Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
In die nag se doodse donker is selfs die krieke stil , maar saam met honde huil -Bloedstollend- weerklink haar gil Die waarheid breek die stilte die buurt slaap onversteurd sy knaag weg aan my siel ... los my stukkend en verskeurd Teen haar aanval is ek magteloos , met net die wapens van die gees, mens kan haar nie oorwin nie want waar jy nog moet beskerm - was sy alreeds gewees Sy laat haar droewe spore in die kamers van jou hart en met vlymskerp, rooi vingernaels los sy letsels van die smart Teenstander. Díe is sy nie- retireer vir geen swaard, nóg gebede haar verwoesting : jou eie toedoen slegs spoke van jou verlede... Tog , selfs in waarheid lê daar leuens -versprei in dit wat sy voorspel , want die einde van jou storie is joune om te vertel ja... *** droewig okal haar verhaal bly dit jóúne om te bepaal
0
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:16 PM UTC
Die waarheid

pieter-andries-christiaan
Written by
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:16 PM UTC
Request permission to use this poem