Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"donker" poems
Is moeilik om te begryp, en nie rerig mooi nie. Dis 'n spoegspat soos 'n herrie- 'n gemmors wat langs die kar staan en bedel. Dis 'n gemoedsbekakking... ag verskoon tog verswakking soos die breakdowns innie gossip magazine. Ag shame , hulle dra ook maar swaar aan society se crimes en al dai drugs is maar ommie pyn te verlig. Kyk nounet daar , sterre wat pyn , is seker maar 'n metafoor. Vir wat? Se jy my! Jy wat my analiseer en dissekteer... want daar is geen meer sterre wat pyn nie, die woorde wat rym ennie ander goeie goed is lankal van alle kleur bevry in my agterkop waar dit donker is soos 'n land waar hoop 'n feeverhaal is. Dis te donker om nou te rym, maar te donker om in te hou... so ek sny maar die kanker stuk vir stuk uit en bloei nonsens-ink op die blaai. Aan die einde is dit nie net die gedig nie. Dis die ganse wereld wat rym. Elke herrie en spoegspatter elke gerookte ster en hartseer kokkedoor ek , jy - ons almal is 'n gedig. Ons almal rym... ons is net te moeilik om te verstaan en nie altyd mooi nie.
0
Jun 9, 2015
Jun 9, 2015 at 5:07 PM UTC
Gebroke rym
Met skewe takke, met 'n krom stam en die seerste dorings wat in my vasklou Daar waar die bloeds aar le vind ek jou in die donker nag met die skeinheilige lig wat ons altwee verblind En so ontmoet ons in die rooi valende duine met die vonke van 'n vuur binne my.
0
Jun 23, 2016
Jun 23, 2016 at 5:46 AM UTC
Met Rooi Rose
Wat is Soet sonder suur Wat is Lente sonder winter Wat is Lig sonder donker Wat is Wolk sonder droogte Wat is Kos sonder honger Wat is Slaap sonder moeg Wat is Lewe sonder dood Wat is Ek sonder jy Wat is Is sonder niks? https://blominblou.weebly.com/blog/wat-is
0
Aug 12, 2020
Aug 12, 2020 at 3:03 AM UTC
Wat Is
Jou boodskappe die sonstrale wat elke nou en dan my dag wil maak en ook soms 8 minute vat om by my uit te kom maar gee lig en lewe in my donker wereld al is jy miljoene bietjies weg van my af is jou liefde n warm drukkie wat ek moeiteloos in elke donker nag om my bang lyf kan vou jy wat agter die horison jou eie horison sien en dalk self die maan met my deel ,van n ander kant af, dra ek na aan my hart... soos n tietie sonder nippels of n bangmaak boek sonder sy stippels.... is my lewe net plein en puntloos sonder jou. Jy is my duisend-myle-weg , maar altyd daar, chill-jou-guava maaitjie wat my weghol hart bedaar. Familie buite stam en bas bloedloos dalk , maar hegte vas grenslose vriende oor die wereld heen... God se grootste seen. - aan al my vriende wat ver weg bly , maar meer beteken as my eie asem en wat ek dierbaarder ag as my virginity ;) ek is so ongelooflik baie lief vir julle. Carinda du Toit. Aldridt Koltzow. Marli Roux. Tarryn Forster. Frederik Rudolph van Dyk. en al die ander...
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:51 AM UTC
Million-miles awayers
Dit is die trane wat niemand sien nie Die seer wat niemand voel nie Dit is die koue gevoel in jou hart wanneer jy van buite af inkyk *** almal lag Dit is die eensaamheid op naweke Die stilte wanneer jy skree Dit is die afwesigheid van n warm hand Die oorblyfsels van n gebroke sielsband Dit is die spasies tussen jou vingers Elkeen n herinnering van n tekortkoming Dit is die koue winters alleen Die somers spandeer onder skaduwee Dit is die hinkering na "ek is lief vir jou" briefies Die drome oor die "ek is trots op jou" soentjies Dit is al die gebroke beloftes Die "liefde met voorwaardes" Dit is die idee van *** alles moet wees Wat keer dat jy gelukkig is Dit is die wonde wat brand wanneer jy dalk mag glimlag Om jou te herinner van jou seer se mag Dit is die donker aande sonder sterre Jou dood stille foon op die moeilikste tye Dit is die konstante bevraagteken van jou waarde Die "gaan nie eers probeer" nie's Omdat jy voel niemand sien jou raak En skielik is gelukkig wees, n verbode taak Maar dit is die leemte in my hart Die swaarte krag van al die vrae Die "Opsoek na die vermiste stuk van my legkaart" Wat die hartste praat Dit is die gewoonte om te voel jy misluk Dit is die "minderwaardige" plakker in die plek van jou gesoekte legkaartstuk...
