Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"amper" poems
ek staar dae lank na n lee wit muur binne my brand als soos vuur in eensaamheid word ek toegevou buite kou die druppels dou die laaste uur voel ek so koud voel so amper amper oud al die dinge wat my pla dra ek diep, dit volg my na ek kou en herkou my tong so amper flou steeds ***** jy naby my en ek kan jou net nie kry
0
Jul 7, 2015
Jul 7, 2015 at 11:01 PM UTC
weer en weer
So word ons wakker in ons tent en dit reen...aggenee!! Maar dis koel en ons voel gelukkig. Ek is vuil, so amper dat ek wil huil, maar huil van lekker soos n krekker want dis vakansie tyd!! My hare is so waar deur mekaar, maar wat maak dit saak want niks gaan my keer om vir n gogga te wys *** deur mekaar ek rerig kan weesie... Tanne geborsel en room half gesmeer, laat die dag begin want dis ons en ons ford bakkie die keer...alweer... Kies n rigting en so voeter ons daarin... Saans kom ons by die kamp moeg geploeg die bosse in om nou rustig te raak met n koeldrank in ons hand. Dan word n vuurtjie gemaak deur die braafste ou ini land om n vleisie te braai vir die fraaiste meisie, hand aan hand. Mens voel gou dankbaar vir klein dingetjies soos n stort... n warme een, die oop velde of selfs die digte bosse, die veld blommetjies so geel of die gras so lank en groen, die voels so mooi volle kleurrig en die jakkals so skaam maar nuuskirig. En wanneer dit donker word le daar baie voor soos die uile se geluide, die sonbesies wat hulle vlerkies saam klap of dalk n hihena wat na oorskied kom krap. So geniet ons die bos vol avontuur gepos net vir ons en ons se dankie aan ons Skepper vir n skepping net vir ons. 2016/03/14
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:32 AM UTC
Ons avontuur...
Sy vra: "Hoekom is jy nou so n non"? Ek sê: **** is mos eintlik net vir die lewendes". Ek is my eie memento mori. Jy is die oorsaak van dood. Laat dit so op my graf geskrywe staan: -Hier lê die skerwe van iets amper heel- ,want nou sit ek weer aan jou tafel en my laaste maaltyd is n herkouing van spoegsels vergete tye saam met jou En ek kou en ek kou en ek onthou: *** warm jou hande was teenoor jou hartskou , *** gretig jy was om my vas te hou en na die tyd toe te snou. "Ek sit nou waar jy gesit het" , grinnik jou wellus oor die porselein rand en ek wil vir jou sê staan op en gee vet want almal wat daardie stoel beset wals met die noodlot en wink vir seer. "Kom ons probeer , nog n keer" Sê jou hand langs jou ritsluiter , maar ek voel n veer , want kadawers ken nie lustigheid nie en ek is oorgebalsem met n gelofte. Los die dooies dat ons rus, Los daardie "ons" begrawe in die kis.
0
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:51 PM UTC
Necrophilia
Want die more bring die goue die nuwe , hitte , dag en wind wat deur die takke skeur die dood wat huil ;n kind wat lag en twyfel sypel deur die huurglas soos tik , of sandstorms bring die tyd ook wroegings van interne euforie en donker oorskry die norms geen meer swart en wit geen meer ja , nee reg, verkeerd ek weet nie ek weet nie meer nie elke dag bring heldersiendheid met eerste oogoplsag maar elke more twyfel ek terwyl Janus vir my lag... terwyl 'n amper skynbare keuse op 'n defnitiewe antwoord wag
0
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:39 AM UTC
As tyd nie leer nie
N man kan ook net soveel vat. Of kan hy meer? Stof vergader in my kern My bene toe onder n wit sy net. N hartklop van gewigte wat val, My teen die bed vasdruk. Elke versreël eindig met n punt. Elke strofe sonder rym. Dit is nie n gedig nie, So hoekom hou ek aan met skryf. In n amper-liefdesbrief: N deuntjie sonder noot. *** okal die besonderse seer. In my antwoord wil ek skree. Ek stagneer jou meer, maar stilstand is my dood.
0
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:52 PM UTC
Stagneer jou meer
dis amper vyf jaar later. jy drink nog saam my koffie in my bed tydens ons stiptelike afspraak - op nostalgiese Sondae aande wanneer die wêreld stilraak, kort voor die week weer sy stophorlosie aanpas. die herinneringe tog só aanskoulik, maar stééds kan ek myself nie bring om jou stem te herroep nie! voor ek jou kan vasgryp, weer saam jou kan lag óf my gesig sag teen jou bors kan vasdruk, verdwyn jy, en Skuld neem jou plek in tussen die lakens, klink die koppie teen myne gee ‘n grynslag en sluk my heel in.
0
Jul 21, 2019
Jul 21, 2019 at 1:47 PM UTC
Sondag afspraak.
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik tuis; Tuis soos in n vreemde wereld wat juis net vir my gemaak is. Die outydse geboue wat vertel van jare terug, die noue strate wat ver af le amper verby more, die klasieke fietse met klokkies wat "trieng" in die verby gaan na ander plekke, ook die french brode wat jou vertel van vandag en die krag van twee hande wat gebruik is om die smaak in jou gedagtes te laat verdwaal, om n storie te vertel. So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik bly; Bly soos n kind wat haarself bevind in n lewe vol nuwe dinge, vol nuwe betekenisse soos n nuwe paar oe wat oop gaan om te sien en dan te verstaan. Maar die lewe gaan aan met n lank terug en n more wat kom of n vandag wat verby gly na n elke dag; Wat my vertel van n lewe van geluk en plesier om te geniet vandag, elke dag. 2016/07/17
0
Jul 3, 2017
Jul 3, 2017 at 1:39 AM UTC
Vandag
Eina! Die prikkel van n naald Gif vloei soos water in my lewens-strome Val my liggaam aan met geweld Die skeur en afbreek van my drome Elkeen voel ek Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld Dis die knop wat als begin het, nee Die trek van n kanker stokkie Die waarskuwing op die boksie gee mee My lus kon ek nie meer hou nie 'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn' **** ek soos die rook diep in my longe verdwyn ***** is my voorland Ek kan lankal nie meer op my bene staan My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan Ek is skaam, so so skaam Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil O dood, ou vriend Vir my kan jy maar kom haal Ek wag al maande vir jou, Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal Hy was erger, soveel erger as ek Sy are het al begin kraak Na Elke inspuiting, of behandeling Het hy op alles gebraak Ek is amper daar, ek voel dit aan my Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
0
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC
Aan die dood se sy
Ik heb mezelf met pijn moed Ingeschreeuwd, in 't oor, gefluisterd. Alsook wanneer de zon de maan verduistert. Zo ken ik mijn bereik maar al te goed. Beperkingen in grond en hitte, Waar een steen zo gloeit Dat men met moeite zitten Kan en het gewas maar amper groeit Ik heb een glas ingeschonken Paars, rood, wit en sterke geur Uit diens droogte word ik waterig Over doorzichtige vormen zie ik haar lonken. Op haar gezicht de tweede kleur. Ik herinner me die avond. Al is het katerig.
0
Oct 15, 2016
Oct 15, 2016 at 3:42 PM UTC
Cringe drinking