"gemoed" poems
Ek skrik die 10de Augustus wakker.
Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg.
Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker.
Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg.
Vaagweg **** ek, "I look to you"
"And when melodies are gone"
"I hear you in a song"
Ouma was ons eie Whitney Houston
Haar sterk gees was ons rots.
Al het ons met tye lekker koppe gebots.
Sy was my vestiging, ons familie se trots.
Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou.
Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou.
Ouma se omgee het my soveel keer gered.
Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed.
Mag die voëltjies altyd bly sing
Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring
Ouma was altyd bereid om te help
Vol genade het ouma, harde harte versmelt
Mag oupa altyd verlief bly
Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry
'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal
So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal
Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is
Al sit ek heel wat die potte mis
Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer
Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer.
Dankie vir elke koppie soet tee
Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee
Dankie dat julle vir my alles kon gee
Dat hulle harte net liefde kon skree
Dankie dat ouma my veilig kon hou
Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou.
Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou.
Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
Aug 16, 2018
Aug 16, 2018 at 2:52 AM UTC
my engel sonder vlerke,
jy het onverwags jou verskyning gemaak
my hart geneem
sonder om eens aan my te raak
met my hart op my mou
al was ek soveel keer gewaarsku
tog voel ek só veilig by jou
my engel sonder vlerke,
ek wil weet wat laat jou lag,
*** om jou gemoed op te beur
as jy nie kans sien vir die dag
ek wil weet *** jy koffie drink,
jou hartslae per minuut
en waaraan jy elke sekonde van die dag ****
my engel sonder vlerke
met jou groenbruin oë
en mooiwees glimlag
laat jy my weer in sprokies glo
vir jou doen ek alles,
sonder om ‘n oog te knip,
net oor ek oor jou mal is
alles net vir
my engel sonder vlerke.
Dec 24, 2020
Dec 24, 2020 at 12:49 AM UTC
Blompen ; dompen
My pen lè los in my hand ,
Bibberend soos 'n straatkind in die kou;
Net so blinkoog - net so hol,
Vol drome wat in die agterkop brou
Maar die ink loop hortend oor die blou
Treinspore, mompelend soos 'n man
Wat die vreemde dialek van opgee praat
En sy laaste vloek op die hemel inspan
*** sku sluip die musa in die skemerson
Waar net echoes van haar in die droewige letters lê
En die gebeendere van hol woorde waai met die wind
Tot waar sal net die uitgedroogde môre kan sê?
My pen is nietigvaal teen die goudskrif teen die muur
En hunker uit desperaatheid na 'n siggaret
, want die ander het vere en woorde wat vlieg...
*** skep ek 'n wereld met die dors pen wat ek het?
My môre lyk puntloos en onvoltooid.
My gemoed knak en splinter oor die papier.
Die ink loop meer kunstig onder fisika
As die hand van die skrywer, Die verlepte Angelier
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:41 AM UTC
My vingers jeuk om iets te skryf
My hart bloei storms
Maar my vingers jeuk
My gemoed eb en vloei
Maar my vingers jeuk om iets te skryf
My siel hammer verwoed teen my ribbekas
En my vingers jeuk om te skryf
My pen hunker om te vloek
Die swart ink wil die wit vel breek en skree
My polse wil huil
My longe wil verteer
En my nek wil omhels word met n tou
Maar my vingers jeuk om te skryf
Ék kan nie díe jeuk krap nie.
Dít klou aan mý wese
En dít krap mý verstand
En ek bloei waansin
En ek wil skree vir die maan
En ek wil vloek tenoor die son.
My vingers jeuk on te skryf
En ek gee in tot die demoon
Wat honger na n stem.
Iewers sal my woorde weer
N lee papier vind...
En dan kan ek sy lastergille tem.
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:53 PM UTC
met nat oë en stem rasper-hees
sal sy my eers
met kaneel en gemmer genees
met swaar lyf en kop wat klop
salf sy my eers
met heuningwoorde gesond
en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei
bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei
met die seer wat nog so rou in haar talm
bid sy eers die onrus in my kalm
en ek weet saans ween en woed
onverbiddelike storms
in haar gemoed
en dan soggens uitgespoel en broos
is sy nooit te swak om haar kroos
eersmaal te troos
vir speelgrond wond of hart wat breek
terwyl daar dubbeltjies soveel dieper
in haar insteek
die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het
vir elke afvlerkkind
die lyntjies waar sy op die mooiste wyse
haarself met ander verbind
waar sy soveel ander se seer verberg
ten spyte van alles wat dit van haar verg
hier sit ek stil en verwonder my
aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC
Onverwags verskyn prag voorwaardelik
Verdoesel my ongemaklike donker twyfel
Natuur bekoor beskeie knus veranderlik
Herinner koel met bot kleurvolle bloeisel
Koester sigbaar aarde hart soet met vrolik
Landskap verwelkom lag lente groen raaisel
Verlig gemoed swaar wat was ondergeskik
Verkwik vaal winter koue geil met verskansel
Blommeryk kyk spruit uit kyk! Is dit nie Wonderlik?
Jul 24, 2020
Jul 24, 2020 at 6:26 AM UTC