0
May 12, 2014
May 12, 2014 at 12:25 PM UTC
legkaarstuk
Dis stasie was stil en donker gelaat. Die nag kwyn in lig en die dag kry sy wraak. Die spore le koud verdwyn op die horison, en ek wag vir 'n stoomtrein wat nooit sal kom. Karre jaag die lewe in die stad duskant die spoor aan en 'n sateliet voer ons inligting vanuit sy ordinere wentelbaan, maar ek verspeel my tyd deur hier langs die spoor te staan. My soeke vir liefde was waar liefde ontbreek, soos om te wag vir 'n stoomtrein of om vir kos te smeek. Ek soek nou vir liefde op die verlate stasies van die vandag se tyd , maar al wat ek kry is 'n taxi en die wereld lag my uit. Ek wag vir my trein. Ek wag vir jou.
0
Jun 19, 2014
Jun 19, 2014 at 7:36 PM UTC
Ek wag vir die trein
En wanneer hou ons piekniek op die maan - daar waar die son nie meer skyn nie, kan ek jou donker toevlug wees as die dag se hitte steek? en sal jy 'n skadu gooi oor my en my lieflike hart ons kan saam met strome swem as die branders oor ons breek. Voor vrees jy weer oortrek en my noodloos in die noodlot agter laat in 'n eensame straat, van drome en ander herrennerings wat by my ***** van liefde en so ook my verlede wat jy veronderstel was om te tem. En in die gaap van stilte tyding waar die wysers ons vermy, sing ek my eensaam lied en vra vir jou... **** jy die golwe huil vir die koeelronde maan? Sien jy die spore op die strand? Waar vat die pad van verdwaaltenis my, anders as na Jonker se hand. Vanaand is ek verslae. Die maan se kind trek pêrels en rol hulle oor die hartseer berge. Vanaand le ek en dryf, terwyl ek kyk na die maan, en die sterre... sal jy my wolkombers wees , my glimlag pille vir kersfees, want ek is dalk te arm , maar ryklik met jou geseen. Sal jy my korrel sand , my rooikruis , my boei want my hart is reeds verweer , keur my voor ek ook in die see uitbloei.
0
Jan 6, 2015
Jan 6, 2015 at 3:41 PM UTC
Red my
My kinderjare was Soetsappige drome En ek het weggesluimer Agter suiwer onskuld, Met ń krag van geloof Wat my oortuig het dat My God ook jou God is... Dat elke pad ń onnodige Veiligheidsgordel verg Dat elke beursie ń oneindigheid van R20 Note besit het en dat Elke graf leeg was na die derde dag Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde Uiltjies knip wat my Tot die meerderheids Besef van addolosensie gebring het. Selfs al het ek teen ń Eksponensiële spoed Ń volwasse begrip ontwikkel ,Was my redenasie oor die Hiernamaals nog vaag Met slaap in die oog Eers toe daar een langs my Val En tien aan my sy Het die drakoniese deun Van die doodswek my Uit my snoesige slaap geruk. Met elke groef wat nuwe Paaie teer vir my trane, Elke silwer randjie wat Lostrek van die donker wolke En op my hoof kom rus Soos die koue staal Van ń koningin se swaard Wat my inlyf in die Sidderende realiteit van grootword en lewe Nou is die droom verby Nou staan ek op En vrees om plat te val... Ek oes en saai Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai... Nou word paaie ń lang gebed Ter beskerming van my hart Wat ek so maklik uitdeel En beursies ń kommoditeit Wat skree van die honger Soos die mense van ń land Wat al sy geloof verloor het... Nou brand die sand my voete En die seesout droog my vel... Nou word wraak ń amp En liefde ń kombinasie Van gifte en giwwe , maar ek sal nooit weet Wanneer is dit wat nie... Nou word lewe ń gebed. Ek het ophou my Kinder rympies sê, Nou bid ek pynlik swaar En hoop dat God Nog genade vir my en vir jou Sal hê Amen
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:44 PM UTC
Proses van besef
