Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Apr 2017
Ure
Ek is soos ek nou hier sit oorweldig met jou
met iets soos liefde en soos trou.
Dit wat oorspeel in my kop vir die jare wat kom
is iets eenvoudig maar uniek, iets wat die alledaagse verstom.

Jy maak my woorde vol met jou stroopsoet hart,
die blou van jou oƫ wat my partykeer so in n glimlag ****.
Die glimag wat reg deur my skyn en sien
dalk weet jy beter as ek wat ek verdien.

As ek maar net elke dag vir jou perfek kon maak,
sou ek vir jou aan die son gaan raak.
So geheg soos ons nou is sien ek ons verduur,
in die helderste lig en in ons donkerste oudste uur.
Ā© Johan Nel 2017.04.23

For Miquette :)
Johan Nel
Written by
Johan Nel  32/M/South Africa
(32/M/South Africa)   
1.1k
 
Please log in to view and add comments on poems