"afspraak" poems
dis amper vyf jaar later.
jy drink nog saam my koffie in my bed tydens ons stiptelike afspraak -
op nostalgiese Sondae aande
wanneer die wêreld stilraak,
kort voor die week weer sy stophorlosie
aanpas.
die herinneringe tog só aanskoulik,
maar stééds kan ek myself nie bring om
jou stem te herroep nie!
voor ek jou kan vasgryp, weer saam jou kan lag
óf
my gesig sag teen jou bors kan vasdruk,
verdwyn jy,
en Skuld neem jou plek in tussen die lakens,
klink die koppie teen myne
gee ‘n grynslag
en sluk my heel in.
Jul 21, 2019
Jul 21, 2019 at 1:47 PM UTC
Door het uit te spreken
wordt het misschien weer wáár
Ik _moet_ het ook zeggen
dat is de stille afspraak
zwijgen
is nog erger
achter in je ogen flakkert wanhoop
die je zelf nog niet waarneemt
net op tijd
"ik ook van jou."
Apr 21, 2017
Apr 21, 2017 at 3:17 AM UTC