"gegee" poems
ek het iemand nodig om namens my te bid, te pleit
my gebede val soos ouds op dowe ore ongehoor
ek voel oud en alleen uit gesmyt
ek het nou op gehou pm te glo ek kan toor
ek het ver geval en seer gekry
ek het op gegee op my
my kop en my lyf probeer mekaar so ver moontlik vermy
weereens het ek myself verloor
ek is te moeg om op te staan om weer te begin soek
ek is bang vir die kry, die kruis verhoor
ek voel teen gekant en vervloek
ek is niks nie anyways
Jul 8, 2015
Jul 8, 2015 at 12:02 AM UTC
Nog n jaar is verby, waar gaan die tyd dan heen?
Ek was klein en toe verdwyn n paar jaar.
Toe is ek groot en het skoon vergeet van dinge wat verby is.
Ywerig om groot mens te wees was alles tevergeefs want nou dat ek is, wens ek vir n lewens rewind in my mind, om alles weer van voor af te beleef soos gegee was aan my voor die groot mens wees wens. Dankbaar vir genade van bo vir n lewe so groot en ryk vol pragtige mense en wense.
So se ek dan dankie, dankie vir klein en groot, vir die hulpende hande in my lewens boot vir nog n jaar wat sowaar verby is. 2016-08-14
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:23 AM UTC
Die velde en berge le honderde myle ver, oop tot by die horison.
Al wat ek sien is gras, klippe en bome, en drome van n lewe so vry ver in die valley, groen van reen en geen besoedeling van die besige lewe so ewe of dit al is wat ons het…
Die vlaktes bring my gedagtes na n rustigheid.
Ek kan ver sien so asof ek my lewe kan sien, die rustigheid wat dit verdien.
Ek sien die klein dingetjies raak soos die veldblomme wat blom met n glimlag dag na dag, n lady bug op die tak, die springkaan op die blaar, die miere wat trots hulle kos by mekaar maak vir swaar dae.
Doudruppels vroeg oggend net so na die sonsopkoms…
Dan voel ek dankbaar, dankbaar vir n lewe wat gegee is sonder vrae
Danbaarheid vir n Skepper van mens en natuur. 2016/01/24
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:40 AM UTC
In die hart van Afrika se suidegrond,
Styg ’n taal, sterk en bond.
Diep in son en sand,
Stemme dra oor hierdie land.
Afrikaans, die taal van hart en kin,
Gevleg met stories van waar ons was en bin.
Van boereveld tot stad se straat,
Sy ritme sterk, sy klank hard.
Woorde wat van berge hoog weerklink,
Stories oud, na die hemel gesink.
Met elke “sê,” ’n belofte gegee,
Van erfenis wat nooit sal verdwyn.
Ons taal sing van lag, van trane en vrees,
Van stryde gewen en drome geheg.
Al verander die tyd, al rol die gety,
Afrikaans bly staan, sterk en vry.
So hef jou stem, laat dit luid wees,
’n Lied van trots, ’n taal om te lees.
Want in elke frase, elke woord en rym,
Dra ons ons Afrikaans, deur elke tyd.
Nov 5, 2024
Nov 5, 2024 at 1:54 PM UTC
alles
wat ek nog ooit
wou gehad het
het klaar deur my
vingers gevloei
alles
waarvoor ek nog ooit
gevra het
is gekry
en voor gebloei
alles
wat ek nog ooit
gegee is
se waarde het aanhou
groei
al wat ek kan sê is
dankie
soos die lewe
deur my gloei
Mar 16, 2022
Mar 16, 2022 at 1:05 PM UTC