Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jul 2014
Jy het die reg tot lewe
Oh grondwet, die dood lag jou uit!
Die sardoniese blik
van 'n gesteelde besluit,
**** jy nie die klop-klop van vier perde hoef
wyle die openbaring in
jou blaaie kom poef.

Skaam jy jou nie
vir sulks blatante leuen,
of het jy jou ore aan Satan verleen
toe jy jou hoop soos saad versprei
om naief- die jeug, in die versoekingte lei.

Ons eet karkas-krummels
as 'n daaglikse brood
Terwyl jy ons verseker
dat jy die waarheid ontbloot
soos die arme tiener meisie,
geryp; en nou - dood.

Jou bedoelings was goed,
maar jou kakpraat te groot.
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
859
 
Please log in to view and add comments on poems