Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"gedig" poems
Is moeilik om te begryp, en nie rerig mooi nie. Dis 'n spoegspat soos 'n herrie- 'n gemmors wat langs die kar staan en bedel. Dis 'n gemoedsbekakking... ag verskoon tog verswakking soos die breakdowns innie gossip magazine. Ag shame , hulle dra ook maar swaar aan society se crimes en al dai drugs is maar ommie pyn te verlig. Kyk nounet daar , sterre wat pyn , is seker maar 'n metafoor. Vir wat? Se jy my! Jy wat my analiseer en dissekteer... want daar is geen meer sterre wat pyn nie, die woorde wat rym ennie ander goeie goed is lankal van alle kleur bevry in my agterkop waar dit donker is soos 'n land waar hoop 'n feeverhaal is. Dis te donker om nou te rym, maar te donker om in te hou... so ek sny maar die kanker stuk vir stuk uit en bloei nonsens-ink op die blaai. Aan die einde is dit nie net die gedig nie. Dis die ganse wereld wat rym. Elke herrie en spoegspatter elke gerookte ster en hartseer kokkedoor ek , jy - ons almal is 'n gedig. Ons almal rym... ons is net te moeilik om te verstaan en nie altyd mooi nie.
0
Jun 9, 2015
Jun 9, 2015 at 5:07 PM UTC
Gebroke rym
Ek skryf vandag ñ gedig ñ gedig sonder emosie sonder enige gevoel want soos ek nou voel voel ek leeg, leeg sonder jou... So ek skryf ñ gedig ñ gedig sonder jou maar wel vir jou... ñ Gedig wat wil sê Ek hou van jou Ek is lief vir jou Maar waar is jy nou...
0
Nov 6, 2017
Nov 6, 2017 at 1:59 AM UTC
Sonder jou
Is liefde ñ keuse of is liefde ñ gevoel En *** moet ek dan voel om liefde te voel... So sê my is daar iemand vir my bedoel of is liefde net nie vir my bedoel En het jy dan al so gevoel Want miskien en net miskien is ek en jy vir mekaar bedoel nie deur keuse, maar deur gevoel...
0
Nov 6, 2017
Nov 6, 2017 at 1:54 AM UTC
Gedig aan niemand
N man kan ook net soveel vat. Of kan hy meer? Stof vergader in my kern My bene toe onder n wit sy net. N hartklop van gewigte wat val, My teen die bed vasdruk. Elke versreël eindig met n punt. Elke strofe sonder rym. Dit is nie n gedig nie, So hoekom hou ek aan met skryf. In n amper-liefdesbrief: N deuntjie sonder noot. *** okal die besonderse seer. In my antwoord wil ek skree. Ek stagneer jou meer, maar stilstand is my dood.
0
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:52 PM UTC
Stagneer jou meer