"donker" poems
Is moeilik om te begryp,
en nie rerig mooi nie.
Dis 'n spoegspat soos 'n herrie-
'n gemmors wat langs die kar staan en bedel.
Dis 'n gemoedsbekakking... ag verskoon tog
verswakking soos die breakdowns innie gossip magazine.
Ag shame , hulle dra ook maar swaar aan society se crimes
en al dai drugs is maar ommie pyn te verlig.
Kyk nounet daar , sterre wat pyn , is seker maar
'n metafoor. Vir wat? Se jy my!
Jy wat my analiseer en dissekteer...
want daar is geen meer sterre wat pyn nie,
die woorde wat rym ennie
ander goeie goed is lankal van alle kleur bevry
in my agterkop waar dit donker is soos
'n land waar hoop 'n feeverhaal is.
Dis te donker om nou te rym,
maar te donker om in te hou...
so ek sny maar die kanker stuk vir stuk uit
en bloei nonsens-ink op die blaai.
Aan die einde is dit nie net die gedig nie.
Dis die ganse wereld wat rym.
Elke herrie en spoegspatter
elke gerookte ster en hartseer kokkedoor
ek , jy - ons almal is 'n gedig.
Ons almal rym...
ons is net te moeilik om te verstaan
en nie altyd mooi nie.
Jun 9, 2015
Jun 9, 2015 at 5:07 PM UTC
Met skewe takke,
met 'n krom stam
en die seerste dorings
wat in my vasklou
Daar waar die bloeds
aar le vind ek jou
in die donker nag
met die skeinheilige lig
wat ons altwee verblind
En so ontmoet ons
in die rooi valende duine
met die vonke
van 'n vuur binne my.
Jun 23, 2016
Jun 23, 2016 at 5:46 AM UTC
Wat is
Soet sonder suur
Wat is
Lente sonder winter
Wat is
Lig sonder donker
Wat is
Wolk sonder droogte
Wat is
Kos sonder honger
Wat is
Slaap sonder moeg
Wat is
Lewe sonder dood
Wat is
Ek sonder jy
Wat is
Is sonder niks?
https://blominblou.weebly.com/blog/wat-is
Aug 12, 2020
Aug 12, 2020 at 3:03 AM UTC
Jou boodskappe die sonstrale
wat elke nou en dan my dag wil maak
en ook soms 8 minute vat om by my uit te kom
maar gee lig en lewe in my donker wereld
al is jy miljoene bietjies weg van my af
is jou liefde n warm drukkie wat ek
moeiteloos in elke donker nag
om my bang lyf kan vou
jy wat agter die horison jou eie horison sien
en dalk self die maan met my deel
,van n ander kant af,
dra ek na aan my hart...
soos n tietie sonder nippels
of n bangmaak boek sonder sy stippels....
is my lewe net plein
en puntloos sonder jou.
Jy is my duisend-myle-weg
, maar altyd daar,
chill-jou-guava maaitjie
wat my weghol hart bedaar.
Familie buite stam en bas
bloedloos dalk , maar hegte vas
grenslose vriende oor die wereld heen...
God se grootste seen.
- aan al my vriende wat ver weg bly , maar meer beteken as my eie asem en wat ek dierbaarder ag as my virginity ;) ek is so ongelooflik baie lief vir julle.
Carinda du Toit. Aldridt Koltzow. Marli Roux. Tarryn Forster. Frederik Rudolph van Dyk. en al die ander...
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:51 AM UTC
Dit is die trane wat niemand sien nie
Die seer wat niemand voel nie
Dit is die koue gevoel in jou hart
wanneer jy van buite af inkyk *** almal lag
Dit is die eensaamheid op naweke
Die stilte wanneer jy skree
Dit is die afwesigheid van n warm hand
Die oorblyfsels van n gebroke sielsband
Dit is die spasies tussen jou vingers
Elkeen n herinnering van n tekortkoming
Dit is die koue winters alleen
Die somers spandeer onder skaduwee
Dit is die hinkering na "ek is lief vir jou" briefies
Die drome oor die "ek is trots op jou" soentjies
Dit is al die gebroke beloftes
Die "liefde met voorwaardes"
Dit is die idee van *** alles moet wees
Wat keer dat jy gelukkig is
Dit is die wonde wat brand wanneer jy dalk mag glimlag
Om jou te herinner van jou seer se mag
Dit is die donker aande sonder sterre
Jou dood stille foon op die moeilikste tye
Dit is die konstante bevraagteken van jou waarde
Die "gaan nie eers probeer" nie's
Omdat jy voel niemand sien jou raak
En skielik is gelukkig wees, n verbode taak
Maar dit is die leemte in my hart
Die swaarte krag van al die vrae
Die "Opsoek na die vermiste stuk van my legkaart"
Wat die hartste praat
Dit is die gewoonte om te voel jy misluk
Dit is die "minderwaardige" plakker in die plek van jou gesoekte legkaartstuk...
