"bewus" poems
Soos die maanlig steel deur die loetjie in my gordyn
Sluip jy my gedagtes in so net voor ek aan die slaap raak
So asof ek ewe skielik van jou bewus word
Terwyl jy eintlik al die heeltyd oor my **** streel
en saggies in my oor fluister oor dinge wat my hart vinniger laat klop
Of, verbeel ek my al hierdie dinge
En is my laaste asem voor Klaas Vakie my wegneem niks meer
As gewone naggeluide en n kwynende gewelfd..
Nov 26, 2012
Nov 26, 2012 at 3:08 PM UTC
Vind jou vrede
Verder as die skerm Woede
'n Skelm van tyd en rus
Voor jy kyk het jy die lewe gemis
Vind jou vrede in die bed
Jou kooi se drome
In winter en somer some
Dit is waar jy tyd vashou in jou hand
Vind jou vrede in wat is
'n Lewe in 'n dop bewus
Een wat kyk en ervaar
Een wat jy moet bewaar
Vind jou vrede in die hede
Soos toekoms uit die verlede
Uit pyn en leed
Kom daar verlossing steeds
Aug 30, 2020
Aug 30, 2020 at 11:32 AM UTC