Waar die branders breek
Op die sagte sand
Staan ek en tuur
Duskant die horison
Waar die bol vlam rys
In bloedrooi glorie
Wen hy sy stryd
Met duisternis
Waar die seemeeu skreeu
En sweef op die vars wind
Proe ek die lewe
En weet so wie
Ek is.
The Sunrise.