Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jy het die reg tot lewe
Oh grondwet, die dood lag jou uit!
Die sardoniese blik
van 'n gesteelde besluit,
**** jy nie die klop-klop van vier perde hoef
wyle die openbaring in
jou blaaie kom poef.

Skaam jy jou nie
vir sulks blatante leuen,
of het jy jou ore aan Satan verleen
toe jy jou hoop soos saad versprei
om naief- die jeug, in die versoekingte lei.

Ons eet karkas-krummels
as 'n daaglikse brood
Terwyl jy ons verseker
dat jy die waarheid ontbloot
soos die arme tiener meisie,
geryp; en nou - dood.

Jou bedoelings was goed,
maar jou kakpraat te groot.
Sy's honger en sy krap in
die yskaste en kombuiskaste
vir haar daaglikse brood.
Soekend deur die rakke
terwyl haar siel kreun
van pandemiese hongersnood.

Sy smag na Valentines-tjoklits
en 'n P.S. wat se: "yes"
en rooiwyn met strawberries dipped in cream
, haar moed begeef haar
-sy verwerp haar teenage dreams.

Love aint all moonlight and roses...
- aint as fun as it seems

Haar mond water nou vir lippies
en jelly-hartjies en vampire tande.
So sy staan op hoeke en bedel
vir suiker...
haar oe so honger, dit brand ,
,maar kyk na haar lee hande
wat leeg sal bly
in ons liefdelose land.

-inamabilis
Sy's honger en sy krap in
die yskaste en kombuiskaste
vir haar daaglikse brood.
Soekend deur die rakke
terwyl haar siel kreun
van pandemiese hongersnood.

Sy smag na Valentines-tjoklits
en 'n P.S. wat se: "yes"
en rooiwyn met strawberries dipped in cream
, haar moed begeef haar
-sy verwerp haar teenage dreams.

Love aint all moonlight and roses...
- aint as fun as it seems

Haar mond water nou vir lippies
en jelly-hartjies en vampire tande.
So sy staan op hoeke en bedel
vir suiker...
haar oe so honger, dit brand ,
,maar kyk na haar lee hande
wat leeg sal bly
in ons liefdelose land.

-inamabilis
Corna Badenhorst Jun 2021
Hier is ek, vyf en vyftig jaar oud, met geen antwoord
hoekom is ek hier en waarheen gaan ek na die dood
wat het my lewe nou eindelik beteken;
en wie is bevoeg om daai som te bereken?
is daar n hel en n hemel, reinkarnasie of nirvana
al die interaksie, die gesukkel, die daaglikse drama
christen, moslem, boedhis, ateis of jood
almal soek iets om aan te roep in hul nood
wie is reg en wie is verkeerd; hoekom weet ons so min
duisende gedagtes, geen tyd om die rede te ontgin
soms huiwer die antwoord vir n oomblik waar my diepste gedagtes woon
en net voor ek dit kan aangryp en verstaan vervaag dit soos in n droom
en los my met niks, die eindelose sirkel, om en om
en die dooies is stom

— The End —