Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
#sondag
dis amper vyf jaar later. jy drink nog saam my koffie in my bed tydens ons stiptelike afspraak - op nostalgiese Sondae aande wanneer die wêreld stilraak, kort voor die week weer sy stophorlosie aanpas. die herinneringe tog só aanskoulik, maar stééds kan ek myself nie bring om jou stem te herroep nie! voor ek jou kan vasgryp, weer saam jou kan lag óf my gesig sag teen jou bors kan vasdruk, verdwyn jy, en Skuld neem jou plek in tussen die lakens, klink die koppie teen myne gee ‘n grynslag en sluk my heel in.
0
Jul 21, 2019
Jul 21, 2019 at 1:47 PM UTC
Sondag afspraak.