May 12, 2014
May 12, 2014 at 12:25 PM UTC
Dis stasie was stil
en donker gelaat.
Die nag kwyn in lig
en die dag kry sy wraak.
Die spore le koud
verdwyn op die horison,
en ek wag vir 'n stoomtrein
wat nooit sal kom.
Karre jaag die lewe
in die stad duskant die spoor aan
en 'n sateliet voer ons inligting
vanuit sy ordinere wentelbaan,
maar ek verspeel my tyd
deur hier langs die spoor te staan.
My soeke vir liefde
was waar liefde ontbreek,
soos om te wag vir 'n stoomtrein
of om vir kos te smeek.
Ek soek nou vir liefde
op die verlate stasies
van die vandag se tyd
, maar al wat ek kry is 'n taxi
en die wereld lag my uit.
Ek wag vir my trein.
Ek wag vir jou.
Jun 19, 2014
Jun 19, 2014 at 7:36 PM UTC
En wanneer hou ons piekniek op die maan
- daar waar die son nie meer skyn nie,
kan ek jou donker toevlug wees
as die dag se hitte steek?
en sal jy 'n skadu gooi
oor my en my lieflike hart
ons kan saam met strome swem
as die branders oor ons breek.
Voor vrees jy weer oortrek
en my noodloos in die noodlot agter laat
in 'n eensame straat, van drome
en ander herrennerings wat by my *****
van liefde en so ook my verlede
wat jy veronderstel was om te tem.
En in die gaap van stilte tyding
waar die wysers ons vermy, sing
ek my eensaam lied en vra vir jou...
**** jy die golwe huil vir die koeelronde maan?
Sien jy die spore op die strand?
Waar vat die pad van verdwaaltenis my,
anders as na Jonker se hand.
Vanaand is ek verslae.
Die maan se kind trek pêrels en rol hulle oor die hartseer berge. Vanaand le ek en dryf, terwyl ek kyk na die maan, en die sterre...
sal jy my wolkombers wees
, my glimlag pille vir kersfees,
want ek is dalk te arm
, maar ryklik met jou geseen.
Sal jy my korrel sand , my rooikruis , my boei
want my hart is reeds verweer
, keur my voor ek ook
in die see uitbloei.
Jan 6, 2015
Jan 6, 2015 at 3:41 PM UTC
My kinderjare was
Soetsappige drome
En ek het weggesluimer
Agter suiwer onskuld,
Met ń krag van geloof
Wat my oortuig het dat
My God ook jou God is...
Dat elke pad ń onnodige
Veiligheidsgordel verg
Dat elke beursie ń oneindigheid van R20
Note besit het en dat
Elke graf leeg was na die derde dag
Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde
Uiltjies knip wat my
Tot die meerderheids
Besef van addolosensie gebring het.
Selfs al het ek teen ń
Eksponensiële spoed
Ń volwasse begrip ontwikkel
,Was my redenasie oor die
Hiernamaals nog vaag
Met slaap in die oog
Eers toe daar een
langs my Val
En tien aan my sy
Het die drakoniese deun
Van die doodswek my
Uit my snoesige slaap geruk.
Met elke groef wat nuwe
Paaie teer vir my trane,
Elke silwer randjie wat
Lostrek van die donker wolke
En op my hoof kom rus
Soos die koue staal
Van ń koningin se swaard
Wat my inlyf in die
Sidderende realiteit van grootword en lewe
Nou is die droom verby
Nou staan ek op
En vrees om plat te val...
Ek oes en saai
Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai...
Nou word paaie ń lang gebed
Ter beskerming van my hart
Wat ek so maklik uitdeel
En beursies ń kommoditeit
Wat skree van die honger
Soos die mense van ń land
Wat al sy geloof verloor het...
Nou brand die sand my voete
En die seesout droog my vel...
Nou word wraak ń amp
En liefde ń kombinasie
Van gifte en giwwe
, maar ek sal nooit weet
Wanneer is dit wat nie...
Nou word lewe ń gebed.
Ek het ophou my
Kinder rympies sê,
Nou bid ek pynlik swaar
En hoop dat God
Nog genade vir my en
vir jou Sal hê
Amen
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:44 PM UTC
'n lewe in konstruksie...
dis tog die mees logiese manier om dit te beskryf...
ons bou en bou en bou,
en toets dan die produk.
Maar aan die einde, as ons klaar gebou het...
wat is dan daarvan te kom.
'n Lee huis...
'n stil pad...
en wat het ons van onself geleer?
En wat leer ons van die wereld en mense om ons
, vasgevang in die stryd teen tyd...
niks nie.
Ons het net voor onself uitgekyk
na die vaal stene
en die slukkerige sement.
Watter vreugde het dit vir ons gebring.
Niks nie.
Nee,
ek weier.
Ons is tog hier geplaas met vrye wil.
En iewers langs die pad,
raak almal die pad duister...
en word dan deur die samelewing verdoem.
Die mensdom besluit dan wat van hulle sal word...
In daardie oomblikke is God meer vergete
deur die skares wat saamdrom op die rand van die pad...
die wat lag en vinger wys...
die wat klippe gooi,
as deur die wat die prentjie aanskou.
Soms kort ons 'n perspektief van uit die donker,
om die lig rerig te verstaan...
Soms moet ons eers die genadelose aanraking van die koue voel,
voordat ons die sagte streel van die son oor ons gesigte kan waardeur.
Daar le wysheid in die donker,
want dit is in die donker waar jy aleen is,
met niemand om in jou oor te fluister wat reg of verkeerd is nie.
Net die wind om jou siel te sus,
die stilte om jou uit te rus...
en niemand wat jou god kan wees
of sy woorde
en planne
vir jou kan uitmessel nie.
Die pad het die gevaar geraak.
Dis koud en korrupt.
En ons is dankbaar,
dat ons die kans gekry het om dit te sien,
terwyl ons stadig verswelg word deur die skadu's
en wegsmelt in die donker...
want nou weet ons dat ons pyn maar net 'n gedeelte van die werklike hartseer was...
ons is die gelukkiges...
en hulle loop op die pad na verdoemtenis
Oct 8, 2013
Oct 8, 2013 at 7:12 PM UTC
Yster slyp yster
en staal omhels
in n magtige bymekaarkoms
Die twee spoed monsters
om mekaargevou,
maak liefde, om die trane en seer
Daar was geen flitse
in die donker nag nie
tyd het stil gestaan
maar die hartseer gaan aan.
Yster slyp yster
en dank die Vader
die ronde oe bevat nog kleur
en die gapende monde vloek my
Yster slyp yster
maar my seer is gespaar
vir n ander dag
en 'n ander pad.
Apr 21, 2015
Apr 21, 2015 at 5:25 PM UTC
Dorslip en droogkeel huig ek
in die donker van terg gees middernag
vir die soet nektar name
waarna hierdie barslip hunker.
Skimletters vorm elke klinker
net so ryk soos 'n paar gisters terug.
Pype weerhou om die klank deur te laat,
wat finaal n skerwestorting bring.
Is ek aan n groter soeke om woorde te smee-
wat getuig van verlange en ander leed
,of aan jou invloed die pryseer te gee.
**** jy in heimwee ook dan aan my,
dit is al wat ek wil weet
of het jy ten einde my liefde by n ander gaan kry?
Dec 5, 2014
Dec 5, 2014 at 11:57 AM UTC
Jou eierbeloftes word
In mooi woordjies
En trane spoortjies
Toegedraai
En ingelyf
In die raadsale
Van my helderheid
En my bekwaamdheid
Oor gesonde redenasie
Uit legio self disintigrasie
Ek bêre dit knus
In my eie kluis
Te midde my huis
Ń yspaleis
As ek dit bewaar
Teen die donker gevaar
Wat dreig uit elke
Oordeelsdag
Wat op al die ponde
en onse wag
Elke "ek het vasgeval in verkeer"
Elke "jou wanvertroue maak my seer"
Elke kode woord
Agter die slot op jou skerm
bly jou sondeval verstoord!!
Jou eierbelofte is ń kuikenmoord!!
