Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
#suidafrika
Vind jou vrede Verder as die skerm Woede 'n Skelm van tyd en rus Voor jy kyk het jy die lewe gemis Vind jou vrede in die bed Jou kooi se drome In winter en somer some Dit is waar jy tyd vashou in jou hand Vind jou vrede in wat is 'n Lewe in 'n dop bewus Een wat kyk en ervaar Een wat jy moet bewaar Vind jou vrede in die hede Soos toekoms uit die verlede Uit pyn en leed Kom daar verlossing steeds
0
Aug 30, 2020
Aug 30, 2020 at 11:32 AM UTC
Vind jou vrede
Langwater slaap langwater duister ons het verslaap tot moeder kom fluister Vind ek myself tot ek weer soek die liefde gelees in die lewe se boek Seesand getrou seesand ontbreek die baai van my jeug waar dorings nog steek Ek is nog kind die eerste geboorte en so verbonde is ek nie verstote En so ver soos dit voel kan ek nog luister langwater slaap langwater duister
0
Jan 17, 2020
Jan 17, 2020 at 2:36 AM UTC
Langwater
Bo op 'n berg Met my bobbejaan gedagtes wat terg Die eggo van my mania skree terug Wat soek jy hier? Ek drink uit die rivier Ek sink my oë in die rooi son Ek **** alweer Die donker wolke Die reën wat kom Ek laat my gedagtes so dans Plek tot plek Gras van Kees En mens en vlees Sny deur my Woede en naaktheid Die lag van 'n sekere malheid En die sagtheid van jou moeder ken En dan meer bring ek twee Van my na die tafel in 'n oop gesprek Met my leemtes en my onbeheerbare Soeke na wat ek herken binne my donker gate Ek dwaal verlate In riviere van die samelewing Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn In die strate van spoed en bloed Die woorde uit die bek van die dier Die ongetemde kwaad van primate Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles Tot hy verval en wegkwyn Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre Waarheid en verlossing Waar vind ek die antwoord vir alles?
0
Sep 18, 2019
Sep 18, 2019 at 5:40 PM UTC
Bobbejaan Gedagtes