Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
kieterkat
kieterkat
26/F/South Africa Procrastinator, lazy, low self esteem and I talk a lot (if not shy).
I wonder if I'll see your face in his whether your toes would have curled in the same way if the slope of your lips would have resembled the little mouth I will soon be able to kiss whether you resent me for holding him instead of you I wonder if you'll be like two peas in a pod
0
May 9
May 9, 2026 at 2:06 PM UTC
two peas
deur elke donker diepte en oomblikke waar my kniëe wil vou kan ek omdraai en weet: ek het vir jou my sonnestraal as die lig min raak 'n omgee hart en oog wat altyd oor my waak liefde was vir my onbekend, deur die verlede geskend maar elke oomblik saam jou wys jy is my beter helfte jy bring die mooi in my uit en wys my *** pragtig ek is ek het dit nooit aanvaar nie maar dit kom met tyd ek kyk na jou oë en weet die wêreld kan maar van my vergeet want in jou oë sien my toekoms ek sien my my geluk, my swaarkry ek sien my huis; daar waar ek vir altyd wil bly. woorde sal nooit genoeg wees maar ek weet dit met siel en vlees - my liefde vir jou oorskry enige wetenskaplike reëls of biologiese reaksies vir nou, vir jou, vir altyd.
0
May 9, 2023
May 9, 2023 at 11:42 AM UTC
sonnestraal
as kind is jy bang vir monsters onder die bed met yslike kloue en vlymskerp tande soos jy ouer word word die monsters dít waaroor niemand praat nie - die goed wat jou wakker hou en slapelose nagte gee my monsters het jare lank my aande regeer tot jy onverwags in my lewe ingestap het en jou pantoffels sonder moeite op hulle plek ingeskop het - onder my bed
0
Feb 25, 2023
Feb 25, 2023 at 5:52 PM UTC
monsters
jy het soos 'n warrelwind in my lewe ingekom; onverwags en alles omver gegooi, maar op 'n goeie manier. ek kan vir die eerste keer uit my buik uit lag, my hare deurmekaar los, en pizza eet sonder om te huiwer. daar is nie vlinders nie, maar 'n rustigheid oor my. ek is só bang dié goeie tyding draai en jy stap weg, so vinnig as wat jy gekom het. so vou vir 'n ring, 'n belofte, uit geroeste draad. wat rooibruin merke aan my vingers laat wanneer die noodlot jou probeer steel. sommer ogiesdraad, dat dit nie regtig is nie. maar dat my hart kan rustig raak. vat my pinkie in joune en seël dit met 'n sagte soen en ek sal weet - jy is hier om te bly.
0
Feb 6, 2023
Feb 6, 2023 at 3:23 AM UTC
belofte
op die eerste oogopslag geweet jou skewe glimlag gaan my heel insluk met jou prag bruin oë het jy tot in my siel in gekyk saam met jou sal ek die teerpaaie plat rits, want dit maak nie saak in watter een van die vier hoeke van 'n padkaart ek myself bevind nie jou hart sal altyd my tuiste wees ek sal die koue asem van die winter aanpak in die vroeë oggendure net om vir jou grondboontjiesbros te koop as die dag te veel was op die eerste ontmoeting geweet jy gaan 'n groot rol in my sprokiesverhaal vertolk jy is goed vir my en ek hoop van harte ek is goed genoeg vir jou
0
Jan 7, 2023
Jan 7, 2023 at 3:09 AM UTC
geweet
my engel sonder vlerke, jy het onverwags jou verskyning gemaak my hart geneem sonder om eens aan my te raak met my hart op my mou al was ek soveel keer gewaarsku tog voel ek só veilig by jou my engel sonder vlerke, ek wil weet wat laat jou lag, *** om jou gemoed op te beur as jy nie kans sien vir die dag ek wil weet *** jy koffie drink, jou hartslae per minuut en waaraan jy elke sekonde van die dag **** my engel sonder vlerke met jou groenbruin oë en mooiwees glimlag laat jy my weer in sprokies glo vir jou doen ek alles, sonder om ‘n oog te knip, net oor ek oor jou mal is alles net vir my engel sonder vlerke.
0
Dec 24, 2020
Dec 24, 2020 at 12:49 AM UTC
engel
dis amper vyf jaar later. jy drink nog saam my koffie in my bed tydens ons stiptelike afspraak - op nostalgiese Sondae aande wanneer die wêreld stilraak, kort voor die week weer sy stophorlosie aanpas. die herinneringe tog só aanskoulik, maar stééds kan ek myself nie bring om jou stem te herroep nie! voor ek jou kan vasgryp, weer saam jou kan lag óf my gesig sag teen jou bors kan vasdruk, verdwyn jy, en Skuld neem jou plek in tussen die lakens, klink die koppie teen myne gee ‘n grynslag en sluk my heel in.
0
Jul 21, 2019
Jul 21, 2019 at 1:47 PM UTC
Sondag afspraak.
I tuck my head under your chin. your kisses spreading l o v i n g l y over my skin. I took from another - me; a selfish, selfish being. now, I’m ‘the other’.
0
Aug 14, 2018
Aug 14, 2018 at 10:56 AM UTC
safety
voices sound the same they did, until I met you now I just seek yours
0
Aug 14, 2018
Aug 14, 2018 at 10:41 AM UTC
unexpected
I never knew that happiness could take on form; but then I met you.
0
Jun 2, 2018
Jun 2, 2018 at 12:10 PM UTC
happy.