Dan hardloop ek terug
En kyk na die dop
Wat my toe snou
As ek dit net stywer toevou
, minweted salmonella
En bylepes
Skuil in die amnion
En wurg die blou driehoek
Op ń voortrekkervlag
Eet ek daarvan sal die dood op my wag
Jou eierbeloftes
Jou akkideskak eer
Jou asyn rein liefde
Sal ek bly trotseer
Vergewe my tranedal
Want blykbaar is
Ek net verlief
Op my eie terugval
Apr 12, 2014
Apr 12, 2014 at 10:26 AM UTC
Teen die hange van die berge-nag
Speel die donker op die ligte sag
Die kalm daal op die chaos-stad
Van klank en mense op elke kronkel pad
Dit voer jou mee in 'n sterre mat
In skoon lug met 'n oop kop
Kan gedagtes net vloei en skrop
Aan dinge wat is en kom
Aan mens wees, goed en krom
Aan die eenvoud en dit wat verstom
Woorde lê in 'n niks-wees dwaal
Dis rou, dit is maar net - dis kaal
Net om die stemme wat skree te verlos
Dinge wat 'n uitlaat soek in die kosmos
Dit het ink gevind, soos vuur in fynbos
Jul 12, 2016
Jul 12, 2016 at 4:53 AM UTC
Knuppeldik gaan slaap die stad
na 'n feesmaal van smaak en kleur
vloei die reuke deur die strate
in 'n Brown se beweging van geur.
Alle trommels , trommeldik maar maak 'n lee geraas
en in die donker , agterstrate begin die ander nou te aas
Kom die honger hande uit die sakke
en krap met rook-geel vingernael
soek die skummel in die swartsak
vir 'n laaste dissipelsmaal.
Maar jy is skille , jy is doppe
jy is alles wat laat gril
nie genoeg vir koningstafels maar vir my
net genoeg om die knaagdiere te stil.
Onerfare soos ek is , vat my hongerbrein ook mis
watter mens kan so dan lewe? watter mens kan so dan eet?
van die lykswa en die straatveers
het hierdie boemelaar vergeet.
Ek is mens en nie 'n vark nie,
(al moet 'n mens ook eet).
En stil vergaan die boemelaar
wat kieskeur ook wou wees,
nog 'n straatkind se ou lykie
nog 'n honger kinder gees...
ek wat was het mos gesien
*** kos op tafels lyk,
en het sodanig hart verloor
op kosse kleur en ruik.
Met 'n bord vol knubbels le die lykie
voor hom , onaangeraak.
Al was kos ook wat kos was daar
het hy te lief vir die droom geraak.
Eerder kwyn en dood verslaan
as om die droom te ruineer.
Eerder dood van honger,
as om hierdie kos , as sulks te eer.
Jan 14, 2015
Jan 14, 2015 at 10:37 AM UTC
ek kyk vir die girl in die spieel en wonder of sy weet
*** hard ek probeer om haar te help vergeet
ek se vir haar ek hou van *** sy lag
en *** hoog sy mense wat dit nie verdien nie, ag
sy sug en trek haar skouers op en af
"die lewe is te kort om almal te straf"
se sy terwyl stadig wegkyk
en nog n stukkie van haarself weg smyt
ek fluister sag "as jy so aanhou gaan daar niks oor wees"
antwoord sy " ons is niks meer as vlees en gees
wanneer more kom, beteken vandag nie veel
als verander en tog niks want die son bly geel"
nikseegende donker oe kyk terug na my
ek is bevrees die girl gaan leeg bly
Jul 8, 2015
Jul 8, 2015 at 12:10 AM UTC
Jy ry op die hanekraai
en kom le in my oor.
Jou tree 'n bekende geluid.
Jou teer drafstap deur my drome
maak my seerste monsters stil.
En sus my in 'n doodsluiterse rus.
Jou oe laat my handsaamslaan
op die lumier van meer as een.
Jou aansig maak van my gelowig.
Jou luim is 'n seestroom wat stoot en trek
en ek sit vasgekeer in jou rooi getui
en ek mik dieper , ek mik dood!
My liefste jou aanraak stuur gode
deur my dooie are en ruk my terug
vanaf die donker sluiers.
Jy is die maan, die sterre- nee
die nag! wat om my toevou
en my wieg wanneer my arms na niks gryp.
Jy is die openbaring waarna lewelose streef
en die anker waarna vryes verlang.
Bring my terug, na die gelykstreep,
voor die tyd ons invang.
