"blaas" poems
fyntjies fyntjies
dans op ‘n lem
hou die pyn
uit jou stem
liggies liggies
oor donker water
dobber vlak bo-op
sink saggies later
en dan
duik diep
deur die duister fluweel
van die sagte nagsee
gaan terug na wat jy is
swem deur die seer
anderkant die doop
sal alles dieselfde wees
behalwe jy
blaas jou eie vlam
smee jouself vry
Aug 18, 2022
Aug 18, 2022 at 12:59 PM UTC
Gedagtes wat eenvoudig lig lief is
Kan helder maak
Koppe wat te slim swaar donker deurmekaar raas
Woorde wat moedig sag sappig is
Kan heel maak
Harte wat moedeloos af gebreek is blaas
Dade wat beleefd groots gaaf gelukkig is
Kan skeppend maak
Hande wat hopeloos toegevou honger staan staak
Drome wat goedhartig braaf kreatief is
Kan hemels moontlik maak
Oorkom toekoms wat donker verborge na vrees smaak
Aug 11, 2020
Aug 11, 2020 at 7:41 AM UTC