My kinderjare was Soetsappige drome En ek het weggesluimer Agter suiwer onskuld, Met ń krag van geloof Wat my oortuig het dat My God ook jou God is... Dat elke pad ń onnodige Veiligheidsgordel verg Dat elke beursie ń oneindigheid van R20 Note besit het en dat Elke graf leeg was na die derde dag Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde Uiltjies knip wat my Tot die meerderheids Besef van addolosensie gebring het. Selfs al het ek teen ń Eksponensiële spoed Ń volwasse begrip ontwikkel ,Was my redenasie oor die Hiernamaals nog vaag Met slaap in die oog Eers toe daar een langs my Val En tien aan my sy Het die drakoniese deun Van die doodswek my Uit my snoesige slaap geruk. Met elke groef wat nuwe Paaie teer vir my trane, Elke silwer randjie wat Lostrek van die donker wolke En op my hoof kom rus Soos die koue staal Van ń koningin se swaard Wat my inlyf in die Sidderende realiteit van grootword en lewe Nou is die droom verby Nou staan ek op En vrees om plat te val... Ek oes en saai Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai... Nou word paaie ń lang gebed Ter beskerming van my hart Wat ek so maklik uitdeel En beursies ń kommoditeit Wat skree van die honger Soos die mense van ń land Wat al sy geloof verloor het... Nou brand die sand my voete En die seesout droog my vel... Nou word wraak ń amp En liefde ń kombinasie Van gifte en giwwe , maar ek sal nooit weet Wanneer is dit wat nie... Nou word lewe ń gebed. Ek het ophou my Kinder rympies sê, Nou bid ek pynlik swaar En hoop dat God Nog genade vir my en vir jou Sal hê Amen
Continue reading...
64
'n lewe in konstruksie... dis tog die mees logiese manier om dit te beskryf... ons bou en bou en bou, en toets dan die produk. Maar aan die einde, as ons klaar gebou het... wat is dan daarvan te kom.                         'n Lee huis...                                        'n stil pad... en wat het ons van onself geleer? En wat leer ons van die wereld en mense om ons              , vasgevang in die stryd teen tyd... niks nie. Ons het net voor onself uitgekyk                    na die vaal stene                                    en die slukkerige sement. Watter vreugde het dit vir ons gebring. Niks nie. Nee,          ek weier. Ons is tog hier geplaas met vrye wil. En iewers langs die pad,                                           raak almal die pad duister... en word dan deur die samelewing verdoem. Die mensdom besluit dan wat van hulle sal word... In daardie oomblikke is God meer vergete deur die skares wat saamdrom op die rand van die pad...                                                                                                       die wat lag en vinger wys...                                                                                                                       die wat klippe gooi,                                                          as deur die wat die prentjie aanskou. Soms kort ons 'n perspektief van uit die donker,                           om die lig rerig te verstaan... Soms moet ons eers die genadelose aanraking van die koue voel,                            voordat ons die sagte streel van die son oor ons gesigte kan waardeur. Daar le wysheid in die donker,                                       want dit is in die donker waar jy aleen is,                          met niemand om in jou oor te fluister wat reg of verkeerd is nie.                                                                                                                       Net die wind om jou siel te sus,                                                                                                                die stilte om jou uit te rus...                                                  en niemand wat jou god kan wees                                        of sy woorde                                                                 en planne                                                                                    vir jou kan uitmessel nie. Die pad het die gevaar geraak. Dis koud en korrupt.                                      En ons is dankbaar,          dat ons die kans gekry het om dit te sien, terwyl ons stadig verswelg word deur die skadu's                                                                                                              en wegsmelt in die donker... want nou weet ons dat ons pyn maar net 'n gedeelte van die werklike hartseer was...                                                                 ons is die gelukkiges... en hulle loop op die pad na verdoemtenis