Ek wil jou prys met woorde
wat God se toorn op my sal bring
maar dit hang aan my lippe
soos ek wag vir more se son om jou te besing.
Dit is my vroegoggend gedagtes,
van my lieflike laatslaper,
wie ek nooit akkuraat sal kan prys nie
, want ek is maar net 'n versotte ou dinkgaper.
Dec 25, 2014
Dec 25, 2014 at 7:21 PM UTC
So word ons wakker in ons tent en dit reen...aggenee!! Maar dis koel en ons voel gelukkig.
Ek is vuil, so amper dat ek wil huil, maar huil van lekker soos n krekker want dis vakansie tyd!!
My hare is so waar deur mekaar, maar wat maak dit saak want niks gaan my keer om vir n gogga te wys *** deur mekaar ek rerig kan weesie...
Tanne geborsel en room half gesmeer, laat die dag begin want dis ons en ons ford bakkie die keer...alweer...
Kies n rigting en so voeter ons daarin...
Saans kom ons by die kamp moeg geploeg die bosse in om nou rustig te raak met n koeldrank in ons hand.
Dan word n vuurtjie gemaak deur die braafste ou ini land om n vleisie te braai vir die fraaiste meisie, hand aan hand.
Mens voel gou dankbaar vir klein dingetjies soos n stort... n warme een, die oop velde of selfs die digte bosse, die veld blommetjies so geel of die gras so lank en groen, die voels so mooi volle kleurrig en die jakkals so skaam maar nuuskirig.
En wanneer dit donker word le daar baie voor soos die uile se geluide, die sonbesies wat hulle vlerkies saam klap of dalk n hihena wat na oorskied kom krap.
So geniet ons die bos vol avontuur gepos net vir ons en ons se dankie aan ons Skepper vir n skepping net vir ons. 2016/03/14
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:32 AM UTC
Dit was daar
Ń knal in die nag
Skerper as die dop-klank
Van dinamiet in dolomiet
En gevaarliker as klapperskiet;
Die knal in die nag...
"Dit was daar op stemdag "
, sê ek.
Dit was... ekt gehoor!
Skiet ek my siel uit
Teen die leë gehoor
"Dankie my bokkie"
,Met x'e gekys
Help nie my hart nie
X'e is ook maar ń tipe kruis
Ñ tipe graf in afwag
Ń tipe nood, ń stille dood.
Dan tref die waarheid my hard
Soos ń gewyde plathand
Van ń skietman of ń doodsman
Dis jou land , dis díe land
Hoekom nou skielik bang?
Ekt dit gehoor, ekt dit gehoor
Ek sweer op die graf
Van die gesneuwelde stem.
Maar nou kom noem-
Moet ek erken...
Ek vrees die geweerskoot
Meer as die galg
Wat stil is soos slange
Wat my wurg en my walg.
Ek is banger vir die knal
Wat die hele buurt vang
As die halfpad val
En heeltyd hang
Soos kleintyd speeltyd
Van rodswaai en my lyfie
Aan toue op hang.
Wats ñ geweerskoot nou
Teen die monsters van binne
Wat klou om te hou.
Raak rustig , haal asem
, toe nou bedaar.
Jy weet mos jou denke
Was maar nog altyd
Jou grootste gevaar.
- wanneer geweerskote in
kopskote verander...
Raak die wêreld donker
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:04 PM UTC
Wanneer het ek die ses maande uitruil program en die arktiese nagskfof aanvaar?
My horlosie het gaan stilstaan in laat nag - donkernag.
My lot op die muur , 'n kraak in die wal...
die spervuur van eros wat rondom my val...
dis al ; dis al - dis al.
Nov 12, 2015
Nov 12, 2015 at 5:42 PM UTC
De zon gaat langzaam onder
En zakt weg in de oceaan
Hier aan de rand van de wereld
Voelt alles zwaarder aan
Of ik nu fluister, bid of schreeuw
Alleen is hier pas echt alleen
De leegte van de horizon,
Slechts de golven om me heen
Ik weet niet waar het water stopt
En waar de lucht begint
De kleuren smelten samen
Mijn blik wazig in de wind
En met de zon daalt het besef
Het leven is als een oceaan
Golven en storm zijn relatief
Als je op het strand blijft staan
Ik weet niet waar het heden stopt
En de toekomst beginnen gaat
Zelfs als alles anders wordt
Is dat vaak te weinig, te laat
Maar als de zon haar licht onttrekt
Aan de branding van mijn bestaan
Verlicht ineens van achter mij
Het schijnsel van de maan
Zo leert een lege horizon dat
De hemel de verste zee verlicht
Zelfs in het donker van de nacht
Biedt U mij helder zicht
Oct 13, 2014
Oct 13, 2014 at 4:54 PM UTC
Drome is gemaak om n lang nag interesant te maak.
