Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"gebroke" poems
Is moeilik om te begryp, en nie rerig mooi nie. Dis 'n spoegspat soos 'n herrie- 'n gemmors wat langs die kar staan en bedel. Dis 'n gemoedsbekakking... ag verskoon tog verswakking soos die breakdowns innie gossip magazine. Ag shame , hulle dra ook maar swaar aan society se crimes en al dai drugs is maar ommie pyn te verlig. Kyk nounet daar , sterre wat pyn , is seker maar 'n metafoor. Vir wat? Se jy my! Jy wat my analiseer en dissekteer... want daar is geen meer sterre wat pyn nie, die woorde wat rym ennie ander goeie goed is lankal van alle kleur bevry in my agterkop waar dit donker is soos 'n land waar hoop 'n feeverhaal is. Dis te donker om nou te rym, maar te donker om in te hou... so ek sny maar die kanker stuk vir stuk uit en bloei nonsens-ink op die blaai. Aan die einde is dit nie net die gedig nie. Dis die ganse wereld wat rym. Elke herrie en spoegspatter elke gerookte ster en hartseer kokkedoor ek , jy - ons almal is 'n gedig. Ons almal rym... ons is net te moeilik om te verstaan en nie altyd mooi nie.
0
Jun 9, 2015
Jun 9, 2015 at 5:07 PM UTC
Gebroke rym
Dit is die trane wat niemand sien nie Die seer wat niemand voel nie Dit is die koue gevoel in jou hart wanneer jy van buite af inkyk *** almal lag Dit is die eensaamheid op naweke Die stilte wanneer jy skree Dit is die afwesigheid van n warm hand Die oorblyfsels van n gebroke sielsband Dit is die spasies tussen jou vingers Elkeen n herinnering van n tekortkoming Dit is die koue winters alleen Die somers spandeer onder skaduwee Dit is die hinkering na "ek is lief vir jou" briefies Die drome oor die "ek is trots op jou" soentjies Dit is al die gebroke beloftes Die "liefde met voorwaardes" Dit is die idee van *** alles moet wees Wat keer dat jy gelukkig is Dit is die wonde wat brand wanneer jy dalk mag glimlag Om jou te herinner van jou seer se mag Dit is die donker aande sonder sterre Jou dood stille foon op die moeilikste tye Dit is die konstante bevraagteken van jou waarde Die "gaan nie eers probeer" nie's Omdat jy voel niemand sien jou raak En skielik is gelukkig wees, n verbode taak Maar dit is die leemte in my hart Die swaarte krag van al die vrae Die "Opsoek na die vermiste stuk van my legkaart" Wat die hartste praat Dit is die gewoonte om te voel jy misluk Dit is die "minderwaardige" plakker in die plek van jou gesoekte legkaartstuk...
0
May 12, 2014
May 12, 2014 at 12:25 PM UTC
legkaarstuk
Gebroke sit ek my hart vol emosies my gesig uitdrukkingloos Di masker groei vas- almal **** ek glimlag maar my hart skree van pyn my siel staan snikkend en my glimlag verlore! ek wonder oor liefde ek wonder oor haat wnt in hierdi eensame wereld gryp ons almal na hoop verwagtend di antwoord le daaragter ek verlang na jo stem ek mis jo oe op my en ek wil nt luister *** j asemhaal wnt sonder jou voel ek leeg! So hier staan ek mt my hart in my hande... hopend jy gee wel 'n bietjie om...*
0
Oct 10, 2013
Oct 10, 2013 at 3:50 PM UTC
GeMaskerde hart
Daar is niks meer om te sê nie Ek weet nie wat ek wil hê nie Daar is niks meer om te sien nie En alles raak nou blou. Laslappies las komberse Nie die gebroke mense Of stukkies glas Van ń siel wat lankal nie Meer pas nie. Maar dit keer my nie Dit steur my nie En ek sit en naald my Lugkastele aan my vel. Ń Asjmykomal op my voorkop En ń golden great marriage Op my linkerhand. So spaar maar my lawaaiwater En bring die tissues Ons celebrate later My twintowers en Ander airplane-related issues Dit is 11 September in my hart Daar is niks meer om te sê nie Ek weet nie wat ek wil hê nie Daar is niks meer om te sien nie En alles raak nou blou. Bou nog ń lugkasteel Vir jou. Dit is altyd 11 September in my Hart
0
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:08 PM UTC
11 September hart
Weenlied, weenlied Op ń valse noot Handel oor siekte En eindig in dood Gebroke verwysings Probeer jou lei Maar jou wysie is af En jou ritme te lui Weenlied , oh weenlied My hart pleeg hoogverraad In my soektog na jou. Tragedies en ellende Ñ treurspel aanskou Deur die wyses Die edel Die harlekyn sluk ek jou suur woorde Saam met soet rosé wyn
0
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 5:29 PM UTC
weenlied
Verlate gebroke hart haar gesig staar verlam net die liefde hou vlam tot-dan wag sy in vergange woude gegrond op verlange. Broken-hearted alone her face a-glare of tragedy a slave to love waiting on tinder in forests of decay grounded on cinder.
0
Jan 7, 2023
Jan 7, 2023 at 4:53 PM UTC
Verlange / Yearning
soms breek ‘n hart oop wat binne was bloei uit deur skeure en krake wat buite wag skiet wortel in diep vars gate ‘n gebroke hart is ‘n vrugbare plek plant versigtig gee mooi water
0
Mar 2, 2019
Mar 2, 2019 at 1:48 AM UTC
groei