0
Oct 8, 2013
Oct 8, 2013 at 7:12 PM UTC
Dankbaar in die donker
'n lewe in konstruksie... dis tog die mees logiese manier om dit te beskryf... ons bou en bou en bou, en toets dan die produk. Maar aan die einde, as ons klaar gebou het... wat is dan daarvan te kom.                         'n Lee huis...                                        'n stil pad... en wat het ons van onself geleer? En wat leer ons van die wereld en mense om ons              , vasgevang in die stryd teen tyd... niks nie. Ons het net voor onself uitgekyk                    na die vaal stene                                    en die slukkerige sement. Watter vreugde het dit vir ons gebring. Niks nie. Nee,          ek weier. Ons is tog hier geplaas met vrye wil. En iewers langs die pad,                                           raak almal die pad duister... en word dan deur die samelewing verdoem. Die mensdom besluit dan wat van hulle sal word... In daardie oomblikke is God meer vergete deur die skares wat saamdrom op die rand van die pad...                                                                                                       die wat lag en vinger wys...                                                                                                                       die wat klippe gooi,                                                          as deur die wat die prentjie aanskou. Soms kort ons 'n perspektief van uit die donker,                           om die lig rerig te verstaan... Soms moet ons eers die genadelose aanraking van die koue voel,                            voordat ons die sagte streel van die son oor ons gesigte kan waardeur. Daar le wysheid in die donker,                                       want dit is in die donker waar jy aleen is,                          met niemand om in jou oor te fluister wat reg of verkeerd is nie.                                                                                                                       Net die wind om jou siel te sus,                                                                                                                die stilte om jou uit te rus...                                                  en niemand wat jou god kan wees                                        of sy woorde                                                                 en planne                                                                                    vir jou kan uitmessel nie. Die pad het die gevaar geraak. Dis koud en korrupt.                                      En ons is dankbaar,          dat ons die kans gekry het om dit te sien, terwyl ons stadig verswelg word deur die skadu's                                                                                                              en wegsmelt in die donker... want nou weet ons dat ons pyn maar net 'n gedeelte van die werklike hartseer was...                                                                 ons is die gelukkiges... en hulle loop op die pad na verdoemtenis
Continue reading...
51
Yster slyp yster en staal omhels in n magtige bymekaarkoms Die twee spoed monsters om mekaargevou, maak liefde, om die trane en seer Daar was geen flitse in die donker nag nie tyd het stil gestaan maar die hartseer gaan aan. Yster slyp yster en dank die Vader die ronde oe bevat nog kleur en die gapende monde vloek my Yster slyp yster maar my seer is gespaar vir n ander dag en 'n ander pad.
0
Apr 21, 2015
Apr 21, 2015 at 5:25 PM UTC
Ysterhart
Dorslip en droogkeel huig ek in die donker van terg gees middernag vir die soet nektar name waarna hierdie barslip hunker. Skimletters vorm elke klinker net so ryk soos 'n paar gisters terug. Pype weerhou om die klank deur te laat, wat finaal n skerwestorting bring. Is ek aan n groter soeke om woorde te smee- wat getuig van verlange en ander leed ,of aan jou invloed die pryseer te gee. **** jy in heimwee ook dan aan my, dit is al wat ek wil weet of het jy ten einde my liefde by n ander gaan kry?