Dis n sprokies verhaal van goeie dinge of selfs die slegte.
Van kastele en weelde, n lewe vele meer voor sal soek of selfs drome van cowboys en crooks met perde wat gallop op en af die berge, opsoek na diamante en gewere.
Dan is daar die nagmerries wat mens se hare laat rys, n skrik en n gesnik en wakker voor die wekker en n gewonder wat sopas gebeur het!
n Droom kan beloon, n droom kan verloon, n droom kan waarheid word dit hang af *** jy voel.
Egter klein bietjie raad van n nuwe jaar se digter… droom n droom, leef die oomblik met of sonder die donker nag, want n ware droom is oomblik van waarheid waaruit jy jou kastele kan bou in n ware sprokiesland vandag. 2016/01/26
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:42 AM UTC
Jou woorde is ń vlak graf
Wat doodluiters
Op my pad gevly lê
En wag en lê en lag.
Ek wat onder daglig dommel
, verlore in die uitspansel
Wat uit jou hoop lumier,
Val vinnig vir jou vangwip.
Verval in die verkeerde tydstip.
Thenatos, finato , finaal.
Jy wou nog altyd agter
Jou swart kuil wegkwyn,
En die waarheid en seerkry
En skande ontduik.
Bely jy jou donker aan my?
Ag timmer tog jou naam
In my steun en vergeet nie
Jou pedantriese woorde nie.
*** anders dan nou sal ek
Met engelstem die
Uitloop besing van pederastie.
Onthou my vir my
Donquichoterie,
Want jy is nie regtig
Lief vir my nie.
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:06 PM UTC
Die verwoesting van die velede loop uit in die hede.
Hier waar als tot rus kom met die lug wat soos 'n skarlakenrooi duin al *** stywer smeul, met die spanning klop in harmonie met die donker kol in my hart wat die toekoms verniel. Die bloedsaar le rooi op die horison soos 'n verlore asempie van 'n kind en die gefluister van die wind begin praat in die dieptes.
Die verwoesting le in die rooi lug soos 'n sluier...
Jun 23, 2016
Jun 23, 2016 at 5:36 AM UTC
Onder die laslappie kombers
van die sterre en die maan
het my hart talle male verstik
aan n proetjie eensaam.
ñ koue hart wat reik
Na iets om vas te hou
in bed wat oorloop
Van spasies net vir jou
, maar in die siekbed van die see
Het ek te veel tyd spandeer
Voor n plafon van hoop
Wat met motreen bo my oopskeer.
En in retrospek kyk ek na my bed
Wat nog altyd leeg staan
Nie sonder jou nie
Maar oor die twyfel in my eie bestaan.
My bed was net leeg...
Oordat my hart leeg was
Soos n vol kanvas
Met wit leeg gekwas.
Want ek was daar,
En nou dat ek verstaan
Weet ek die nag is net donker
Sonder die sterre en n maan.
Wat my laat met die vraag...
Was dit die bed of was dit ek
Want wat is werklik leeg-
Die mens , of die plek?
Jul 9, 2016
Jul 9, 2016 at 2:49 AM UTC
Die studies van vraagtekens
wat ons koppe krap
en klont lont laat brand
opsoek na ellipse en vonke spat.
Die wetenskap wat vrae vra
soos die jonges van dae
wat nie einlik wil weet nie
- wat nie die honger vir wonder wil heet nie
-wat uitroep tekens wil uitroep in n vraag
en hoop dat die tronke sal voller word
, want hulle weet n lee kerk is n gebou
en geloof is net te vinde binne jou!
Ek blyk n kenner te wees,
want *** maklik verdwaal ek nie
in n woud van waaroms nie?
As die donker van n liefdelose dag om jou toevou
en jy versekering soek vir jou troesou
van blindstaar en wangdraai,
begin jy jouself toesnou
met vrae soos spieelkrake en lemsnye
ontdek jy die pseuodo metafisika van die siel.
Ek, verkul n wetenskap op my eie.
Dec 22, 2014
Dec 22, 2014 at 2:45 AM UTC