"beteken" poems
sy wil iets beteken
nie iets hê
of word
of kry
of raak nie
nie nut
of hulp
of help
of raad nie
sy wil net iets beteken
wat sy nie in haarself maak nie
Nov 19, 2009
Nov 19, 2009 at 2:34 AM UTC
Jou boodskappe die sonstrale
wat elke nou en dan my dag wil maak
en ook soms 8 minute vat om by my uit te kom
maar gee lig en lewe in my donker wereld
al is jy miljoene bietjies weg van my af
is jou liefde n warm drukkie wat ek
moeiteloos in elke donker nag
om my bang lyf kan vou
jy wat agter die horison jou eie horison sien
en dalk self die maan met my deel
,van n ander kant af,
dra ek na aan my hart...
soos n tietie sonder nippels
of n bangmaak boek sonder sy stippels....
is my lewe net plein
en puntloos sonder jou.
Jy is my duisend-myle-weg
, maar altyd daar,
chill-jou-guava maaitjie
wat my weghol hart bedaar.
Familie buite stam en bas
bloedloos dalk , maar hegte vas
grenslose vriende oor die wereld heen...
God se grootste seen.
- aan al my vriende wat ver weg bly , maar meer beteken as my eie asem en wat ek dierbaarder ag as my virginity ;) ek is so ongelooflik baie lief vir julle.
Carinda du Toit. Aldridt Koltzow. Marli Roux. Tarryn Forster. Frederik Rudolph van Dyk. en al die ander...
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:51 AM UTC
ek kyk vir die girl in die spieel en wonder of sy weet
*** hard ek probeer om haar te help vergeet
ek se vir haar ek hou van *** sy lag
en *** hoog sy mense wat dit nie verdien nie, ag
sy sug en trek haar skouers op en af
"die lewe is te kort om almal te straf"
se sy terwyl stadig wegkyk
en nog n stukkie van haarself weg smyt
ek fluister sag "as jy so aanhou gaan daar niks oor wees"
antwoord sy " ons is niks meer as vlees en gees
wanneer more kom, beteken vandag nie veel
als verander en tog niks want die son bly geel"
nikseegende donker oe kyk terug na my
ek is bevrees die girl gaan leeg bly
Jul 8, 2015
Jul 8, 2015 at 12:10 AM UTC
Hoeveel keer gaan jy my hart nog breek?
Jy het belowe jy sal dit nooit doen nie
Ek weet ek het nie jou liefde hanteer soos ek moes nie
Ek was nie gereed nie en jy weet dit nou meer as ooit
Maar dat ek jou lief gehad het, en steeds het, is sonder twyfel
Ek weet ek het dit nie gewys in die maniere wat ek moes nie
Ek weet ek moes jou buckets vol maak
Ek het getry
Maar vandag is n ander storie
Vandag kan ek sê dat ek geleer het
Ek kan sê dat ek verstaan wat mens moet gee
Ek begryp die betekenis van liefde
Ek verstaan wat ń soulmate beteken
En tog weereens smyt jy my weg soos ń ou lap
Ek ken nie die mens wat jy nou is nie, jy is harteloos, verdwaal, onbekend
En so ken jy my nie meer nie
"You don't know the new me, I put my pieces back differently"
Jun 1, 2017
Jun 1, 2017 at 9:56 AM UTC
Hier is ek, vyf en vyftig jaar oud, met geen antwoord
hoekom is ek hier en waarheen gaan ek na die dood
wat het my lewe nou eindelik beteken;
en wie is bevoeg om daai som te bereken?
is daar n hel en n hemel, reinkarnasie of nirvana
al die interaksie, die gesukkel, die daaglikse drama
christen, moslem, boedhis, ateis of jood
almal soek iets om aan te roep in hul nood
wie is reg en wie is verkeerd; hoekom weet ons so min
duisende gedagtes, geen tyd om die rede te ontgin
soms huiwer die antwoord vir n oomblik waar my diepste gedagtes woon
en net voor ek dit kan aangryp en verstaan vervaag dit soos in n droom
en los my met niks, die eindelose sirkel, om en om
en die dooies is stom
Jun 1, 2021
Jun 1, 2021 at 7:17 AM UTC