0
Dec 5, 2014
Dec 5, 2014 at 11:57 AM UTC
Droee verlange
Jou eierbeloftes word In mooi woordjies En trane spoortjies Toegedraai En ingelyf In die raadsale Van my helderheid En my bekwaamdheid Oor gesonde redenasie Uit legio self disintigrasie Ek bêre dit knus In my eie kluis Te midde my huis Ń yspaleis As ek dit bewaar Teen die donker gevaar Wat dreig uit elke Oordeelsdag Wat op al die ponde en onse wag Elke "ek het vasgeval in verkeer" Elke "jou wanvertroue maak my seer" Elke kode woord Agter die slot op jou skerm bly jou sondeval verstoord!! Jou eierbelofte is ń kuikenmoord!! Dan hardloop ek terug En kyk na die dop Wat my toe snou As ek dit net stywer toevou , minweted salmonella En bylepes Skuil in die amnion En wurg die blou driehoek Op ń voortrekkervlag Eet ek daarvan sal die dood op my wag Jou eierbeloftes Jou akkideskak eer Jou asyn rein liefde Sal ek bly trotseer Vergewe my tranedal Want blykbaar is Ek net verlief Op my eie terugval
0
Apr 12, 2014
Apr 12, 2014 at 10:26 AM UTC
Legio self disintigrasie
Teen die hange van die berge-nag Speel die donker op die ligte sag Die kalm daal op die chaos-stad Van klank en mense op elke kronkel pad Dit voer jou mee in 'n sterre mat In skoon lug met 'n oop kop Kan gedagtes net vloei en skrop Aan dinge wat is en kom Aan mens wees, goed en krom Aan die eenvoud en dit wat verstom Woorde lê in 'n niks-wees dwaal Dis rou, dit is maar net  -  dis kaal Net om die stemme wat skree te verlos Dinge wat 'n uitlaat soek in die kosmos Dit het ink gevind, soos vuur in fynbos
0
Jul 12, 2016
Jul 12, 2016 at 4:53 AM UTC
Berge in die nag
Knuppeldik gaan slaap die stad na 'n feesmaal van smaak en kleur vloei die reuke deur die strate in 'n Brown se beweging van geur. Alle trommels , trommeldik maar maak 'n lee geraas en in die donker , agterstrate begin die ander nou te aas Kom die honger hande uit die sakke en krap met rook-geel vingernael soek die skummel in die swartsak vir 'n laaste dissipelsmaal. Maar jy is skille , jy is doppe jy is alles wat laat gril nie genoeg vir koningstafels maar vir my net genoeg om die knaagdiere te stil. Onerfare soos ek is , vat my hongerbrein ook mis watter mens kan so dan lewe? watter mens kan so dan eet? van die lykswa en die straatveers het hierdie boemelaar vergeet. Ek is mens en nie 'n vark nie, (al moet 'n mens ook eet). En stil vergaan die boemelaar wat kieskeur ook wou wees, nog 'n straatkind se ou lykie nog 'n honger kinder gees... ek wat was het mos gesien *** kos op tafels lyk, en het sodanig hart verloor op kosse kleur en ruik. Met 'n bord vol knubbels le die lykie voor hom , onaangeraak. Al was kos ook wat kos was daar het hy te lief vir die droom geraak. Eerder kwyn en dood verslaan as om die droom te ruineer. Eerder dood van honger, as om hierdie kos , as sulks te eer.
0
Jan 14, 2015
Jan 14, 2015 at 10:37 AM UTC
Liewer vir die droom geraak
ek kyk vir die girl in die spieel en wonder of sy weet *** hard ek probeer om haar te help vergeet ek se vir haar ek hou van *** sy lag en *** hoog sy mense wat dit nie verdien nie, ag sy sug en trek haar skouers op en af "die lewe is te kort om almal te straf" se sy terwyl stadig wegkyk en nog n stukkie van haarself weg smyt ek fluister sag "as jy so aanhou gaan daar niks oor wees" antwoord sy " ons is niks meer as vlees en gees wanneer more kom, beteken vandag nie veel als verander en tog niks want die son bly geel" nikseegende donker oe kyk terug na my ek is bevrees die girl gaan leeg bly
0
Jul 8, 2015
Jul 8, 2015 at 12:10 AM UTC
die girl
Jy ry op die hanekraai en kom le in my oor. Jou tree 'n bekende geluid. Jou teer drafstap deur my drome maak my seerste monsters stil. En sus my in 'n doodsluiterse rus. Jou oe laat my handsaamslaan op die lumier van meer as een. Jou aansig maak van my gelowig. Jou luim is 'n seestroom wat stoot en trek en ek sit vasgekeer in jou rooi getui en ek mik dieper , ek mik dood! My liefste jou aanraak stuur gode deur my dooie are en ruk my terug vanaf die donker sluiers. Jy is die maan, die sterre- nee die nag! wat om my toevou en my wieg wanneer my arms na niks gryp. Jy is die openbaring waarna lewelose streef en die anker waarna vryes verlang. Bring my terug, na die gelykstreep, voor die tyd ons invang. Ek wil jou prys met woorde wat God se toorn op my sal bring maar dit hang aan my lippe soos ek wag vir more se son om jou te besing. Dit is my vroegoggend gedagtes, van my lieflike laatslaper, wie ek nooit akkuraat sal kan prys nie , want ek is maar net 'n versotte ou dinkgaper.
0
Dec 25, 2014
Dec 25, 2014 at 7:21 PM UTC
Dinkgaper
So word ons wakker in ons tent en dit reen...aggenee!! Maar dis koel en ons voel gelukkig. Ek is vuil, so amper dat ek wil huil, maar huil van lekker soos n krekker want dis vakansie tyd!! My hare is so waar deur mekaar, maar wat maak dit saak want niks gaan my keer om vir n gogga te wys *** deur mekaar ek rerig kan weesie... Tanne geborsel en room half gesmeer, laat die dag begin want dis ons en ons ford bakkie die keer...alweer... Kies n rigting en so voeter ons daarin... Saans kom ons by die kamp moeg geploeg die bosse in om nou rustig te raak met n koeldrank in ons hand. Dan word n vuurtjie gemaak deur die braafste ou ini land om n vleisie te braai vir die fraaiste meisie, hand aan hand. Mens voel gou dankbaar vir klein dingetjies soos n stort... n warme een, die oop velde of selfs die digte bosse, die veld blommetjies so geel of die gras so lank en groen, die voels so mooi volle kleurrig en die jakkals so skaam maar nuuskirig. En wanneer dit donker word le daar baie voor soos die uile se geluide, die sonbesies wat hulle vlerkies saam klap of dalk n hihena wat na oorskied kom krap. So geniet ons die bos vol avontuur gepos net vir ons en ons se dankie aan ons Skepper vir n skepping net vir ons. 2016/03/14
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:32 AM UTC
Ons avontuur...
Dit was daar Ń knal in die nag Skerper as die dop-klank Van dinamiet in dolomiet En gevaarliker as klapperskiet; Die knal in die nag... "Dit was daar op stemdag " , sê ek. Dit was... ekt gehoor! Skiet ek my siel uit Teen die leë gehoor "Dankie my bokkie" ,Met x'e gekys Help nie my hart nie X'e is ook maar ń tipe kruis Ñ tipe graf in afwag Ń tipe nood, ń stille dood. Dan tref die waarheid my hard Soos ń gewyde plathand Van ń skietman of ń doodsman Dis jou land , dis díe land Hoekom nou skielik bang? Ekt dit gehoor, ekt dit gehoor Ek sweer op die graf Van die gesneuwelde stem. Maar nou kom noem- Moet ek erken... Ek vrees die geweerskoot Meer as die galg Wat stil is soos slange Wat my wurg en my walg. Ek is banger vir die knal Wat die hele buurt vang As die halfpad val En heeltyd hang Soos kleintyd speeltyd Van rodswaai en my lyfie Aan toue op hang. Wats ñ geweerskoot nou Teen die monsters van binne Wat klou om te hou. Raak rustig , haal asem , toe nou bedaar. Jy weet mos jou denke Was maar nog altyd Jou grootste gevaar. - wanneer geweerskote in kopskote verander... Raak die wêreld donker
0
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:04 PM UTC
Dis net ek
Wanneer het ek die ses maande uitruil program en die arktiese nagskfof aanvaar? My horlosie het gaan stilstaan in laat nag - donkernag. My lot op die muur , 'n kraak in die wal... die spervuur van eros wat rondom my val... dis al ; dis al - dis al.
0
Nov 12, 2015
Nov 12, 2015 at 5:42 PM UTC
Donker nag....
