Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"broos" poems
skuld skuld skuldenaar dit suis vanaand in tolbos tale rond-en-wind-ge-foeter oor ‘n dor doer pad ‘n uitgestrekte stoftong lek geraamtes tot aan die silwer koppies in die Klein Karoo se maan skuld skuld skuld–in–aar is Ma ‘n vreemdeling wat staan en tee drink in ‘n ander vrou se blou kombuis skuld skuld skuld–in–haar al starend na die krake weerspieël die vensterglas ‘n aarde broos verbrokkel maar die reën sal kom my kind die reën sal kom profeteer die roes–rooi wolke al loeiend in die wind sal Ma staan onmiskenbaar soos ongetemde buffelsgras gewortel en gegrond
0
Jul 12, 2016
Jul 12, 2016 at 6:22 AM UTC
DROOGTE IN MY MOEDERTAAL
met nat oë en stem rasper-hees sal sy my eers met kaneel en gemmer genees met swaar lyf en kop wat klop salf sy my eers met heuningwoorde gesond en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei met die seer wat nog so rou in haar talm bid sy eers die onrus in my kalm en ek weet saans ween en woed onverbiddelike storms in haar gemoed en dan soggens uitgespoel en broos is sy nooit te swak om haar kroos eersmaal te troos vir speelgrond wond of hart wat breek terwyl daar dubbeltjies soveel dieper in haar insteek die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het vir elke afvlerkkind die lyntjies waar sy op die mooiste wyse haarself met ander verbind waar sy soveel ander se seer verberg ten spyte van alles wat dit van haar verg hier sit ek stil en verwonder my aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
0
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC
mamma