Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
seethroughme Dec 2018
hok
ek wil jou uit my wese verdryf
my gedagtes bevry van jou
my hart verlos uit die hok
waarin ek myself vir jou hou
seethroughme Dec 2018
jy wandel
deur my gedagtes
leun teen die muur
tussen wakker en slaap
en wag
vir my om te ontwaak
vir die sysagte oomblik
waar mure hulself onmaak
waar alles oopvou
waar ek alles inlaat
seethroughme Dec 2018
time was a moonbeam
trapped in the silver lace
at your bedroom window
seethroughme Nov 2018
of
die begin van die einde
of die einde van die begin?
gaan ons af loop
of aanhou klim?
gaan ons voort fok
of gaan ons besin?
leef ons in vrees
of gaan ons spring?
seethroughme Nov 2018
ons
ek voel
vir jou
die begin
van liefde
ek voel
*** jy groei
in die punt van my hart
ek staan langs jou
en kyk diep
in die afgrond
en so staan ons
altyd
hand aan hand
#afrikaans
seethroughme Nov 2018
water hardloop
teen die berg
se rug
af
alles is
grys en blou
die klippe onder my voete
die koepel wat oor ons vou
daar is geen begin en geen einde nie
seethroughme Nov 2018
tussen
klein en groot
golwe en son
ek moes
ek sou
ek kon

en nou
staan ek
ontbloot
iewers
tussen
my en jou
Next page