Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"doeke" poems
Kyk met horlosie swaai kom wysheid , op een of ander manier... Wanneer hardebaard hardehout fyn skuur en boeta begin skuim pis- dan is dit mos als goed en wel... Jy's nou volwasse en verandwoordelik vir jou kak, vir my kak en sommer die kakbak... ... en dan mag jy mos nou nie bloedkook nie want daardie potte kom moeilik skoon en behoed jy kort van dtraad raak want as iemand nie aan jou been trek nie - wel ja maar soms kom daardie klein snotkoppie gees deur as ander "volwassenes" vergeet om die plooie die dag aan te plak. Dan draai alles terug en ek wens dat ek weer oud en koud onder die kuwe kon raak, want demoer in raak ek gougou vir grootmens doeke en dommies. Kyk ,sommige kak moet maar net kinderkak bly, want as my kinderhart weer vlam vat is ek weer die duiwel se kind. Dan draai ***** en giggles vinnig om en wys ek *** snaaks dit kan wees as mense val en seerkry. Laat ek nou maar asemhaal my das regtrek en heut... ek is nou groot, moet mos eintlik van beter weet.
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:49 AM UTC
Grootmensdoeke
Eina! Die prikkel van n naald Gif vloei soos water in my lewens-strome Val my liggaam aan met geweld Die skeur en afbreek van my drome Elkeen voel ek Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld Dis die knop wat als begin het, nee Die trek van n kanker stokkie Die waarskuwing op die boksie gee mee My lus kon ek nie meer hou nie 'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn' **** ek soos die rook diep in my longe verdwyn ***** is my voorland Ek kan lankal nie meer op my bene staan My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan Ek is skaam, so so skaam Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil O dood, ou vriend Vir my kan jy maar kom haal Ek wag al maande vir jou, Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal Hy was erger, soveel erger as ek Sy are het al begin kraak Na Elke inspuiting, of behandeling Het hy op alles gebraak Ek is amper daar, ek voel dit aan my Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
0
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC
Aan die dood se sy