geloof,
deur droogtes vergreis
Oct 20, 2013
Oct 20, 2013 at 1:17 PM UTC
met nat oë en stem rasper-hees
sal sy my eers
met kaneel en gemmer genees
met swaar lyf en kop wat klop
salf sy my eers
met heuningwoorde gesond
en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei
bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei
met die seer wat nog so rou in haar talm
bid sy eers die onrus in my kalm
en ek weet saans ween en woed
onverbiddelike storms
in haar gemoed
en dan soggens uitgespoel en broos
is sy nooit te swak om haar kroos
eersmaal te troos
vir speelgrond wond of hart wat breek
terwyl daar dubbeltjies soveel dieper
in haar insteek
die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het
vir elke afvlerkkind
die lyntjies waar sy op die mooiste wyse
haarself met ander verbind
waar sy soveel ander se seer verberg
ten spyte van alles wat dit van haar verg
hier sit ek stil en verwonder my
aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC