Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jul 2016
Teen die hange van die berge-nag
Speel die donker op die ligte sag
Die kalm daal op die chaos-stad
Van klank en mense op elke kronkel pad
Dit voer jou mee in 'n sterre mat

In skoon lug met 'n oop kop
Kan gedagtes net vloei en skrop
Aan dinge wat is en kom
Aan mens wees, goed en krom
Aan die eenvoud en dit wat verstom

Woorde lê in 'n niks-wees dwaal
Dis rou, dit is maar net  -  dis kaal
Net om die stemme wat skree te verlos
Dinge wat 'n uitlaat soek in die kosmos
Dit het ink gevind, soos vuur in fynbos
© Johan Nel (written in December 2015)
Written by
Johan Nel  33/M/South Africa
(33/M/South Africa)   
  1.8k
   Whiskey Trance and Christine Ueri
Please log in to view and add comments on poems