Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"gebak" poems
Rooi rosige wange En n eerlike mond n Hart van goud My Ouma Ek sal nooit ooit my Ouma met Rooi wange En die mooiste glimlag vergeet nie En jou lag Jou stewige lag Jou Hart Wat so vol liefde was My Ouma Ek sal nooit vergeet dat dit was jy Wat vir my afrikaans geleer het Ek het dit altyd met jou gepraat My Ouma Jou geselskap was altyd eerlik En jy het altyd my hart verstaan My Ouma Wat so lief vir Facebook was My Ouma Van muis stories En my Ouma saam met Wie Ek gebak het My Ouma Van rose My Ouma Van liefde My Ouma Van lang goodbyes En altyd ons ding Waar ons het gese Ons is so lief vir mekaar My Ouma Ek sal altyd dankbaar wees Vir ons tyd saam My lieflike Ouma Ek sal jou met Rooi wange En blou grimering onthou My regte egte Ouma Ek sal jou lag altyd **** En jou laaste glimlag sien En lippe Wat gese: "Ek is so lief vir jou, my skat. Altyd." Ouma Ek sal jou nooit ooit vergeet nie Ouma Ouma My mooiste ouma Van rose En Rooi wange. Totsiens my Ouma
0
Jul 4, 2016
Jul 4, 2016 at 4:14 AM UTC
My Ouma
reëndruppel, reëndruppel val van die hemels reëndruppel, teerdruppel my hart vir vergifnis bedel reëndruppel, veerdruppel op my hart val sag reëndruppel, meerdruppel 'n storm in jou mag reëndruppel, keerdruppel wag, hy kom nou reëndruppel, leerdruppel 'n brood gebak, steeds rou
0
Oct 21, 2017
Oct 21, 2017 at 12:57 PM UTC
nat.(afrikaans)
So ver ek loop ruik ek die droogte, die son se gebak, maar ja  ek loop met gemak, al vinniger en vinniger die pad langs. My droom het waar geword om n ver pad langs te stap en te gesels, met wie anders as met myself, die wind, die vertes en die mindere gebergtes. Die wind waai om my heen, dit kreun en steun, maar dit leen my n tyd vir alleen wees in my gedagtes, ag daar is net geen klagtes. Soos ek stap lag ek klip hard want my hart voel so vry, so vry soos die wind wat my verby kry. Dan haal ek die wind weer in en sing n lied van blydskap teenoor my Heer, my dapper Held en stap Maat. Soos die dae verby gaan en die vertes nader kom, verstom ek my aan my hart se gejubel van blydskap en geluk. My hart is vry so ver soos die oog kan sien, ek loop in vreugde en gemak, dag na dag  in n natuur so hard maar tog so sag. My hart smag na my liefde, die maat van my lewe, so ewe te vroeg weg gevat, maar stap, stap hy saam en ons hou net aan en aan tot ons weer by mekaar gaan staan in n veld van omhelsing en blye verwelkoming, hand aan hand net aan die Anderkant. Ja my hart is vry so ver soos die oog kan bedui..... 2017-11-08
0
Dec 3, 2017
Dec 3, 2017 at 7:55 AM UTC
My pad, pad langs.........