Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"gedoen" poems
Voel jy ook soms asof die wêreld na 'n einde kom Niks maak meer saak nie Niks het meer waarde nie Al wat oorbly is nou Alles voel so lank gelede Die jare het verby gevlieg Hier staan ons aan die einde van 'n reënboog En na alles wat gedoen en gesê was Kruis ons paaie weer mekaar 'n Bittersoet versoening Ons het 'n kronkelpad geloop Ons het tydelik ontspoor Maar nou verstaan ons mekaar Niemand is tog so anders nie Ons het meer ingemeen as wat ons kon droom Maar dit was 'n stryd Net om te vind dat ons tog so eenders is Tyd gemors, tyd verloor Hier staan ons nou op die laaste spoor Die fluit het geblaas Die treine rol in Treine wat mekaar gemis het Treine wat behoort aan mekaar
0
Jan 17, 2025
Jan 17, 2025 at 6:06 AM UTC
Treine
Skryf poësie in die sand Dis altyd soeter deur jou hand Sien *** die letters smelt as die gety inkom Dis nou te laat om weer huis toe te kom Kom ons hardloop in die nag Wilde harte is op jag Vasgedruk hier in mekaar se arms Lê ons veilig, bly en warm Ek wil jou vra, kan ek soen jou op die bek Soos ons gedoen het toe ons nog verliefdes was Om vriende aan die einde van dit als te bly Was wat ons wou, maar dit gee geen vrede nie
0
Apr 17, 2023
Apr 17, 2023 at 12:35 AM UTC
Vriende aan die Einde