"elkeen" poems
Met boeke vol helde, soos ek en jy
Potgieter, Trichardt, Smuts, Kruger selfs De LaRey
Almal met die doel, om hul volk te bevry,
Die Afrikaner, uit te brei
Om hul families, van leiding te bevry
Selfs, De LaRey
‘n Lafhart, wou eers nie beklei
Later die held, wat die boere, verder wou lei
Familie man, vader seun broer en gesant
Ja, die mense was ook bang
Maar met passie,
Met drang
Met dit wat slange vang
Het hulle als aangevang
Kyk na jou vriend
Kyk na jou maat
Kyk na die, anderkant die straat
Dis jy, wat hul toekoms baat
Dis jy, wat hul vereen, ou maat
Die Afrikaners, was plesierig
Dit, kan julle glo
Nou gevul, net met gierig
En al hul misnoe
Ja, dit kan julle glo
Waar is ons eendrag
Waar is ons mag
Waar is die dae, toe ons nog lekker kon lag
Waar is ons helde, van vandag
‘n Held, in elkeen wat die taal verstaan
Elkeen, wat n weg vir Afrikaans wil baan
Elk, wat sy man wil staan
vir die taal, wat min verstaan
‘n Kultuur, wat net ons verstaan
‘n Kultuur, so ryk aan helde soos ek en jy
Helde, wat die Afrikaner wil bevry
Helde, wat nie bang is om te baklei
Helde, soos ek en jy!
Oct 23, 2010
Oct 23, 2010 at 2:36 AM UTC
Ek het die siek gewoonte om oog op te slaan
en die nagprag te aanskou met digters-oog
wat 'n ster van elke mens wil maak
en elkeen wil bekoor, maar
selfs al span ek al my mag in
is daar een ster hoog verhewe...
Daar sit die ster op 'n tuinstoel troon ,
oe betowerer deur die vuur
andag gestrek deur die ganse heelal
- orals behalwe hier,
waar ek soos 'n straatbrak honger kyk,
aan die voete van 'n ster
*** almal bietjie aandag eis
*** almal van jou kry
maar ek soos 'n een aand wonder
uitteer aan jou droewe stilswy
My slapelose nagte
maak my van die drome vry
want in realiteit, al kyk ek vir die sterre,
kyk hulle soms verby.
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:44 AM UTC
Dit is die trane wat niemand sien nie
Die seer wat niemand voel nie
Dit is die koue gevoel in jou hart
wanneer jy van buite af inkyk *** almal lag
Dit is die eensaamheid op naweke
Die stilte wanneer jy skree
Dit is die afwesigheid van n warm hand
Die oorblyfsels van n gebroke sielsband
Dit is die spasies tussen jou vingers
Elkeen n herinnering van n tekortkoming
Dit is die koue winters alleen
Die somers spandeer onder skaduwee
Dit is die hinkering na "ek is lief vir jou" briefies
Die drome oor die "ek is trots op jou" soentjies
Dit is al die gebroke beloftes
Die "liefde met voorwaardes"
Dit is die idee van *** alles moet wees
Wat keer dat jy gelukkig is
Dit is die wonde wat brand wanneer jy dalk mag glimlag
Om jou te herinner van jou seer se mag
Dit is die donker aande sonder sterre
Jou dood stille foon op die moeilikste tye
Dit is die konstante bevraagteken van jou waarde
Die "gaan nie eers probeer" nie's
Omdat jy voel niemand sien jou raak
En skielik is gelukkig wees, n verbode taak
Maar dit is die leemte in my hart
Die swaarte krag van al die vrae
Die "Opsoek na die vermiste stuk van my legkaart"
Wat die hartste praat
Dit is die gewoonte om te voel jy misluk
Dit is die "minderwaardige" plakker in die plek van jou gesoekte legkaartstuk...
May 12, 2014
May 12, 2014 at 12:25 PM UTC
Eina! Die prikkel van n naald
Gif vloei soos water in my lewens-strome
Val my liggaam aan met geweld
Die skeur en afbreek van my drome
Elkeen voel ek
Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld
Dis die knop wat als begin het, nee
Die trek van n kanker stokkie
Die waarskuwing op die boksie gee mee
My lus kon ek nie meer hou nie
'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn'
**** ek soos die rook diep in my longe verdwyn
***** is my voorland
Ek kan lankal nie meer op my bene staan
My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan
Ek is skaam, so so skaam
Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil
Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil
O dood, ou vriend
Vir my kan jy maar kom haal
Ek wag al maande vir jou,
Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal
Hy was erger, soveel erger as ek
Sy are het al begin kraak
Na Elke inspuiting, of behandeling
Het hy op alles gebraak
Ek is amper daar, ek voel dit aan my
Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC