"diepte" poems
Wat skryf die hand?
Wat skryf die pen?
In 'n kunste swyg
wat ek so goed herken.
*** loop die sinne
uit in 'n meesterstuk,
wanneer die muse
aan my stiltes verstik?
*** skep ek weer skrywes
wat mense laat wroeg,
sonder die hartseer
en met al hierdie moeg?
*** laat ek my digters tong
luiters in die oopgraf in
met 'n hand vol liefde
raak my siel weer blind.
Waar kom my ritme en passie vandaan
, maar beter nog, met die koms van geluk
... waar het dit heen gegaan?
Mar 12, 2015
Mar 12, 2015 at 3:53 PM UTC
as ek klaar in when i have finished
die oomblik verdrink het drowning in the moment
kan ek i can
asem skep draw breath
in die diepte in the depths
van my siel of my soul
is daar ruimte there is space
om te groei to grow
en die sade and the seeds
wat ek saai that i sow
sal vrugte gee will give fruit
as ek elke vrug with each fruit i
pluk pick
sal daar groot there will be great
tevredenheid satisfaction
ontwikkel developing
Apr 4, 2012
Apr 4, 2012 at 4:49 PM UTC
Die stroom van verlange The stream of longing
Vloei na die see Flows to the sea
In die verste diepte To the furthest depth
Van sy blou heimwee. Of its blue nostalgia
Die sande wag The sands lie awaiting
Vir die verre wind The distant wind -
Die rotse aanskou The rocks gaze on
Die spelende see. The playing sea
In een oomblik In one moment
Spring die vis omhoog The fish leaps on high
Deur die son beskilder Painted by the sun
Dan ewig dood. Then dead eternally.
Apr 5, 2012
Apr 5, 2012 at 4:10 AM UTC
Daar's 'n plek in ons siele,
War die seer nie kan inkom nie.
Maar waar is hierdie punt,
Waar lê dit binne ons?
In die diepte van ons harte,
Agter die mure wat ons bou,
Kan ons kyk tussen die krake,
En vind 'n Sleutelsteen
Wat ons heel hou?
'n Klein onbreekbare IETS
Waarin ons vergete hoop nog slaap?
'n Picture van wat ons is
Voor die ligte uitgaan
Maar wat sou ons dit noem,
As ons dit selfs kon vind?
Sou ons dit selfs kon herken,
As dit ons in die oë sou staar
En sê: „Ek bestaan“?
Sou ons daarna kon luister,
As ons dit selfs kon **** —
As ons selfs kon onthou
*** om sy taal te praat?
'n Klein onbreekbare IETS
Waarin ons vergete hoop nog slaap
'n Picture van wat ons is
Voor die ligte uitgaan
Daar's 'n plek in ons siele,
Waar die seer kan nie inkom nie.
Oct 19, 2020
Oct 19, 2020 at 9:40 PM UTC
deur elke donker diepte
en oomblikke waar my kniëe wil vou
kan ek omdraai en weet:
ek het vir jou
my sonnestraal as die lig min raak
'n omgee hart en oog
wat altyd oor my waak
liefde was vir my onbekend,
deur die verlede geskend
maar elke oomblik saam jou
wys jy is my beter helfte
jy bring die mooi in my uit
en wys my *** pragtig ek is
ek het dit nooit aanvaar nie
maar dit kom met tyd
ek kyk na jou oë en weet
die wêreld kan maar van my vergeet
want in jou oë
sien my toekoms
ek sien my my geluk,
my swaarkry
ek sien my huis;
daar waar ek vir altyd wil bly.
woorde sal nooit genoeg wees
maar ek weet dit met siel en vlees -
my liefde vir jou oorskry
enige wetenskaplike reëls
of biologiese reaksies
vir nou,
vir jou,
vir altyd.
May 9, 2023
May 9, 2023 at 11:42 AM UTC