"eintlik" poems
ek het ware liefde i for true love
my hele lewe my whole life
gesoek searched
totdat ek ontdek until i discovered
dat die liefde that the love
moet binne in begin must begin inside
as jou pad onseker is if your path is uncertain
en jy weet nie wat jy and you dont know what you
wil eintlik he nie really want to have
dan wandel jy tussen then you wander between
die bosse met the forests with
dorings wat jou thorns that
steek *****
as jy stil sit if you sit still
en reflekteer and reflect
sal streke van lig streaks of light
en ontdekking and discovery
uitskyn shine out
die bosse sal tans the forests will still
daar wees be there
maar jy but you
kan die can
pad manage
bestuur the path
as jy jou hart agtervolg if you follow your heart
Jan 27, 2012
Jan 27, 2012 at 11:42 PM UTC
Jy het die son gaan haal
Toe dit nag was.
Oor die horison gedraf
En hom terug gesmokkel in jou tas.
Jy het hom net hier , skuins
Bo ons koppe gehang.
Sodat ek jou altyd kon sien
En nooit moes verlang.
Maar die maan het my bygebly
Haar geduldig in my skadu toegevou
-N fluisterstem in my oor
"Kyk, hy mors met jou"
Jy het die son gaan vang
Toe dit nag was
En in sy lig
Sien ek toe , wie jy eintlik was.
Jy het die son vir my gaan haal
En gedink as jy loop
Ek in sy skerp lig sal verdwaal?
Maar toe jy gaan toe hunker die maan
Sy het my trane weg gevee
En ek het saam met haar gegaan.
Gister sien ek jy kom aangedraf
En jy sit die son in jou koffer.
Toe jy weer oor die horison verdwyn
Lag ek en die maan, oor jou nuutste slagoffer.
Jul 20, 2016
Jul 20, 2016 at 1:05 AM UTC
en nou dat alles
uitgespoeg is
kan ek weer begin
om te ontdek
wie ek eintlik is
ek moet regop
op my eie voete
staan
bereid vir die storms
en kalmte.
and now that everything
is spat out
i can begin again
to discover
who i essentially am
i have to stand up straight
on my own feet
ready for the storms
and calms.
Nov 10, 2011
Nov 10, 2011 at 10:10 PM UTC
Vrees,
vir die geordende paar letters wat jou naam uitspel.
Vrees,
want jy bedreig my geluk soos 'n dors parasiet.
Vrees,
vir die monster wat jy in staat is om te wees.
Angs,
jy maak my bang, jou kaarte is onvoorspelbaar
en jy speel satireis sonder reels, grense of stippellyne vervaag
tussen wat joune is en wat bly eintlik myne.
Angs,
jy vat en gee dinge wat moes bly,
jy kom en gaan en verwoes
ons bly agter, 'n stukkie gronderosie
hou op,
want ek is nou moeg.
Angs,
want jou griewelike vure brand helder warm,
ek is bedek met die paraffien wat jy oor my uitgestort het.
Leuens,
jy wat gevul id met ongesonde nyd
raak jy nooit moeg,
om so vieslik te verwoes?
'n Onverdiende tug
beloon my met somber wanhoop
Ons almal nodig nou 'n bietjie rus,
die leemte wat jy vul sal ons nie maklik mis.
Sep 10, 2012
Sep 10, 2012 at 5:53 PM UTC
Soos die maanlig steel deur die loetjie in my gordyn
Sluip jy my gedagtes in so net voor ek aan die slaap raak
So asof ek ewe skielik van jou bewus word
Terwyl jy eintlik al die heeltyd oor my **** streel
en saggies in my oor fluister oor dinge wat my hart vinniger laat klop
Of, verbeel ek my al hierdie dinge
En is my laaste asem voor Klaas Vakie my wegneem niks meer
As gewone naggeluide en n kwynende gewelfd..
Nov 26, 2012
Nov 26, 2012 at 3:08 PM UTC
Kyk met horlosie swaai
kom wysheid , op een of ander manier...
Wanneer hardebaard hardehout fyn skuur
en boeta begin skuim pis-
dan is dit mos als goed en wel...
Jy's nou volwasse en verandwoordelik
vir jou kak, vir my kak en sommer die kakbak...
... en dan mag jy mos nou nie bloedkook nie
want daardie potte kom moeilik skoon
en behoed jy kort van dtraad raak
want as iemand nie aan jou been trek nie - wel ja
maar soms kom daardie klein
snotkoppie gees deur
as ander "volwassenes" vergeet
om die plooie die dag aan te plak.
Dan draai alles terug
en ek wens dat ek weer oud en koud
onder die kuwe kon raak,
want demoer in raak ek gougou
vir grootmens doeke en dommies.
Kyk ,sommige kak
moet maar net kinderkak bly,
want as my kinderhart weer vlam vat
is ek weer die duiwel se kind.