De zon gaat langzaam onder En zakt weg in de oceaan Hier aan de rand van de wereld Voelt alles zwaarder aan Of ik nu fluister, bid of schreeuw Alleen is hier pas echt alleen De leegte van de horizon, Slechts de golven om me heen Ik weet niet waar het water stopt En waar de lucht begint De kleuren smelten samen Mijn blik wazig in de wind En met de zon daalt het besef Het leven is als een oceaan Golven en storm zijn relatief Als je op het strand blijft staan Ik weet niet waar het heden stopt En de toekomst beginnen gaat Zelfs als alles anders wordt Is dat vaak te weinig, te laat Maar als de zon haar licht onttrekt Aan de branding van mijn bestaan Verlicht ineens van achter mij Het schijnsel van de maan Zo leert een lege horizon dat De hemel de verste zee verlicht Zelfs in het donker van de nacht Biedt U mij helder zicht
0
Oct 13, 2014
Oct 13, 2014 at 4:54 PM UTC
Een ander licht
Drome is gemaak om n lang nag interesant te maak. Dis n sprokies verhaal van goeie dinge of selfs die slegte. Van kastele en weelde, n lewe vele meer voor sal soek of selfs drome van cowboys en crooks met perde wat gallop op en af die berge, opsoek na diamante en gewere. Dan is daar die nagmerries wat mens se hare laat rys, n skrik en n gesnik en wakker voor die wekker en n gewonder wat sopas gebeur het! n Droom kan beloon, n droom kan verloon, n droom kan waarheid word dit hang af *** jy voel. Egter klein bietjie raad van n nuwe jaar se digter… droom n droom, leef die oomblik met of sonder die donker nag, want n ware droom is oomblik van waarheid waaruit jy jou kastele kan bou in n ware sprokiesland vandag. 2016/01/26
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:42 AM UTC
Drome...
Jou woorde is ń vlak graf Wat doodluiters Op my pad gevly lê En wag en lê en lag. Ek wat onder daglig dommel , verlore in die uitspansel Wat uit jou hoop lumier, Val vinnig vir jou vangwip. Verval in die verkeerde tydstip. Thenatos, finato , finaal. Jy wou nog altyd agter Jou swart kuil wegkwyn, En die waarheid en seerkry En skande ontduik. Bely jy jou donker aan my? Ag timmer tog jou naam In my steun en vergeet nie Jou pedantriese woorde nie. *** anders dan nou sal ek Met engelstem die Uitloop besing van pederastie. Onthou my vir my Donquichoterie, Want jy is nie regtig Lief vir my nie.
0
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:06 PM UTC
Dood van ń idealis
Die verwoesting van die velede loop uit in die hede. Hier waar als tot rus kom met die lug wat soos 'n skarlakenrooi duin al *** stywer smeul, met die spanning klop in harmonie met die donker kol in my hart wat die toekoms verniel. Die bloedsaar le rooi op die horison soos 'n verlore asempie van 'n kind en die gefluister van die wind begin praat in die dieptes. Die verwoesting le in die rooi lug soos 'n sluier...
0
Jun 23, 2016
Jun 23, 2016 at 5:36 AM UTC
Verlede Verwoesting
Onder die laslappie kombers van die sterre en die maan het my hart talle male verstik aan n proetjie eensaam. ñ koue hart wat reik Na iets om vas te hou in bed wat oorloop Van spasies net vir jou , maar in die siekbed van die see Het ek te veel tyd spandeer Voor n plafon van hoop Wat met motreen bo my oopskeer. En in retrospek kyk ek na my bed Wat nog altyd leeg staan Nie sonder jou nie Maar oor die twyfel in my eie bestaan. My bed was net leeg... Oordat my hart leeg was Soos n vol kanvas Met wit leeg gekwas. Want ek was daar, En nou dat ek verstaan Weet ek die nag is net donker Sonder die sterre en n maan. Wat my laat met die vraag... Was dit die bed of was dit ek Want wat is werklik leeg- Die mens , of die plek?
0
Jul 9, 2016
Jul 9, 2016 at 2:49 AM UTC
'n leë bed
Die studies van vraagtekens wat ons koppe krap en klont lont laat brand opsoek na ellipse en vonke spat. Die wetenskap wat vrae vra soos die jonges van dae wat nie einlik wil weet nie - wat nie die honger vir wonder wil heet nie -wat uitroep tekens wil uitroep in n vraag en hoop dat die tronke sal voller word , want hulle weet n lee kerk is n gebou en geloof is net te vinde binne jou! Ek blyk n kenner te wees, want *** maklik verdwaal ek nie in n woud van waaroms nie? As die donker van n liefdelose dag om jou toevou en jy versekering soek vir jou troesou van blindstaar en wangdraai, begin jy jouself toesnou met vrae soos spieelkrake en lemsnye ontdek jy die pseuodo metafisika van die siel. Ek, verkul n wetenskap op my eie.
0
Dec 22, 2014
Dec 22, 2014 at 2:45 AM UTC
metafisika