Dan draai ***** en giggles vinnig om
en wys ek *** snaaks dit kan wees
as mense val en seerkry.
Laat ek nou maar asemhaal
my das regtrek en heut...
ek is nou groot,
moet mos eintlik van beter weet.
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:49 AM UTC
Kom ons wees oppervlakkig
Kom ons verbeel ons dit was niks
, 'n nag vol stampe en stote
dis al , - dis al
Kom ons wees naief
en jonk en dom
, en ... ag ek weet nie
ons leef mos net eenkeer?
Kom ons wees koud en
hard, soos die plaiveisel
en die mure waarteen jy my
vasgedruk het as ons soen!
Kom ons bou vir maande
aan iets en verloor dit
in jou hortende stem
wat soms die sprong
oor die berge kon maak,
maar nou wegkwyn in
kuberstiltes -stiltes -stiltes
waar jou ***** se echo
in die verlede verdwyn.
Waar is jy nou?
Nou dat my are al
lintend- swerwend in
die wind agter jou wapper
en my hart knus in jou
glas bottel le...
nog 'n glas bottel,
was al wat jy werklik wou he.
Kom ons wees verlief
Depressief
Agressief
Neem inisiatief en
vergeet van my...
,want diep binne
het ek jou
nog eintlik lief...
Hello Genisis
Kom ons wees oppervlakkig...
Jun 3, 2014
Jun 3, 2014 at 6:10 AM UTC
Stilgebore in afwagting op
'n môreson uit die legendes.
Die hoopswyg net voor aanvarding
, wanneer selfs vader tyd verboureerd bly staan.
Die onvoldoende doods-uur
Tussen die hap van n gifgoue appel
En die val van onskuld en skoonheid.
Die tingel in die vingers
van die Engel in swart,
nóg genoeg om te gryp
-Nóg genoeg om te los
, net genoeg om in die huiwer te dros
Dus dood wat geduldig
die venster bewasem.
Trek drogbeelde uit skadu's
Soos n laaste asem...
Dis nog hier, nog daar-
Nog vals, nog waar
En ons almal is n kat in n doos
- wandelend in beide lewe en dood
, want die verskeie dimensies
Is maar eintlik grensloos.
Die paradoks van einste bestaan
Word gekonsentreer in n tydstip
Van alles verstaan.
Dec 5, 2014
Dec 5, 2014 at 12:00 PM UTC
Sy vra: "Hoekom is jy nou so n non"?
Ek sê: **** is mos eintlik net vir die lewendes".
Ek is my eie memento mori.
Jy is die oorsaak van dood.
Laat dit so op my graf geskrywe staan:
-Hier lê die skerwe van iets amper heel-
,want nou sit ek weer aan jou tafel
en my laaste maaltyd is n herkouing
van spoegsels vergete tye saam met jou
En ek kou en ek kou en ek onthou:
*** warm jou hande was teenoor jou hartskou
, *** gretig jy was om my vas te hou
en na die tyd toe te snou.
"Ek sit nou waar jy gesit het"
, grinnik jou wellus oor die porselein rand
en ek wil vir jou sê staan op en gee vet
want almal wat daardie stoel beset
wals met die noodlot en wink vir seer.
"Kom ons probeer , nog n keer"
Sê jou hand langs jou ritsluiter
, maar ek voel n veer
, want kadawers ken nie lustigheid nie
en ek is oorgebalsem met n gelofte.
Los die dooies dat ons rus,
Los daardie "ons" begrawe in die kis.
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:51 PM UTC
Die son het geskyn oor die more
van ons mense,
terwyl die mis stilletjies inbeweeg oor hierdie toe nog rustige waters,
Ja wit skuim soos 'n skim
was met duisende
jare van ons voorvaders se rus en vrede verwelkom.
Met bloed van verwoerd het die wit skuim en die skim gesien hierdie paradys is vir hulle baie goed en met 'n spieel en versteekte dolk en drank
agter die kraag
ons"primatiewe volk" se gehee
sistematies
vertraag, belieg, omgekoop
verslaaf
verkrag
vermoor
ultemiet
ook
soos 'n dwaas
heeltemal
verplaas.
.
Die son skyn oor die more
van ons mense terwyl die mis
stilletjies uitbeweeg oor hierdie
onrustige waters, honderde jare
van marteling kan jou brein so
KONDISIOENEER,
om te luister na die valse profeet wat vir jou
dan!!
met
hulle leuns
BEKEER
en
REGEER.
Skrik wakker my mense
dit het tyd geword
om braaf terug te veg vir ons
EER,
want "hierdie pyn"
is van ....lankal af
SEER
.
Jy is eintlik sy baas
Dit gaan oor waar jy jou kruisie plaas,
BRUINMENS
stem!!!
EG
hierdie plek gewaarborg
deur geskiedenis
is
eintlik
JOU
geboortereg.
Sep 7, 2021
Sep 7, 2021 at 2:29 PM UTC